Punt

Die punt (.) sluit 'n stelsin af. Dit kan ook as skryfteken by afkortings en voorletters, of as simbool by getalle en/of in rekenaarkode gebruik word. (AWS, 2017)

Afsluiting van sinne en sinsdele

  • Die punt sluit 'n stelsin af.

Bv: Die hond loop in die straat rond.

  • Die punt sluit indirekte vrae af.

Bv: Sy het gevra wat sy naam is.

  • Die punt wat deel is van 'n afkorting aan die einde van 'n sin, vervang die punt aan sinseinde.

Bv: Werner eet graag perskes, appelkose, pere, appels, ens.

Opskrifte en publikasiename

Die punt word nie by koerantopskrifte, paragraaftitels, tabeltitels, boektitels en koerantname gebruik nie.

Bron