Charkif

stad in Oekraïne

Charkif (Oekraïns: Харків, [ˈxɑrkiu̯], ; Russies: Харькoв, Charkof, [ˈxarʲkəf]) is die grootste stad van Oekraïne naas die hoofstad, Kijif, en lê in die ooste aan die grens met Rusland in die Charkif-oblast. Die stad is in 1654 deur Russe gestig. Dit het in 2021 'n bevolking van 1 433 886 en van 2 032 400 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 350 km². Charkif was een van die gasheerstede tydens die Europese Sokkerkampioenskap 2012 wat Oekraïne en Pole saam aangebied het.

Харків • Харьков
Charkif

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Oekraïne Oekraïne
 Oblast Charkif
 Stigting1654
 Oppervlakte: 
 - Totaal350 vk km
 Hoogte bo seevlak152 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2021)1 433 886
 - Bevolkingsdigtheid4 500/vk km
 - Metropolitaanse gebied2 032 400
 TydsoneUTC +2 (OET)
 - SomertydUTC +3 (OEST)
 BurgemeesterIhor Terekhof
 Amptelike webwerfcity.kharkov.ua

Eksterne skakels