Name van God in Islam

Volgens hadit-tradisie is daar 99 name vir God in Islam, bekend as ʾasmāʾu- llāhi l-ḥusnā (أسماء الله الحسنى) of "Skone Name" (أسماء الحسنى, asmāʾu-l-ḥusnā).[1][2]

Volgens die 9de-eeuse hadit-versamelings is die tradisie dat daar 99 name is, sahih (betroubaar), terwyl die tradisie van die werklike lys name, waarvan daar verskeie weergawes is, gharib (onbetroubaar) is. Die meeste name kom uit die Koran, maar sommige uit hadit. Die lyste wissel omdat daar in totaal meer as 99 name is om van te kies.

Die name van God kan volgens die volgende eienskappe gegroepeer word:

  • wat met sy goddelikheid te doen het;
  • te doen met sy liefde en barmhartigheid;
  • te doen met sy grootheid en eer;
  • te doen met sy kennis;
  • eienskappe van sy skepping;
  • eienskappe van sy mag.

Al 113 hoofstukke van die Koran buiten een begin met "In die naam van Allah, die Barmhartige, die Genadige". Hier volg een lys van die name:

No.TranskripsieArabiesAfrikaans
1AllahاللهGod
2Ar-Rahmanالرحمنdie Barmhartigste
3Ar-Rahimالرحيمdie Genadigste
4Al-Malikالملكdie Koning
5Al-Quddusالقدوسdie Heilige
6As-Salaamالسلامdie Vrede
7Al-Mu`minالمؤمنdie Gelowige
8Al-Muhayminالمهيمنdie Bewaarder
9Al-`Azizالعزيزdie Magtige
10Al-Jabbarالجبارdie Kragtige
11Al-Mutakabbirالمتكبرdie Besitter van Alle Grootheid
12Al-Khaliqالخالقdie Skepper
13Al-Baari`البارئdie Ontwikkelaar
14Al-Mushawwirالمصورdie Vormgewer
15Al-Ghaffaarالغفارdie Oneindige Vergewer van die Sonde
16Al-Qahhaarالقهارdie Onderwerper
17Al-Wahhaabالوهابdie Gewer
18Ar-Razzaaqالرزاقdie Skenker van Onderhoud
19Al-Fattaahالفتاحdie Gewer van Oorwinning
20Al-`Alimالعليمdie Alwetende
21Al-Qaabidالقابضdie Sametrekker
22Al-Baasitالباسطdie Verruimer
23Al-Khaafidالخافضdie Vernederaar
24Ar-Raafi`الرافعdie Verheffer
25Al-Mu`izzالمعزdie Skenker van Eer
26Al-Mudzilالمذلdie Onteerder
27As-Sami`السميعdie Alhorende
28Al-Basirالبصيرdie Alsiende
29Al-Hakamالحكمdie Regter
30Al-`Adlالعدلdie Regverdige
31Al-Latifاللطيفdie Subtiele
32Al-Chabirالخبيرdie Bewuste
33Al-Halimالحليمdie Verdraagsame
34Al-`Azimالعظيمdie Grote
35Al-Ghafurالغفورdie Vergewensgesinde
36As-Shakurالشكورdie Waarderende
37Al-`Aliالعلىdie Allerhoogste
38Al-Kabirالكبيرdie Grote
39Al-Hafizالحفيظdie Bewaarder
40Al-Muqitالمقيتdie Onderhouer
41Al-Hasibالحسيبdie Opsteller van Rekenskap
42Al-Jalilالجليلdie Verhewene
43Al-Karimالكريمdie Edelmoedige
44Ar-Raqibالرقيبdie Waaksame
45Al-Mujibالمجيبdie Verhoorder
46Al-Wasi`الواسعdie Alomvattende
47Al-Hakimالحكيمdie Wyse
48Al-Wadudالودودdie Liefhebber
49Al-Majidالمجيدdie Luisterryke
50Al-Baa`isالباعثdie Opwekker van die Dooies
51As-Shahidالشهيدdie Getuie
52Al-Haqqالحقdie Waarheid
53Al-Wakilالوكيلdie Gevolmagtigde
54Al-Qawiyالقوىdie Sterke
55Al-Matinالمتينdie Standvastige
56Al-Waliyالولىdie Beskermende Vriend
57Al-Hamidالحميدdie Prysenswaardige
58Al-Muhsiالمحصىdie Optekenaar
59Al-Mubdi`المبدئdie Voortbrenger
60Al-Mu`idالمعيدdie Hersteller
61Al-Muhyiالمحيىdie Lewensgewer
62Al-Mumitالمميتdie Lewensontnemer
63Al-Hayyالحيdie Ewiglewende
64Al-Qayyumالقيومdie Selfbestaande
65Al-Wajidالواجدdie Vinder
66Al-Majidالماجدdie Roemryke
67Al-Wahidالواحدdie Unieke
68As-Samadالصمدdie Onafhanklike
69Al-Qadirالقادرdie Magtige
70Al-Muqtadirالمقتدرdie Oorheerser
71Al-Muqaddimالمقدمdie Bevorderaar
72Al-Mu`akhirالمؤخرdie Vertrager
73Al-Awwalالأولdie Eerste
74Al-Akhirالأخرdie Laaste
75Az-Zahirالظاهرdie Openlike
76Al-Batinالباطنdie Verborgene
77Al-Waliالواليdie Regeerder
78Al-Muta`aliالمتعاليdie Mees Verhewene
79Al-Barrالبرdie Regverdige
80At Tawwaabالتوابdie Aanvaarder van Berou
81Al-Muntaqimالمنتقمdie Vergelder
82Al-Afuwالعفوdie Skenker van Vergifnis
83Ar Ra`ufالرؤوفdie Sagmoedige
84Maliku-l-Mulkمالك الملكdie Koning der Konings
85Dzul-Jalaali-Wa`l-Ikraamذو الجلال و الإكرامdie Heer van Glorie en Eer
86Al-Muqsitالمقسطdie Billike
87Al-Djami`الجامعdie Versamelaar
88Al-Ghaniyالغنىdie Selftoerykende
89Al-Mughniالمغنىdie Verryker
90Al-Maniالمانعdie Verhinderaar
91Ad-Dhaarالضارdie Bringer van Nood
92An-Nafiالنافعdie Begunstiger
93An-Nurالنورdie Lig
94Al-Hadiالهادئdie Gids
95Al-Badiالبديعdie Blywende
96Al-Baqiالباقيdie Ewige
97Al-Warithالوارثdie Erfgenaam
98Ar-Rashidالرشيدdie Gids na die Regte Pad
99As-Shaburالصبورdie Geduldige

Honderdste naam

’n Paar weergawes van Hadit suggereer die 100ste naam sal onthul word deur die Mahdi (die verlosser aan die einde van tye). Die Baha’i-geloof beweer Bab is die beloofde Mahdi en dat die 100ste naam onthul sal word as Bahá (Arabies: بهاء ), wat glorie en prag beteken. Bahá is ook bekend as die Grootste Naam.[3]

Verwysings

Bronne