Koninkryk Aksoem

Die Koninkryk Aksoem of Aksoemitiese Ryk (Ge'ez: Mangiśta Aksum) was 'n magtige antieke staat aan die Horing van Afrika. Die koninkryk het oor die hedendaagse lande Djiboeti, Eritrea, dele van Ethiopië (Tigray-streek), Soedan en Jemen gestrek. Die Koninkryk Aksoem het in die 1ste eeu n.C. ontstaan en is in die 10de eeu deur Gudit, koningin van die Beta Israel, verower.

Koninkryk Aksoem
  • መንግሥተ አኵስም  (Ge'ez)
100–960
Ligging of Aksoem
Ligging of Aksoem
Die Koninkryk Aksoem op sy hoogtepunt
HoofstadAksoem
14°7′N 38°44′O / 14.117°N 38.733°O / 14.117; 38.733 38°44′O / 14.117°N 38.733°O / 14.117; 38.733
Taal/TaleGe'ez
GodsdiensArabiese politeïsme (voor-Aksoemities tot 4de eeu)
Judaïsme (tot ca. 330)
Christendom (Ethiopies-Ortodokse Tewahedo-kerk; na ca. 330)
RegeringMonargie
Negus
 - ca. 100Za Haqala (eerste bekende)
 - ca. 940Dil Na'od (laaste)
Historiese tydperkOudheid, Middeleeue
 - Stigting100
 - Verowering deur Gudit960
Oppervlakte
 - 350[1]1 250 000 km2
482 628 sq mi
Voorafgegaan deur
Opgevolg deur
Da'amot
Koninkryk Himjar
Medri Bahri
Zagwe-dinastie
Makuria
Alodia
Sassanidiese Ryk
Die "Romeinse stele" of "Aksoem-obelisk" in Aksoem, Tigray-streek, Ethiopië
Tipiese Aksoemitiese argitektuur: Die kerk van Debre Damo naby Aksoem

Die hoofstad van die Koninkryk Aksoem was Aksoem in die noorde van Ethiopië en die amptelike taal was Ge'ez, 'n Semitiese taal. Die konings het na hulself verwys as "konings van die konings, konings van Aksoem, Himjar, Rajdan, Saba, Salhen, Tsijamo, Beja en van Koesj".[2] Aksoem het 'n belangrike rol gespeel op die handelsroete tussen die Romeinse Ryk en antieke Indië. Die Manigeïese profeet Mani (274 n.C. oorlede) het na Aksoem as een van die vier groot magte van sy tyd verwys; die ander was Persië, Rome en China.

Die Koninkryk Aksoem het sedert die 4de eeu na homself as "Ethiopië" verwys[3][4] en is later deur die Keiserryk Ethiopië opgevolg. Volgens tradisies is die Koninkryk Aksoem die beweerde rusplek van die Verbondsark en die tuiste van die koningin van Skeba.[5]

Die Aksoemiete het 'n aantal monumentale steles opgerig as deel van voor-Christelike godsdiensgebruik. Onder Ezana (ca. 320-360) is Aksoem gekersten. In die 7de eeu het vroeë Moslems van Mekka in die koninkryk 'n skuilplek teen Koeraisje vervolging gesoek, 'n reis wat in die Islamitiese geskiedenis bekend staan as die eerste hidjra.

Verwysings

Eksterne skakels