Cebuano

Cebuano (Sugbuanon, Bisayâ, Bisayâng Sugbuanon, Sinugbuanong Binisayâ of Sinibwano; [sɛˈbwɑːnoʊ]) is na Tagalog (met Filippyns as amptelike taal) die tweede belangrikste taal van die Filippyne. Die taal word veral in die suide van die Filippyne gepraat, spesifiek op die eiland Mindanao en die Visayas. Die naam is afgelei van die eiland met die naam Cebu.

Cebuano
Sugbuanon, Bisayâ, Bisayâng Sugbuanon, Sinugbuanong Binisayâ, Sinibwano 
Uitspraak:[sɛˈbwɑːnoʊ]
Gepraat in:Vlag van Filippyne Filippyne 
Gebied:Suidoos-Asië
Totale sprekers:16 miljoen[1]
Taalfamilie:Austronesies
 Maleis-Polinesies
  Wes-Maleis-Polinesies
   Sentraal-Filippyns
    Visayas
     Cebuano 
Skrifstelsel:Latynse alfabet
Baybayin-skrif (histories) 
Amptelike status
Amptelike taal in:Streektaal in die Filippyne
Gereguleer deur:Visayan Akademie van Kuns en Letterkunde
Komisyon sa Wikang Filipino
Taalkodes
ISO 639-1:geen
ISO 639-2:ceb
ISO 639-3:ceb 
Verspreiding van Cebuano

Taalkundiges klassifiseer Cebuano as 'n Maleis-Polinesiese taal wat nou verwant aan Tagalog is. Dit is ietwat minder verwant aan Indonesies en Maleis en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels

Wikipedia
Sien gerus Wikipedia se uitgawe in Cebuano