Moedersdag

Dag wat moeders en moederskap gedenk

Moedersdag is 'n dag wat moeders en moederskap gedenk. Moedersdag word in Suid-Afrika (en meeste ander Westerse lande) op die tweede Sondag van Mei gevier. In die Verenigde Koninkryk en Ierland word 'n ouer tradisionele kerklike Moedersdag, bekend as Mothering Sunday, drie weke voor Paasfees gevier, terwyl Moedersdag in Rusland (День матери) op die laaste Sondag in November val. Die dag komplementeer Vadersdag, wat vaders en vaderskap gedenk.

'n Gelukkige moeder ontvang 'n kaartjie.

Mense wat die dag vier, bederf gewoonlik hulle moeders op die dag. Hulle bedien soms ontbyt aan hulle moeders in die bed en help met kosmaak en ander huishoudelike take. Kaartjies, blomme en geskenke word ook soms op dié dag aan moeders gegee om die dag vir hulle ekstra spesiaal te maak.

JaarMoedersdagMothering Sunday (VK, IRL)
202010 Mei22 Maart
20219 Mei14 Maart
20228 Mei27 Maart
202314 Mei19 Maart
202412 Mei10 Maart
202511 Mei30 Maart
202610 Mei15 Maart
20279 Mei7 Maart
202814 Mei26 Maart
202913 Mei11 Maart

Sien ook