Sontermyn

’n Sontermyn (tradisionele Chinees: 節氣, vereenvoudigde Chinees: 节气, pinyin: jiéqì; Japannees: 節気, sekki) is een van 24 punte op tradisionele Chinese maansonkalenders wat met ’n spesifieke astronomiese voorval ooreenstem of op ’n natuurlike verskynsel dui.[1] Die punte is 15° uitmekaar aan die sonnebaan en word deur maansonkalenders gebruik om gekroniseerd te bly met die seisoene, wat belangrik is vir die landbou.

Omdat die son se spoed deur die jaar wissel na gelang van die afstand tussen die son en die aarde, verskil die getal dae wat die son tussen die punte beweeg. Elke sontermyn word in drie pentades verdeel en daar is dus 72 pentades in ’n jaar. Elke pentade bestaan uit vyf, of soms ses dae, en word gewoonlik genoem na verskynsels wat met dié tyd ooreenstem.

Sontermyne het hul oorsprong in China gehad, en van daar het dit versprei na Korea, Viëtnam en Japan, lande in die Oos-Asiatiese sfeer, dikwels onveranderd met die name wat na Noord-Chinese klimaatsveranderings verwys.[2]

Op 1 Desember 2016 is die 24 sontermyne deur Unesco gelys as ’n "onskatbare kulturele erfenis".[3]

Lys van sontermyne

Son se lug-
lengtegraad
Chinese
naam [4]
Koreaanse
naam[5]
Viëtnamese
naam
Japannese
naam
Gregoriaanse
datum
(± 1 dag)
Verwysing na
tyd van maand
Opmerking[6][7]
315°立春
lìchūn
立春 (입춘/립춘)
ipchun/ripchun
Lập xuân立春
risshun
4 Feb.1ste maand, beginLente begin
330°雨水
yǔshuǐ
雨水 (우수)
usu
Vũ thủy雨水
usui
19 Feb.1ste maand, middelMeer reën as sneeu
345°驚蟄 (惊蛰)
jīngzhé
驚蟄 (경칩)
gyeongchip
Kinh trập啓蟄
keichitsu
6 Mrt.2de maand, beginHibernerende insekte word wakker
春分
chūnfēn
春分 (춘분)
chunbun
Xuân phân春分
shunbun
21 Mrt.2de maand, middelMiddel van die lente (nagewening)
15°清明
qīngmíng
淸明 (청명)
cheongmyeong
Thanh minh清明
seimei
5 Apr.3de maand, beginskoon en helder
30°穀雨 (谷雨)
gǔyǔ
穀雨 (곡우)
gogu
Cốc vũ穀雨
kokuu
20 Apr.3de maand, middelReën vir graan
45°立夏
lìxià
立夏 (입하/립하)
ipha/ripha
Lập hạ立夏
rikka
6 Mei4de maand, beginDie somer begin
60°小滿 (小满)
xiǎomǎn
小滿 (소만)
soman
Tiểu mãn小満
shōman
21 Mei4de maand, middelPlante groei en blom
75°芒種 (芒种)
mángzhòng
芒種 (망종)
mangjong
Mang chủng芒種
bōshu
6 Jun.5de maand, beginTyd vir giers saai
90°夏至
xiàzhì
夏至 (하지)
haji
Hạ chí夏至
geshi
21 Jun.5de maand, middelSomersonstilstand
105°小暑
xiǎoshǔ
小暑 (소서)
soseo
Tiểu thử小暑
shōsho
7 Jul.6de maand, beginEffens broeiend
120°大暑
dàshǔ
大暑 (대서)
daeseo
Đại thử大暑
taisho
23 Jul.6de maand, middelBaie broeiend
135°立秋
lìqiū
立秋 (입추/립추)
ipchu/ripchu
Lập thu立秋
risshū
8 Aug.7de maand, beginHerfs begin
150°處暑 (处暑)
chǔshǔ
處暑 (처서)
cheoseo
Xử thử処暑
shosho
23 Aug.7de maand, middelMinder warm
165°白露
báilù
白露 (백로)
baekno/baekro
Bạch lộ白露
hakuro
8 Sep.8ste maand, beginDou
180°秋分
qiūfēn
秋分 (추분)
chubun
Thu phân秋分
shūbun
23 Sep.8ste maand, middelMiddel van herfs (nagewening)
195°寒露
hánlù
寒露 (한로)
hanlo
Hàn lộ寒露
kanro
8 Okt.9de maand, beginKoue dou
210°霜降
shuāngjiàng
霜降 (상강)
sanggang
Sương giáng霜降
sōkō
23 Okt.9de maand, middelRyp
225°立冬
lìdōng
立冬 (입동/립동)
ipdong/ripdong
Lập đông立冬
rittō
7 Nov.10de maand, beginDie winter begin
240°小雪
xiǎoxuě
小雪 (소설)
soseol
Tiểu tuyết小雪
shōsetsu
22 Nov.10de maand, middel’n Bietjie sneeu
255°大雪
dàxuě
大雪 (대설)
daeseol
Đại tuyết大雪
taisetsu
7 Des.11de maand, beginBaie sneeu
270°冬至
dōngzhì
冬至 (동지)
dongji
Đông chí冬至
tōji
22 Des.11de maand, middelMiddel van winter (sonstilstand)
285°小寒
xiǎohán
小寒 (소한)
sohan
Tiểu hàn小寒
shōkan
6 Jan.12de maand, beginEffens ysig
300°大寒
dàhán
大寒 (대한)
daehan
Đại hàn大寒
daikan
20 Jan.12de maand, middelBaie ysig

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels