Lichun

Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.[1]

Sontermyne
  Lengtegraad    Termyn    Datum
 Lente
  315°  Lichun 4-5 Februarie
  330°  Yushui 18-19 Februarie
  345°  Jingzhe 5-6 Maart
  0°  Chunfen 20-21 Maart
  15°  Qingming 4-5 April
  30°  Guyu 20-21 April
  Somer
  45°  Lixia 5-6 Mei
  60°  Xiaoman 21-22 Mei
  75°  Mangzhong 5-6 Junie
  90°  Xiazhi 21-22 Junie
  105°  Xiaoshu 7-8 Julie
  120°  Dashu 22-23 Julie
 Herfs
  135°  Liqiu 7-8 Augustus
  150°  Chushu 23-24 Augustus
  165°  Bailu 7-8 September
  180°  Qiufen 23-24 September
  195°  Hanlu 8-9 Oktober
  210°  Shuangjiang   23-24 Oktober
  Winter
  225°  Lidong 7-8 November
  240°  Xiaoxue 22-23 November
  255°  Daxue 7-8 Desember
  270°  Dongzhi 21-22 Desember
  285°  Xiaohan 5-6 Januarie
  300°  Dahan 20-21 Januarie

Lichun (Chinees: 立春, pinyin: lì chūn) of risshun (Japannees: 立春) is die eerste sontermyn en die begin van die lente. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 315° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 330° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op lengtegraad 315° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 4 Februarie[2] en eindig dit omstreeks 18 Februarie (19 Februarie Oos-Asiatiese tyd). Dit is ook die begin van ’n 60-jaarsiklus.

Pentades

Elke sonjaar word in drie pentades verdeel. In China is die pentades van lichun:

  • Eerste pentade: Oostewindontdooiing (東風解凍)
  • Tweede pentade: Hibernerende insekte ontwaak (蟄蟲始振)
  • Laaste pentade: Vis swem stroomop by ys (魚上冰)

Gebruike

Lichun dui tradisioneel op die begin van die lente in Oos-Asiatiese kulture. Die Chinese Nuwejaar word omtrent dié tyd gevier. Boere vier dikwels die begin van lichun met spesiale gebeure, offerandes aan die gode en seremonies vir ’n geseënde en voorspoedige nuwe jaar.[3]

Volgens die maansonkalender kan Nuwejaar voor of ná lichun val. ’n Jaar sonder lichun word ’n "jaar sonder lente", ’n "weduweejaar" of ’n "blindejaar" genoem. Troues in sulke jare word as ongelukkig beskou.[4]

In Singapoer deponeer mense op linchun geld in die bank omdat dit "goeie geluk kan bring".[5]

Verwysings

Eksterne skakels

Vorige termyn
Dahan (大寒)
Lichun (立春)Volgende termyn
Yushui (雨水)