Melania Trump

Melania Trump ([məˈlɑːniə]; gebore as Melanija Knavs[1] [mɛˈlaːnija ˈknaːu̯s] op 26 April 1970 in Novo Mesto, Slowenië;[2] later gewysig tot Melania Knauss, was van 2017 tot 2021 die Eerste Dame van die Verenigde State gedurende die presidentskap van haar eggenoot, Donald Trump.

Melania Trump
Melania Trump
Melania Trump – amptelike portretfoto

Eerste Dame van die Verenigde State
Ampstermyn
20 Januarie 2017 – 20 Januarie 2021
PresidentDonald Trump
Voorafgegaan deurMichelle Obama
Opgevolg deurJill Biden

Persoonlike besonderhede
GeboreMelanija Knavs
26 April 1970 (1970-04-26) (54 jaar oud)
Novo Mesto, Slowenië, Joego-Slawië
Politieke partyRepublikein
Eggenoot/-noteDonald Trump (2005–hede)
Kind(ers)Barron Trump
Alma materUniversiteit van Ljubljana
Handtekening

Voordat sy in 2005 met die toekomstige 45ste president Trump getroud is, het sy 'n loopbaan as fotomodel gevolg. In 2016 het sy haarself as 'n "voltydse ma" beskryf. As boorling van Slowenië het Melania Knauss vanaf 2001 permanente verblyfstatus in die VSA verkry. Vyf jaar later het sy Amerikaanse burgerskap aanvaar.

Melania Trump tydens die presidensiële besoek aan die Volksrepubliek China in November 2017
Die welsyn van kinders staan sentraal in Melania Trump se Be Best-veldtog wat op 7 Mei 2018 geloods is

Melania Trump was die eerste genaturaliseerde Amerikaanse burger wat die ere-amp van Eerste Dame beklee het, en die tweede Eerste Dame na Louisa Adams (die eggenote van John Quincy Adams, die sesde President van die Verenigde State vanaf 1825 tot 1829, wat in Londen gebore is) wat oorsee gebore is.

As Eerste Dame van die Verenigde State het Melania Trump veral na die belange van kinders omgesien.

Verwysings

Eksterne skakels

Eretitels
Voorafgegaan deur
Michelle Obama
Eerste Dame van die Verenigde State
2017–2021
Opgevolg deur
Jill Biden
Voorafgegaan deur
Ann Romney
Eggenoot van die Republikeinse nominasie vir President van die Verenigde State
2020
Vorige bekleër