Moslem

aanhanger van die Islam-geloof

'n Moslem of Moesliem (Arabies: مُسلِم) is 'n aanhanger van die Islam-geloof. Die aanduiding kom van die Arabiese woord 'muslim' (مسلم), wat 'iemand wat homself oorgee (aan Allah)' beteken. Die wêreld tel 1,62 miljard Moslems (2009), oftewel 23 persent van die wêreldbevolking en daarmee die tweede belangrikste religie ná die Christendom.[29][30] 80 tot 90 persent van die Moslems is Soenniete en 10 tot 20 persent Sjiïete. Die Islam is die belangrikste religie in die Midde-Ooste, in die Sahel, aan die Horing van Afrika en in Noord-Afrika.[31][32][33][34] Afrika is die enigste kontinent met 'n Moslemse meerderheid (52,39%).[35] China, die Balkan en Rusland het ook groot persentasies aan Moslembevolking.[31][36] In Wes-Europa is die Islam die tweede belangrikste godsdiens ná die Christendom met 6 % van die totale bevolking.

Moslems

Moslems in hul tradisionele drag vier Eid-oel-Adha
Totale bevolking:ca. 1,8 miljard (2015)[1][2][3]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Indonesië Indonesië 227 226 404[4]

Vlag van Pakistan Pakistan 197 547 566[5]
Vlag van Indië Indië 189 000 000[6]
Vlag van Bangladesj Bangladesj 148 607 000[7]
Vlag van Nigerië Nigerië 95 316 131[8]
Vlag van Egipte Egipte 87 336 965[9]
Vlag van Iran Iran 81 529 435[10]
Vlag van Turkye Turkye 80 683 525[11]
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 50 000 000[12]
Vlag van Algerië Algerië 40 559 749[13]
Vlag van Irak Irak 38 800 190[14]
Vlag van Ethiopië Ethiopië 35 713 657[15]
Vlag van Afghanistan Afghanistan 34 022 437[16]
Vlag van Marokko Marokko 33 646 788[17]
Vlag van Soedan Soedan 30 490 000[2]
Vlag van Jemen Jemen 27 784 498[18]
Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië 27 143 182[19]
Vlag van Oesbekistan Oesbekistan 26 550 000[2]
Vlag van Maleisië Maleisië 19 237 161[20]
Vlag van Sirië Sirië 18 930 000[2]
Res van die wêreld 287 230 000[2]

Taal:Oorwegend gesproke tale:[21]
ArabiesBengaalsHindiOerdoePandjabiTurksJavaansHausaIndonesiesMaleisFulaPersiesSoendanees • ander inheemse tale van die wêreld

Heilige tale:[22]Arabies

Geloofsoortuiging:Islam:
Verwante etniese groepe:
Biddende Moslems in Kaïro, skildery deur Jean-Léon Gérôme in 1865

Die grootste Moslemland is Indonesië met 12,7 %, gevolg deur Pakistan (11,0 %), Indië (10,9 %) en Bangladesj (9,2 %).[31][37] Sowat 20 % van alle Moslems woon in Arabiese lande.[38] In die Midde-Ooste is Turkye en Iran die twee nie-Arabiese lande met die grootste Moslembevolking en in Afrika is Egipte en Nigerië die twee lande met die hoogste Moslembevolking.[31][37]

Bevolkingstatistiek

Moslems oor die wêreld.
Land[31]Moslems[31]% Moslems
2010 Pew-verslag[31]
% van Moslemse wêreldbevolking[31]Moslem-bevolking volgens ander bronne% Moslems volgens ander bronne
 Afghanistan29 047 00099,81,8
 Algerië34 780 00098,22,1
 Bangladesj148 607 00090,49,2
 China23 308 0001,81,450 000 000 – 100 000 000[39][40]
 Egipte80 024 00094,74,991%[41]
 Ethiopië28 721 00033,81,8
 Indië177 286 00014,610,914,6[42]
 Indonesië204 847 00088,112,7
 Irak31 108 00098,91,9
 Iran74 819 00099,64,6
 Jemen24 023 00099,01,5
 Maleisië17 139 00061,41,1
 Mali12 316 00092,40,8
 Marokko32 381 00099,92,099%[43]
 Niger15 627 00098,31,0
 Nigerië75 728 00047,94,7
 Oesbekistan26 833 00096,51,7
 Pakistan178 097 00096,411,0
 Rusland16 379 00011,71,015%[44]
 Saoedi-Arabië25 493 00097,11,6
 Senegal12 333 00095,90,8
 Soedan30 855 00071,41,997,0%[45]
 Sirië20 895 00092,81,3
 Tanzanië13 450 00029,90,835%[46]
 Tunisië10 349 00099,80,6
 Turkye74 660 00098,64,6

Verwysings

Bron

Eksterne skakels