Mohammad bin Salman

Mohammad bin Salman bin Abdoel Aziz al-Saoed (Arabies: محمد بن سلمان بن عبدالعزيز آل سعود, Muḥammad bin Salmān bin ‘Abd al-‘Azīz Āl Sa‘ūd; gebore 31 Augustus 1985),[1][2][3] in die omgang bekend as MbS,[4][5] is die kroonprins en onderpremier van Saoedi-Arabië[6] (die koning is die premier). Hy is ook voorsitter van die Raad vir Ekonomiese en Ontwikkelingsake, voorsitter van die Raad vir Politieke en Veiligheidsake en minister van verdediging – die jongste ter wêreld toe hy aangestel is.[7] Hy is al beskryf as die mag agter die troon van sy pa, koning Salman.

Mohammad bin Salman
al-Saoed

Kroonprins van Saoedi-Arabië
Eerste onderpremier
Ampsbekleër
Termynaanvang
21 Junie 2017
Voorafgegaan deurMohammad bin Najef

Minister van verdediging
Ampsbekleër
Termynaanvang
23 Januarie 2015
Voorafgegaan deurSalman bin Abdoel Aziz al-Saoed

Onderkroonprins
Tweede onderpremier
Ampstermyn
29 April 2015 – 21 Junie 2017
Voorafgegaan deurMohammad bin Najef
Opgevolg deurVakant

Persoonlike besonderhede
GeboreMohammad bin Salman bin Abdoel Aziz al-Saoed
31 Augustus 1985 (1985-08-31) (38 jaar oud)
Riaad
Eggenoot/-noteSarah bint Masjoor bin Abdoel Aziz al-Saoed
Kind(ers)4

Loopbaan

Mohammad is in Junie 2017 as kroonprins aangestel[8] ná die koning se besluit om sy broerskind Mohammad bin Najef uit alle regeringsampte te verwyder, waardeur hy MbS die aangewese troonopvolger gemaak het.[9][10]

MbS het verskeie geslaagde hervormings ingestel, onder meer regulasies om die mag van die godsdienspolisie te beperk,[11] die afskaffing van die verbod op vroulike motorbestuurders in Junie 2018,[12] die verslapping van die manlike-oppasserstelsel in Augustus 2019[13] en vele ander.

Ondanks lof vir sy stappe om Saoedi-Arabië sosiaal en ekonomies te bevry, is internasionale kommentators en menseregtegroepe soms krities teenoor sy leierskap en die tekortkomings in sy hervormingsprogram. Van die sake wat genoem word, is die toenemende getal aanhoudings en beweerde martelings van menseregteaktiviste,[14] die Arabiese bombardering van Jemen onder sy aanvoering wat in 2018/2019 kon lei tot die dood van 13 miljoen sterftes weens hongersnood,[15] en die sluipmoord op die Arabiese andersdenkende Jamal Khashoggi.[16][17][11] Waarnemers het hom al beskryf as ’n outokratiese leier wat geen teenstand teen hom of die Saoediese koninklike familie duld nie.[18]

Verwysings

Bronne

Eksterne skakels