Toloei Khan

seun van Djengis Khan

Toloei Khan (Mongools: Толуй хаан; 1192–1232) was die vierde seun van Djengis Khan by sy hoofvrou, Börte. Sy oeloes, of erfenisgebied, met sy pa se dood in 1227 was die hoofgebied van Mongolië, en hy was met die verkiesing van Djengis se opvolger die administrateur wat Ögedei as tweede Groot Khan bekragtig het.

Toloei
’n Skildery van Toloei Khan, vroeë 14de eeu.
DinastieBordjigin
Bewind25 Augustus 1227 –
13 September 1229
Volle naamMongools: Толуй хаан, ᠲᠤᠯᠤᠢ
Chinees: 拖雷
Gebore1192
Gesterf1232 (op 39-40 jaar)
Mongolië
VoorgangerDjengis Khan
OpvolgerÖgedei Khan
GadeSorghaghtani Beki
KindersMöngke Khan (1209–1259)
Koeblai Khan (1215–1294)
Hoelagoe Khan (1217–1265)
Ariq Böke (1219–1266)
VaderDjengis Khan
MoederBörte

Hoewel Toloei nooit amptelik Groot Khan was nie, het sy seun Möngke hom die titel ná sy dood gegee, en sy ander seun Koeblai het hom nadoods die Chinese tempelnaam Yuán Ruìzōng gegee toe hy die Yuan-dinastie ’n paar dekades later gestig het.

Eksterne skakels