Turku

Turku (Fins: [ˈturku], ; Sweeds: Åbo, [ˈoːbu], ) is 'n stad en munisipaliteit aan die suidweskus van Finland. Met 'n bevolking van 201 889 (soos op 31 Desember 2023) is dit die vyfde grootste stad in die land en die sentrum van die derde grootste metropolitaanse gebied na Helsinki (Helsingfors) en Tampere (Tammerfors) met 'n bevolking van meer as 300 000.

Turku
Åbo


Europese Kultuurhoofstad 2011
Euroopan kulttuuripääkaupunki 2011


KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Finland Finland
 Streek Varsinais-Suomi
 Koördinate60°27′N 22°16′O / 60.450°N 22.267°O / 60.450; 22.267
 Stigting13de eeu
 Stadstatus1525
 Oppervlakte: 
 - Totaal306,36 vk km
 - waarvan land245,63 vk km
 Hoogte bo seevlak20 m
 Bevolking: 
 - Totaal (31 Desember 2023)201 889
 - Bevolkingsdigtheid821,92/vk km
 TydsoneUTC +2 (OET)
 - SomertydUTC +3 (OEST)
 Klimaat 
 - TipeKontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur5,8 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie−3,8 / 17,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae684 mm
 BurgemeesterMinna Arve
 Amptelike webwerfwww.turku.fi

Turku is die oudste stad van Finland en het tot en met 1812 ook as die hoofstad van die land gefungeer. Turku was daarnaas ook die setel van Finland se eerste universiteit, die Sweedstalige Åbo Akademi. Ook die Universiteit van Finland is hier gestig, maar in 1828 na Helsinki verskuif.

Nadat die Sweedse koning Gustav Wasa in 1525 stadstatus aan Turku verleen het, was dit eeue lank 'n beduidende sentrum van Finland se Sweedssprekende gemeenskap. Die stad is vandag nog steeds amptelik tweetalig, tog is Sweeds tans 'n minderheidstaal wat deur 5,2 persent van die bevolking gepraat word.

Turku is 'n beduidende seehawe (met veerbootverbindings na Mariehamn op Åland en na Stockholm), die setel van 'n universiteit en 'n Evangelies-Lutherse aartsbiskop. Saam met die Estniese hoofstad Tallinn is Turku as die Europese Kultuurhoofstad van die jaar 2011 aangewys.

'n Aantal brande het baie van die ouer geboue in Turku vernietig; die 13de eeuse katedraal, wat in 1827 deur 'n brand verniet is, is onmiddellik herbou en is die setel van die Aartsbiskop van Finland. Die ou kasteel, waarvan die oudste deel ook in die 13de eeu gebou is, huisves 'n historiese museum.

Bronnelys

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Turku.
  • (en) Toerisme-inligting oor Turku op Wikivoyage
  • (fi) Amptelike webwerf
  • (en) "Turku". Encyclopædia Britannica. Besoek op 13 Maart 2024.