Koermandsji

Koermandsji (Koerdies: کورمانجی, Kurmancî,[2] letterlik: "Koerdies"),[3][4][5][6] ook Noord-Koerdies genoem,[1][7][8][9] is die noordelike dialek,[8] taal[10] of dialekgroep[11] van die Koerdiese tale wat veral in die suidoostelike Turkye, noordwestelike en noordoostelike Iran, noordelike Irak, noordelike Sirië, die Kaukasusstreek en Khorasan gepraat word.[12] Dit is die mees gebruikte variant van Koerdies en ook die moedertaal van die een of ander nie-Koerdiese minderheidt in Koerdistan soos Armene,[13] Tsjetsjniërs, Sirkassiërs,[14] en Bulgare.[15]

Koermandsji
کورمانجی, Kurmancî
Gepraat in:Vlag van Turkye Turkye
Vlag van Irak Irak
Vlag van Iran Iran
Vlag van Sirië Sirië
Vlag van Armenië Armenië
Vlag van Azerbeidjan Azerbeidjan
Vlag van Georgië Georgië
Vlag van Turkmenistan Turkmenistan 
Gebied:Wes-Asië
Totale sprekers:15 miljoen[1]
Taalfamilie:Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Irannees
   Wes-Irannees
    Noordwes-Irannees
     Koerdies
      Koermandsji 
Skrifstelsel:Arabiese alfabet, Latynse alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in:Vlag van Irak Irak
Gereguleer deur:geen
Taalkodes
ISO 639-1:ku
ISO 639-2:
ISO 639-3:kmr
Verspreiding van Koerdiese tale wat deur Koerde gepraat word:

   Koermandsji

   Sorani

   Suid-Koerdies

   Zazaki

   Gorani

   gemeng

Die vroegste bekende opgetekende teks in Koermandsji dateer rofweg uit die 16de eeu en van die bekendste Koerdiese digters soos Ahmad Khani (1650–1707) het in Koermandsji geskryf.[16][5] Koermandsji word ook deur die Jesiede gebesig.[17] Hul heilige skrif, Mishefa Reş, en al hul gebede is in Koermandsji geskryf en word in dié taal gebid.[18]

Verwysings