YouTube

Webwerf wat gebruikers in staat stel om video's te kyk

YouTube is 'n webwerf wat gebruikers in staat stel om video's op te laai, koers, kommentaar, deel, en na ander opgelaaide video's te kyk. Die webwerf behels films, musiek videos, nuus, opvoedkundige programme, sowel as video blogs, skyfievertonings, humoristiese video's, en nog baie meer te kyk. YouTube is tans die grootste video webwerf op die Internet.

YouTube
TipeFiliaalmaatskappy
Gestig14 Februarie 2005
HoofkantoorSan Bruno, KaliforniëVerenigde State
SleutelpersoneSusan Wojcicki (hoofuitvoerendebeampte)
Chad Hurley (raadgewer)
Gebied bedienWêreldwyd, behalwe vir afkeurende lande
IndustrieInternet
ProdukteVideooplaaidiens
MoedermaatskappyAlphabet Inc.
SlagspreukBroadcast Yourself (2005–2012)
Webwerfyoutube.com
Van links na regs: Chad Hurley, Steve Chen en Jawed Karim.
YouTube se hoofkantoor in San Bruno, Kalifornië
YouTube
Taal(e)Veeltalig, onder andere Afrikaans, Engels, Frans, Duits, Pools, Russies, Spaans, Italiaans, Portugees, Koreaans, Chinees en Nederlands.
RegistrasieOpsioneel
EienaarGoogle
Opgerig15 Februarie 2005
Huidige statusAktief
URLwww.youtube.com

YouTube is in Februarie 2005 opgerig deur drie voormalige PayPal medewerkers. 'n Groot verskil met ander video webwerwe in die tyd was dat alle video's outomaties omgeskakel word na een formaat wat vir baie mense toeganklik is, Flash video (.flv). Dit, gekombineerd daarmee dat die hele webwerf gratis vir gebruik is, het daarvoor gesorg dat YouTube nou die grootste videowebwerf op die internet geword het, en één van die grootste webwerwe op die internet in sy geheel.

Die meerderheid van die video's op YouTube word deur indiwiduë uit die publiek uit opgelaai, alhoewel sommige mediamaatskappye soos CBS, BBC, VEVO, Hulu en andere ook van hulle eie materiaal beskikbaar stel. Ongeregistreerde YouTube gebruikers kan gratis na video's kyk, terwyl geregistreerde gebruikers video's kan oplaai. Sommige video's wat as moontlik beledigend of aanstootlik beskou word, kan slegs deur geregistreerde gebruikers van ouer as 18 jaar gekyk word. In November 2006 is YouTube deur Google oorgeneem, teen 'n bedrag van 1.65 miljard Amerikaanse dollar. YouTube is dus tans as 'n onderafdeling van Google.

Daar word nie baie statistieke uitgegee nie, maar in Julie 2006 het YouTube 'n berig uitgegee dat daar elke dag meer as 100 miljoen video's gekyk word, en in die hele maand was uiteindelik 2,5 miljard video's afgelaai. Net in Januarie 2008 is daar al 3 miljard video's deur slegs 79 miljoen mense afgelaai.

Gevolg van die sukses van YouTube

Voor die loods van hierdie webwerf, was daar baie min geleenthede gewees om video's op die Internet te laai. Ná YouTube begin is, het daar 'n hele aantal ander webwerwe opgespring wat ook gebruikers in staat gestel het om video's op die Internet te laai.

Kopiereg

In ruil vir die stoor van die video's moet die oplaaier van alle outeursregte afstand doen. Dit beteken dat jy nie iemand anders se werk mag oplaai indien dit onder kopiereg beskerm word nie. In sommige gevalle bevat opgelaaide video's wel materiaal wat onder kopiereg staan, en kan hulle soms deur YouTube geblokkeer word.

Die skending van kopiereg deur YouTube gebruikers het al tot verskeie regsgedinge gelei. In Maart 2007 het Viacom in 'n saak teen Google, die YouTube eienaar, 'n bedrag van 1 miljard dollar geëis omdat daar 160 000 van sy video's op YouTube beskikbaar was. In September 2007 is YouTube deur 20th Century Fox gedwing om honderde video's te verwyder. Verskeie mediagroepe, waaronder Sony BMG, BBC en Samsung het egter al ooreenkomste met YouTube bereik waarvolgens hulle video- en klankmateriaal wel in sommige gevalle gebruik mag word.

Hoe dit werk

Op YouTube mag gebruikers video's oplaai met 'n maksimum grootte van 1 024 MB, maar elke video mag slegs 10 minute lank wees. Formate soos .avi (XviD met MP3), .mp4 (H.264 met AAC+,) .mov, .mpeg word aanvaar. Die video's word omgeskakel na .flv, met daarin die H.263 videoenkodering en 64kbit/s MP3 monogeluid. Die datastroom het 'n totale bitrate van +/- 330 kbit/s, die resolusie is 320x240. Sedert Maart 2008 gee YouTube ook die keuse om die video's in hoër gehalte af te laai. Die resolusie is verhoog van 320x240 na 480x360.

Daar is twee moontlikhede: tik jy &fmt=6 agter die adres van die video in jou webblaaier, dan kry jy 'n H.263 stroom van +/- 600kbit/s met 96kbit/s MP3 mono. Met &fmt=18 kan jy luister na 'n stereostroom, die formaat is dan nie .flv nie, maar .mp4. Die .mp4 bestaan uit 'n H.264-beeldstroom van 300-400kbit/s en +/- 128kbit/s AAC-geluid.

Lokalisasie

Lande met YouTube-lokalisering
YouTube se status volgens lande: ██ Plaaslike YouTube-weergawe ██ Geblokkeer ██ Voorheen geblokkeer ██ Toeganklik

Op 19 Junie 2007 was Eric E. Schmidt in Parys om die nuwe lokaliseringstelsel van stapel te stuur. In die volgende lande is die stelsel al in werking gestel:

LandTaleOprigtingsdatum
 Verenigde State (en wêreldwyde bekendstelling)Engels15 Februarie 2005[1]
 BrasiliëPortugees19 Junie 2007[1]
 FrankrykFrans en Baskies19 Junie 2007[1]
 IerlandHiberno-Engels19 Junie 2007[1]
 ItaliëItaliaans19 Junie 2007[1]
 JapanJapannees19 Junie 2007[1]
 NederlandNederlands19 Junie 2007[1]
 PolePools19 Junie 2007[1]
 SpanjeSpaans, Galicies, Katalaans en Baskies19 Junie 2007[1]
 Verenigde KoninkrykEngels19 Junie 2007[1]
 MeksikoSpaans11 Oktober 2007[2]
 HongkongChinees en Engels17 Oktober 2007[3]
 Republiek van ChinaChinees18 Oktober 2007[4]
 AustraliëEngels22 Oktober 2007[5]
 Nieu-SeelandEngels22 Oktober 2007[5]
 KanadaKanadese Frans en Kanadese Engels6 November 2007[6]
 DuitslandDuits8 November 2007[7]
 RuslandRussies13 November 2007[8]
 Suid-KoreaKoreaans23 Januarie 2008[9]
 IndiëHindi, Bengaals, Engels, Gujarati, Kannada, Malayalam, Marathi, Tamil, Telugu en Oerdoe7 Mei 2008[10]
 IsraelHebreeus16 September 2008
 TsjeggiëTsjeggies9 Oktober 2008[11]
 SwedeSweeds22 Oktober 2008[12]
 Suid-AfrikaAfrikaans, Zoeloe en Engels17 Mei 2010[1]
 ArgentiniëSpaans8 September 2010[13]
 AlgeriëFrans en Arabies9 Maart 2011[14]
 EgipteArabies9 Maart 2011[14]
 JordaniëArabies9 Maart 2011[14]
 MarokkoFrans en Arabies9 Maart 2011[14]
 Saoedi-ArabiëArabies9 Maart 2011[14]
 TunisiëFrans en Arabies9 Maart 2011[14]
 JemenArabies9 Maart 2011[14]
 KeniaSwahili en Engels1 September 2011[15]
 FilippyneFilippyns en Engels13 Oktober 2011[16]
 SingapoerEngels, Maleis, Chinees en Tamil20 Oktober 2011[17]
 BelgiëFrans, Nederlands, en Duits16 November 2011[1]
 ColombiaSpaans30 November 2011[18]
 UgandaEngels2 Desember 2011[19]
 NigeriëEngels7 Desember 2011[20]
 ChiliSpaans20 Januarie 2012[21]
 HongaryeHongaars29 Februarie 2012[22]
 MaleisiëMaleis en Engels22 Maart 2012[23]
 PeruSpaans25 Maart 2012[24]
 Verenigde Arabiese EmirateArabies en Engels1 April 2012[25]
 GriekelandGrieks1 Mei 2012
 IndonesiëIndonesies en Engels17 Mei 2012[26]
 GhanaEngels5 Junie 2012[27]
 SenegalFrans en Engels4 Julie 2012[28]
 TurkyeTurks1 Oktober 2012[29]
 OekraïneOekraïens13 Desember 2012[30]
 DenemarkeDeens1 Februarie 2013[31]
 FinlandFins en Sweeds1 Februarie 2013[32]
 NoorweëNoors1 Februarie 2013[33]
 SwitserlandDuits, Frans en Italiaans29 Maart 2013[34]
 OostenrykDuits29 Maart 2013[35]
 RoemeniëRoemeens18 April 2013[36]
 PortugalPortugees25 April 2013[37]
 SlowakyeSlowaaks25 April 2013[38]
 BahreinArabies16 Augustus 2013[39]
 KoeweitArabies16 Augustus 2013[39]
 OmanArabies16 Augustus 2013[39]
 KatarArabies16 Augustus 2013[39]
 Bosnië en HerzegowinaBosnies, Kroaties en Serwies17 Maart 2014
 BulgaryeBulgaars17 Maart 2014[40]
 KroasiëKroaties17 Maart 2014[41]
 EstlandEstnies17 Maart 2014[42]
 LetlandLets17 Maart 2014[43]
 LitaueLitaus17 Maart 2014
 MontenegroSerwies en Kroaties17 Maart 2014
 Noord-MasedoniëMacedonies, Serwies en Turks17 Maart 2014
 SerwiëSerwies17 Maart 2014
 SloweniëSloweens17 Maart 2014[44]
 ThailandThai1 April 2014[45]
 LibanonArabies1 Mei 2014[39]
 Puerto RicoSpaans en Engels23 Augustus 2014
 YslandYslands?, 2014
 LuxemburgFrans en Duits?, 2014
 ViëtnamViëtnamees1 Oktober 2014
 LibiëArabies1 Februarie 2015
 TanzaniëSwahili en Engels2 Junie 2015
 ZimbabweEngels2 Junie 2015
 AzerbeidjanAzerbeidjans12 Oktober 2015[46]
 BelarusRussies12 Oktober 2015[46]
 GeorgiëGeorgies12 Oktober 2015[46]
 KasakstanKasaks12 Oktober 2015[46]
 NepalNepalees12 Januarie 2016[47]
 PakistanOerdoe en Engels12 Januarie 2016[48]
 Sri LankaSingalees en Tamil12 Januarie 2016[47]
 IrakArabies?, 2016
 JamaikaEngels?, 2016

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels