Wilhelm Röntgen

Wilhelm Conrad Röntgen (27 Maart 184510 Februarie 1923) was 'n Duitse fisikus wat op 8 November 1895 die eerste elektromagnetiese-bestraling in die golfspektrum, nou bekend as x-strale, geproduseer en waargeneem het. As erkening vir die ontdekking het hy die eerste Nobelprys vir fisika in 1901 ontvang.[1] In 2004, ter ere van Röntgen se prestasies het die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie element 111, 'n radioaktiewe element met verskeie onstabiele isotope, roentgenium genoem. Die meeteenheid vir die blootstelling van X-strale en gammastrale, roentgen, is ook na hom vernoem. Dit is in 1928 as die eerste internasionale meethoeveelheid vir ioniserende straling aanvaar, maar die Internasionale Komitee vir Gewigte en Metings het die gebruik daarvan nooit aanvaar nie.

Wilhelm Röntgen
Wilhelm Röntgen in 1900

GeboortenaamWilhelm Conrad Röntgen
Gebore27 Maart 1845
Lennep, Ryn-Provinsie, Koninkryk Pruise (tans Remscheid, Noordryn-Wesfale, Duitsland)
Oorlede10 Februarie 1923 (op 77)
München, Beiere, Republiek van Weimar
NasionaliteitDuits
VakgebiedFisika, X-straal-astronomie
Instelling(s)Universiteit van Straatsburg
Universiteit van Hohenheim
Universiteit van Gießen
Universiteit van Würzburg
Universiteit van München
Alma materETH Zürich
Universiteit van Zürich
Doktorale promotor(s)August Kundt
Doktorale student(e)Herman March
Abram Ioffe
Ernst Wagner
Rudolf Ladenburg
Bekend virX-strale
ToekenningsRumford-medalje (1896)
Elliott Cresson-medalje (1897)
Nobelprys vir fisika (1901)
Handtekening

Verwysings

Eksterne skakels