Lys van monarge van Engeland
Die volgende is ’n lys van konings van Engeland, wat van 878 tot 926 verenig is deur Alfred die Grote van Wessex en sy kleinseun Athelstan. Die vereniging met Wallis het in 1536 plaasgevind en met Skotland in 1707 om die Verenigde Koninkyk van Groot-Brittanje te vorm.
Die lys van Engelse konings begin tradisioneel in 829 met Egbert van Wessex,[1] hoewel Offa van Mercië die eerste persoon was wat skynbaar van 774 af die titel koning van Engeland gebruik het. In 825 het die Wes-Saksiese konings Kent en Sussex van Mercië afgevat en daarop het hulle al hoe meer dominant oor die ander koninkryke van Engeland geword.
Die titel koning of koningin van Engeland is nie tegnies korrek nie, maar word aanvaar vir die monarg van Engeland, Skotland en Wallis.
Huis van Wessex
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Wessex.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Egbert (Ecgberht) 829-839[2] | c. 775[3] seun van Ealhmund van Kent[2] | Redburga drie kinders [2] | 4 Februarie 839 op sowat 64[2] | |
Ethelwulf (Æþelwulf) 5 Februarie 839-856 | Aachen seun van Egbert en Redburga | (1) Osburga ses kinders (2) Judith van Vlaandere 1 Oktober 853 geen kinders | 13 Januarie 858 op 62 of 63[1] | |
Ethelbald (Æþelbald) 856-860 | c. 831 seun van Ethelwulf en Osburga | Judith van Vlaandere geen kinders | 20 Desember 860 op sowat 29[1] | |
Ethelbert (Æþelberht) 21 Desember 860-865 | c. 835 seun van Ethelwulf en Osburga | onbekend twee kinders | 865 op sowat 30[1] | |
Ethelred (Æþelræd) 865-871 | c. 837 seun van Ethelwulf en Osburga | Wulfrida 868 twee kinders | 23 April 871 op sowat 34[1] | |
Alfred die Grote 16 April 871-899 | c. 849 Wantage seun of Ethelwulf en Osburga | Ealhswith Winchester 868 6 kinders | 26 Oktober 899 op omtrent 50 | |
Eduard die Ouere 27 Oktober 899-924 | c. 877 seun van Alfred die Grote en Ealhswith | (1) Ecgwynn 893 2 kinders (2) Elffed 899 8 kinders (3) Edgiva van Kent 919 4 kinders | 17 Julie 924 Farndon, Cheshire op omtrent 47 | |
Ethelweard 924 | 904 Wessex seun van Eduard die Ouere en Elffled | ongetroud | 924 op omtrent 20 | |
Athelstan 3 Augustus 924-939 | 895 Wessex seun van Eduard die Ouere en Ecgwynn | ongetroud | 27 Oktober 939 op omtrent 44 | |
Edmund I van Engeland 28 Oktober 939-946 | 921 Wessex seun van Eduard die Ouere en Eadgifu van Kent | Elgiva | 26 Mei 946 Pucklekerk op omtrent 25 (vermoor) | |
Edred 27 Mei 946-955 | c. 923 seun van Eduard die Ouere en Eadgifu van Kent | onbekend | 23 November 955 Frome op omtrent 32 | |
Edwy die Regverdige 24 November 955-959 | c. 941 seun van Edmund I en Elgiva | Elgiva (nietig verklaar) | 1 Oktober 959 op omtrent 18 | |
Edgar die Vreedsame 2 Oktober 959-975 | c. 942 Wessex seun van Edmund I en Elgiva | (1) Ethelflaed (2) Elfrida | 8 Julie 975 Winchester op omtrent 33 | |
Sint Eduard die Martelaar 9 Julie 975-978 | c. 962 Wessex seun van Edgar die Vreedsame en Ethelfleda | ongetroud | 18 Maart 978 Corfe-kasteel op omtrent 16 (vermoor) | |
Ethelred II 19 Maart 978-1016 | c. 968 Wessex seun van Edgar die Vreedsame en Elfrida | (1) Elfled van Northumbrië (2) Elgifu van Northampton (3) Emma van Normandië | 23 April 1016 Londen op omtrent 48 | |
Edmund Ironside 24 April- 30 November 1016 | c. 989 Wessex seun van Ethelred II en Elfled van Northumbrië | Edith van Anglië 2 kinders | 30 November 1016 Glastonbury op omtrent 27 |
Denemarke
Engeland het onder Deense beheer gekom na die onsuksesvolle heerskappy van koning Ethelred. Sommige van die Deense konings het die kroon van Denemarke sowel as Engeland gedra.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Sven Vurkbaard 25 Desember 1013–1014 | onbekend Denemarke seun van Harald Bloutand en Gunhilda van Wenden | onbekend | 3 Februarie 1014 Gainsborough | |
Knoet die Grote 1 Desember 1016–1035 | c. 995 Denemarke seun van Sven Vurkbaard | (1) Elgifa van Northampton (2) Emma van Normandië | 12 November 1035 Shaftesbury op omtrent 40 | |
Harold Haasvoet 13 November 1035–1040 | c. 1015 seun van Knoet die Grote en Elgifa van Northampton | onbekend | 17 Maart 1040 Engeland op omtrent 25 | |
Hartaknoet 18 June 1040–1042 | 1018 seun van Knoet die Grote en Emma van Normandië | onbekend | 8 Junie 1042 Lambeth op omtrent 24 |
Huis van Wessex (herstel)
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Wessex.
Die ou Wes-Saksiese lyn het ná die bewind van die Deense konings weer aan die bewind gekom.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Sint Eduard die Belyer 9 Junie 1042–1066 | c. 1003 Islip, Oxfordshire seun van Ethelred II en Emma van Normandië | Edith van Wessex 23 Januarie 1045 | 4 Januarie 1066 op omtrent 63 | |
Harold Godwinson 5 Januarie- 14 Oktober 1066 | c. 1022 Wessex seun van Godwin, Graaf van Wessex en Gytha Thorkelsdóttir | (1) Ealdgyth Swan-nek 6 kinders (2) Aldgyth Januarie 1066 2 kinders | 14 Oktober 1066 Oorlog, Oos-Sussex op omtrent 44 | |
Edgar Adeling 15 Oktober- 10 Desember 1066[4] | c. 1052 Hongarye seun Edward Verbande en Agatha | onbekend | c. 1126 op omtrent 75 |
Huis van Normandië
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Normandië.
In 1066 het hertog Willem II van Normandië die Angel-Saksers verslaan. Die invallende Normandiërs en hul nageslag het die Engelse heerserklas vervang. Die adel van Engeland was deel van ’n enkele Franssprekende kultuur en baie het grond weerskante van die Engelse kanaal besit. Die vroeë Normandiese konings van Engeland was as Hertoë van Normandië onderhorig aan die koning van Frankryk. Hulle het Engeland nie noodwendig as hul belangrikste eiendom beskou nie (hoewel dit hulle die titel koning besorg het – ’n belangrike statussimbool). Koning Richard I (die Leeuhart) word dikwels beskou as die toonbeeld van ’n Middeleeuse Engelse koning, maar hy het net Frans gepraat en het die meeste van sy tyd buite Engeland deurgebring.
Dit was eers ná die Normandiese verowering van Engeland in 1066 dat monarge volgens die Franse manier genommer is, hoewel die vroeëre gebruik om konings deur byname te onderskei, nie dadelik uitgesterf het nie.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Willem I die Veroweraar 25 Desember 1066–1087[5] | c. 1028 Falaise-kasteel seun van Robert I, Hertog van Normandië en Herleva[5] | Matilda van Vlaandere Chapel Notre Dame, Normandië 1053 10 kinders[5] | 9 September 1087 Sint Gervais in Rouen op sowat 59.[5] Begrawe in Etienne-abdy (Abbaye aux Hommes) in Caen | |
Willem II Rufus (Willem le Roux) 26 September 1087–1100[5] | c. 1060 Normandië seun van Willem die Veroweraar en Matilda van Vlaandere[5] | ongetroud | 2 Augustus 1100 New Forest op sowat 40[5] | |
Hendrik I (Henri Beauclerc) 5 Augustus 1100–1135[6] | September 1068 Selby seun van Willem die Veroweraar en Matilda van Vlaandere[6] | (1) Edith van Skotland Westminster-abdy 11 November 1100 vier kinders (2) Adeliza van Louvain Windsor-kasteel 29 Januarie 1121 geen kinders[6] | 1 Desember 1135 Kasteel van Lyons-la-Forêt (Saint-Denis-en-Lyons) op 67.[6] Begrawe in Reading-abdy | |
Stefanus I (Étienne de Blois) 22 Desember 1135–1154[7] | c. 1096 Blois seun van Stefanus, Graaf van Blois en Adela van Normandië[6] | Matilda van Boulogne Westminster 1125 vyf kinders[6] | 25 Oktober 1154 Dover-kasteel op sowat 58[6] | |
Matilda (Mathilde ou Mahaut l'emperesse) 7 April – 1 November 1141[8] Titel betwis | 7 Februarie 1102 Sutton Courtenay enigste wettige dogter van Hendrik I en Edith van Skotland[9] | (1) Hendrik V, Heilige Romeinse Keiser Mainz 6 Januarie 1114 geen kinders (2) Geoffrey V, Graaf van Anjou Le Mans-katedraal 22 Mei 1128 drie kinders | 10 September 1167 Notre Dame du Pré in Rouen op 65[8] |
Huis van Plantagenêt
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Plantagenêt.
Stefanus het in November 1153 die Verdrag van Wallingford geteken waarin hy Hendrik, seun van Matilda, erken as troonopvolger in die plek van sy eie seun.
Die vroeë Plantagenets het oor baie gebiede in Frankryk regeer en het Engeland nie as hul belangrikste tuiste beskou nie tot koning Jan die meeste van hul Franse besittings verloor het. Hierdie langregerende dinastie word gewoonlik in drie huise verdeel: die Angevyne, die Huis van Lancaster en die Huis van York.
Angevyne
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik II (Henri Court-mantel) 19 Desember 1154–1189[10] | 5 Maart 1133 Le Mans seun van Geoffrey van Anjou en Matilda[10] | Eleanor van Aquitanië Bordeaux-katedraal 18 Mei 1152 agt kinders[10] | 6 Julie 1189 Château Chinon op 56.[10] Begrawe in Fontevraud-abdy | |
Hendrik die Jong Koning (Henri le Jeune Roy) (mederegent met sy pa) 14 Junie 1170–1183 | 28 Februarie 1155 seun van Hendrik II en Eleanor van Aquitanië | Marguerite van Frankryk Winchester-katedraal 27 Augustus 1172 een kind | 11 Junie 1183 Martel, Limoges op 28. Begrawe in Rouen-katedraal (Notre-Dame) | |
Richard I (Richard die Leeuehart) 3 September 1189–1199[10] | 8 September 1157 Beaumont-paleis seun van Hendrik II en Eleanor of Aquitanië[10] | Berengaria van Navarre Limassol 12 Mei 1191 geen kinders[10] | 6 April 1199 Chalus op 41.[10] Begrawe in Rouen-katedraal. Liggaam in Fontevraud-abdy | |
Jan (Jan Sonder Land) 27 Mei 1199–1216[11] | 24 Desember 1167 Beaumont-paleis seun van Hendrik II en Eleanor van Aquitanië[11] | (1) Isabel van Gloucester Marlborough-kasteel 29 Augustus 1189 geen kinders (2) Isabella van Angoulême | 19 Oktober 1216 Newark-kasteel op 48.[11] Begrawe in Worcester-katedraal | |
Hendrik III (Hendrik van Winchester) 28 Oktober 1216–1272[12] | 1 Oktober 1207 Winchester-kasteel seun van Jan en Isabella van Angoulême[12] | Eleanor van Provence Kantelberg-katedraal 14 Januarie 1236 nege kinders[12] | 16 November 1272 Westminster-paleis op 65[12] | |
Eduard I 20 November 1272–1307[13] | 17 Junie 1239 Westminster-paleis seun van Hendrik III en Eleanor van Provence[13] | (1) Eleanor van Kastilië Abdy van Santa Maria la Real de Huelgas 18 Oktober 1254 17 kinders (2) Marguerite van Frankryk | 7 Julie 1307 Burgh by Sands op 68[13] | |
Eduard II 7 Julie 1307 – 25 Januarie 1327[14] | 25 April 1284 Caernarfon-kasteel seun van Eduard I en Eleanor van Kastilië[14] | Isabella van Frankryk Boulogne-katedraal 25 Januarie 1308 vyf kinders[14] | 21 September 1327 Berkeley-kasteel op 43 (vermoor)[14] | |
Eduard III 25 Januarie 1327–1377[15] | 13 November 1312 Windsor-kasteel seun van Eduard II en Isabella van Frankryk[15] | Philippa van Hainault York Minster 24 Januarie 1328 14 kinders[15] | 21 Junie 1377 Sheen-paleis op 64[15] | |
Richard II 21 Junie 1377 – 29 September 1399[16] | 6 Januarie 1367 Bordeaux seun van Eduard die Swart Prins en Joan van Kent[16] | (1) Anne van Boheme 14 Januarie 1382 geen kinders (2) Isabella van Valois | 14 Februarie 1400 Pontefract-kasteel op 33[16] |
Huis van Lancaster
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Lancaster.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik IV (Hendrik Bolingbroke) 30 September 1399–1413[17] | 3 April 1366/7 Bolingbroke-kasteel seun van John van Gaunt en Blanche van Lancaster[17] | (1) Mary de Bohun Arundel Castle 27 Julie 1380 sewe kinders (2) Joanna van Navarre | 20 Maart 1413 Westminster-abdy op 45 of 46[18] | |
Hendrik V 20 Maart 1413–1422[17] | 9 Augustus 1387 (of 16 September) Monmouth-kasteel seun van Hendrik IV en Mary de Bohun[17] | Catherine van Valois Troyes-katedraal 2 Junie 1420 een seun[17] | 31 Augustus 1422 Château de Vincennes op 35[17] | |
Hendrik VI 31 Augustus 1422 – 4 Maart 1461[19] | 6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en Catherine van Valois[19] | Margaret van Anjou Titchfield-abdy 22 April 1445 een seun[19] | 21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor)[19] |
Huis van York
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van York.
Die Huis van York stam af van Edmund van Langley, 1ste Hertog van York, die vierde oudste oorlewende seun van Eduard III.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Eduard IV 4 Maart 1461 – 2 Oktober 1470[20] | 28 April 1442 Rouen seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[20] | Elizabeth Woodville Grafton Regis 1 Mei 1464 tien kinders[20] | 9 April 1483 Westminster-paleis op 40[20] |
Huis van Lancaster (herstel)
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Lancaster.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik VI 2 Oktober 1470 – 11 April 1471[19] | 6 Desember 1421 Windsor-kasteel seun van Hendrik V en Catherine van Valois[19] | Margaret van Anjou Titchfield-abdy 22 April 1445 een seun[19] | 21 Mei 1471 Londense Tower op 49 (vermoor)[19] |
Huis van York (herstel)
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van York.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Eduard IV 11 April 1471 – 9 April 1483[20] | 28 April 1442 Rouen seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[20] | Elizabeth Woodville Grafton Regis 1 Mei 1464 tien kinders[20] | 9 April 1483 Westminster-paleis op 40[20] | |
Eduard V 9 April – 25 Junie 1483[21] | 2 November 1470 Westminster seun van Eduard IV en Elizabeth Woodville[21] | ongetroud | c. 1483 Londen op sowat 12 (vermoor)[22] | |
Richard III 26 Junie 1483–1485[23] | 2 Oktober 1452 Fotheringhay-kasteel seun van Richard Plantagenet, 3de Hertog van York en Cecily Neville[24] | Anne Neville Westminster-abdy 12 Julie 1472 een seun[24] | 22 Augustus 1485 Bosworth Field op 32 (in ’n geveg)[24] |
Huis van Tudor
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Tudor.
Die Tudors stam in die vroulike lyn van John Beaufort, een van die buite-egtelike kinders van die 14de-eeuse Engelse prins John van Gaunt, 1ste Hertog van Lancaster (die derde oudste oorlewende seun van Eduard III van Engeland), by Gaunt se minnares Katherine Swynford. Die afstammelinge van ’n buite-egtelike kind sou normaalweg geen aanspraak op die troon gehad het nie, maar sake is gekompliseer toe Gaunt en Swynford eindelik in 1396 getrou het (25 jaar ná John Beaufort se geboorte). Met die oog op die huwelik het die kerk die paar se kinders wettig verklaar.
John Beaufort se kleindogter lady Margaret Beaufort was getroud met Edmund Tudor, 1ste Graaf van Richmond. Tudor was die seun van die Walliese howeling Owain Tewdr (verengels tot "Owen Tudor") en Katherine van Valois, weduwee van die Lancaster-koning Hendrik V.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Hendrik VII 22 Augustus 1485–1509[25] | 28 Januarie 1457 Pembroke-kasteel seun van Edmund Tudor en lady Margaret Beaufort[25] | Elizabeth van York Westminster-abdy 18 Januarie 1486 agt kinders[25] | 21 April 1509 Richmond-paleis op 52[25] | |
Hendrik VIII 21 April 1509–1547[26] | 28 Junie 1491 Greenwich-paleis seun van Hendrik VII en Elizabeth van York[26] | Catherine van Aragon Greenwich 11 Junie 1509 een dogter | 28 Januarie 1547 Whitehall-paleis op 55[26] | |
Anne Boleyn Westminster-paleis 25 Januarie 1533 een dogter | ||||
Jane Seymour Whitehall-paleis 30 Mei 1536 een seun | ||||
Anne van Cleves Greenwich-paleis 6 Januarie 1540 | ||||
Catherine Howard Hampton Court-paleis 28 Julie 1540 | ||||
Catherine Parr Hampton Court-paleis 12 Julie 1543 | ||||
Eduard VI 28 Januarie 1547–1553[27] | 12 Oktober 1537 Hampton Court-paleis seun van Hendrik VIII en Jane Seymour[27] | ongetroud | 6 Julie 1553 Greenwich-paleis op 15[27] | |
Jane (Die Nege-dae-koningin) 10 Julie–19 Julie 1553[28] Titel betwis | Oktober 1537 Bradgate Park dogter van Henry Grey, 1ste Hertog van Suffolk en lady Frances Brandon[28] | Lord Guildford Dudley The Strand 21 Mei 1553 geen kinders[29] | 12 Februarie 1554 Londense Tower op 16 (onthoof)[28] | |
Maria I (Bloedige Maria) 19 Julie 1553–1558[27] | 18 Februarie 1516 Greenwich Palace dogter van Hendrik VIII en Catherine van Aragon[27] | Philip II van Spanje Winchester-katedraal 25 Julie 1554 geen kinders[27] | 17 November 1558 Sint James-paleis op 42[27] | |
Elizabeth I (Die Maagdkoningin) 17 November 1558–1603[27] | 7 September 1533 Greenwich-paleis dogter van Hendrik VIII en Anne Boleyn[27] | ongetroud | 24 Maart 1603 Richmond-paleis op 69[27] |
Huis van Stuart
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Stuart.
Ná die dood van Elizabeth I in 1603 sonder kinders het die Skotse koning, Jakobus VI, die Engelse troon bestyg as Jakobus I in wat bekend geword het as die Vereniging van die Krone. Jakobus het van die Tudors afgestam deur sy oumagrootjie, Margaret Tudor, die oudste dogter van Hendrik VII. In 1604 het hy die titel koning van Groot-Brittanje aangeneem, hoewel die twee koninkryke afsonderlike state gebly het.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Jakobus I 24 Maart 1603–1625[30] | 19 Junie 1566 Edinburg-kasteel seun van Hendrik Stuart, lord Darnley en Maria, koningin van Skotland[30] | Anna van Denemarke Oslo 23 November 1589 sewe kinders[30] | 27 Maart 1625 Theobalds House op 58[30] | |
Karel I (Sint Karel die Martelaar) 27 Maart 1625–1649[31] | 19 November 1600 Dunfermline-paleis seun van Jakobus I en Anna van Denemarke[31] | Henrietta Maria van Frankryk Sint Augustine-abdy 13 Junie 1625 nege kinders[31] | 30 Januarie 1649 Whitehall-paleis op 48 (onthoof)[31] |
Gemenebes
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Gemenebes van Engeland.
Daar was geen heersende koning tussen die teregstelling van Karel I in 1649 en die troonopvolging van Karel II in 1660 nie. Die volgende individue het egter van 1653 af die mag in hul hande gehad as Lord-Protektor gedurende die tyd bekend as die Protektoraat.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Oliver Cromwell 16 Desember 1653–1658[32] | 25 April 1599 Huntingdon[32] seun van Robert Cromwell en Elizabeth Stewart[33] | Elizabeth Bourchier Sint Giles[34] 22 Augustus 1620 nege kinders[32] | 3 September 1658 Whitehall op 59[32] | |
Richard Cromwell (Tumbledown Dick) 3 September 1658 – 7 Mei 1659[35] | 4 Oktober 1626 Huntingdon seun van Oliver Cromwell en Elizabeth Bourchier[35] | Dorothy Maijor Mei 1649 geen kinders[35] | 12 Julie 1712 Cheshunt op 85[36] |
Huis van Stuart (herstel)
- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: Huis van Stuart.
Hoewel die monargie in 1660 herstel is, het dit eers weer stabiel geraak in 1688, toe die parlement aanspraak gemaak het op die reg om te kies wie hulle as koning wil hê.
Monarg | Portret | Gebore | Huwelik | Oorlede |
---|---|---|---|---|
Karel II 30 Januarie 1660–1685[37] Rojaliste dateer sy bewind vanaf 1649 | 29 Mei 1630 Sint James-paleis seun van Karel I en Henrietta Maria van Frankryk[38] | Catherine van Braganza Portsmouth 21 Mei 1662 drie kinders (almal as kinders dood)[38] | 6 Februarie 1685 Whitehall-paleis op 54[38] | |
Jakobus II 6 Februarie 1685 – 23 Desember 1688[39] | 14 Oktober 1633 Sint James-paleis seun van Karel I en Henrietta Maria van Frankryk[39] | (1) Anne Hyde The Strand 3 September 1660 agt kinders | 16 September 1701 Château de Saint-Germain-en-Laye op 67[39] | |
Willem III van Oranje 13 Februarie 1689–1702[40] | 4 November 1650 Den Haag seun van Willem II, Prins van Oranje and Maria Stuart[41] | Sint James-paleis 4 November 1677 drie kinders (almal as kinders dood)[40] | 8 Maart 1702 Kensington-paleis op 51[40] | |
Maria II 13 Februarie 1689–1694[39] | 30 April 1662 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde[39] | 28 Desember 1694 Kensington-paleis op 32[39] | ||
Anna 8 Maart 1702–1707[42] Groot-Brittanje 1707–1714 | 6 Februarie 1665 Sint James-paleis dogter van Jakobus II en Anne Hyde[43] | George van Denemarke Sint James-paleis 28 Julie 1683 17 kinders[43] | 1 Augustus 1714 Kensington-paleis op 49[43] |
Tydlyn van Engelse monarge
Vereniging
In 1706 en 1707 is twee wette deur die Engelse en die Skotse parlement aanvaar om die Verdrag van Unie in werking te stel waarop die twee lande op 22 Julie 1706 ooreengekom het. Die wette het die Koninkryk van Engeland en die Koninkryk van Skotland (voorheen aparte state maar met dieselfde monarg) verenig in ’n enkele staat, die Verenigde Koninkryk van Groot-Brittanje.[44]
Die twee lande het sowat 100 jaar lank dieselfde koning gehad (sedert die Vereniging van die Krone in 1603, toe koning Jakobus VI van Skotland die Engelse troon van koningin Elizabeth I van Engeland geërf het).