Scuola Normale Superiore Universiteit van Göttingen Universiteit van Leiden Universiteit van Florence Sapienza Universiteit van Rome Columbia Universiteit Universiteit van Chicago
Alma mater
Scuola Normale Superiore
Doktorale promotor(s)
Luigi Puccianti
Doktorale student(e)
Harold Agnew Edoardo Amaldi Owen Chamberlain Geoffrey Chew Jerome Friedman Richard Garwin Marvin Goldberger Tsung-Dao Lee Ettore Majorana Arthur Rosenfeld Emilio Segrè Sam Treiman
Ander bekende student(e)
Jack Steinberger Chen Ning Yang
Bekend vir
Kern-kettingreaksie Fermi-Dirac statistieke Teorie van betaverval Fermi-paradoks
Toekennings
Matteucci-medalje (1926) Nobelprys vir fisika (1938) Hughes-medalje (1942) Medalje van Verdienste (1946) Franklin-medalje (1947) ForMemRS (1950) Barnard-medalje vir voortreflike diens te Wetenskap (1950) Rumford-prys (1953) Max Planck-medalje (1954)
Handtekening
Enrico Fermi (29 September1901 – 28 November1954) was 'n Italiaanse kernfisikus. Hy is in Rome gebore. Hy studeer aan die Universiteit van Pisa en word in 1924 aangestel as lektor in fisika aan die Universiteit van Florence. In 1926 aanvaar hy 'n pos as professor in Teoretiese Fisika aan die Universiteit van Rome. In 1938 word die Nobelprys vir fisika aan hom toegeken,[1] hy verhuis na die VSA en aanvaar 'n lektorspos aan die Universiteit van Columbia.
Met die aanvang van die Tweede Wêreldoorlog is hy aktief besig met kernenergieprojekte en in Februarie 1940 maak president Franklin D. Roosevelt VS$6 000 beskikbaar vir verdere navoring. Dit was die begin van die Manhattan-projek. Aan die einde van 1941 is die projek oorgeplaas na die Universitiet van Chicago.
Op 2 Desember 1942 is die eerste beheerde en selfonderhoudende kettingreaksie suksesvol voltooi onder die beheer van Fermi. Dit was die eerste kernreaktor. Dit gee aanleiding tot verdere ontwikkeling en die eerste kernkragontploffing. Ná die oorlog aanvaar Fermi 'n pos as professor in Fisika aan die Universiteit van Chicago in 1946. Op 16 November 1954 ken die Amerikaanse Atoomenergiekorporasie 'n prys van $25 000 aan hom toe uit erkenning vir sy werk op die gebied van kernfisika. Hy is op 28 November 1954 in Chicago oorlede.