Stade Vélodrome

Die Stade Vélodrome (Frans: [stad velɔdʁom]) is 'n stadion in Marseille, Frankryk, met 67 394 sitplekke. Dit is die tuisveld van die voorste Franse sokkerspan Olympique de Marseille en het ook as 'n stadion vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 gedien. Dit is die grootste sokkerklubveld in Frankryk. Die stadion word ook gereeld deur die Franse nasionale rugbyspan gebruik.

Stade Vélodrome

UEFA

BynaamLe Vel'
Volle naamStade Vélodrome
LiggingMarseille, Bouches-du-Rhône, Frankryk
Koördinate43°16′11″N 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O / 43.26972; 5.39583 5°23′45″O / 43.26972°N 5.39583°O / 43.26972; 5.39583
EienaarStad Marseille
Kapasiteit67 394
OppervlakGras
Konstruksie
Gebou28 April 1935
Geopen13 Junie 1937
Renovasie1984, 1998, 2014
Boukoste€285 miljoen
ArgitekHenri Ploquin
Huurders
Olympique de Marseille (1937–hede)
RC Toulon (sosiale wedstryde)
Buiteaansig van die Stade Vélodrome
Die Stade Vélodrome se ingang

Die rekordbywoning vir 'n klubwedstryd by die Stade Vélodrome was 58 897 vir 'n UEFA-bekerhalfeindstryd teen Newcastle United FC in 2004. Die stadion het ook diens gedoen in 1938 toe die FIFA Sokkerwêreldbeker se eindrondte in Frankryk gehou is. Die eerste wedstryd wat in die stadion gespeel is, was tussen Marseille en Turyn in 1937. Die stadion is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007 gebruik. In 2016 het die Stade Vélodrome die eerste stadion geword waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.

Die Franse rugbyspan het in die vroeë 2000s 'n indrukwekkende reeks oorwinnings in die stadion behaal. In November 2000 het hulle die All Blacks met 42–33 verslaan en in die jaar daarna het hulle die Wallabies met een punt geklop. In 2002 is een wedstryd weer in die stadion gespeel, met 'n oorwinning oor die Springbokke, wat gevolg is deur 'n oorwinning oor Engeland in 2003. Die geluklopie is in 2004 verbreek toe hulle 14–24 teen Argentinië verloor het. Die stadion is weer in November 2009 deur Frankryk gebruik toe hulle teen die Nieu-Seelandse All Blacks gespeel het. Dit is ook tydens die Rugbywêreldbeker 2023 vir wedstryde gebruik.

Wedstryde

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
5 Junie 193817:00  Italië2–1 (e.t.)  NoorweëEerste rondte19 000
16 Junie 193818:00  Italië2–1  BrasiliëHalfeindrondte33 000

Europese Sokkerkampioenskap 1960

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
6 Julie 196021:30  Tsjeggo-Slowakye0–3  SowjetunieHalfeindrondte25 184
9 Julie 196018:00  Tsjeggo-Slowakye2–0  FrankrykKlein finale9 438

Europese Sokkerkampioenskap 1984

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
17 Junie 198420:30  Portugal1–1  SpanjeGroep B24 364
23 Junie 198420:00  Frankryk3–2 (e.t.)  PortugalHalfeindrondte54 848

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
12 Junie 199821:00  Frankryk3–0  Suid-AfrikaGroep C55 077
15 Junie 199814:30  Engeland2–0  TunisiëGroep G54 587
20 Junie 199821:00  Nederland5–0  Suid-KoreaGroep E55 000
23 Junie 199821:00  Brasilië1–2  NoorweëGroep A55 000
27 Junie 199816:30  Italië1–0  NoorweëAgtste eindrondte55 000
4 Julie 199816:30  Nederland2–1  ArgentiniëKwarteindrondte55 000
7 Julie 199821:00  Brasilië1–1 (4–2 straf.)  NederlandHalfeindrondte54 000

Rugbywêreldbeker 2007

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
8 September 200713:45 Nieu-Seeland76–14 ItaliëGroep C58 612
12 September 200720:00 Italië24–18 RoemeniëGroep C44 241
22 September 200721:00 Argentinië63–3 NamibiëGroep D55 067
30 September 200715:00 Frankryk64–7 GeorgiëGroep D58 695
6 Oktober 200715:00 Australië10–12 EngelandKwarteindrondte59 102
7 Oktober 200715:00 Suid-Afrika37–20 FidjiKwarteindrondte55 943

Europese Sokkerkampioenskap 2016

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
11 Junie 201621:00  Engeland1–1  RuslandGroep B62 343
15 Junie 201621:00  Frankryk2–0  AlbaniëGroep A63 670
18 Junie 201618:00  Ysland1–1  HongaryeGroep F60 842
21 Junie 201618:00  Oekraïne0–1  PoleGroep C58 874
30 Junie 201621:00  Pole1–1 (3–5 straf.)  PortugalKwarteindrondte62 940
7 Julie 201621:00  Duitsland0–2  FrankrykHalfeindrondte64 078

Rugbywêreldbeker 2023

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
9 September 202321:00 Engeland27–10 ArgentiniëGroep D63 118
10 September 202317:45 Suid-Afrika18–3 SkotlandGroep B63 586
21 September 202321:00 Frankryk96–0 NamibiëGroep A63 486
1 Oktober 202321:00 Suid-Afrika49–18 TongaGroep B60 387
14 Oktober 202317:00 Wallis17–29 ArgentiniëKwarteindrondte62 576
15 Oktober 202317:00 Engeland30–24 FidjiKwarteindrondte61 863

Eksterne skakels