Novak Djokovic

tennisspeler

Novak Djokovic, soms ook Đoković gespel (Serwies: Новак Ђоковић, [nôʋaːk d͡ʑôːkoʋit͡ɕ], ; gebore 22 Mei 1987 in Belgrado), is 'n professionele Serwiese tennisspeler. Tot op hede het hy 98 enkelspel-toernooie gewen asook een dubbelspeltoernooi. Hy hou tans die rekord vir die meeste Grand Slam-titels (24) en ook die rekord vir die meeste Australiese Ope-titels (tien). Sy beroemdste oorwinnings was die Australiese Ope in 2008, 2011, 2012, 2013, 2015, 2016, 2019, 2020, 2021 en 2023, Wimbledon in 2011, 2014, 2015, 2018, 2019, 2021 en 2022, die VSA-Ope in 2011, 2015, 2018 en 2023 asook die Franse Ope in 2016, 2021 en 2023.

Novak Djokovic
Novak Djokovic tydens die Wimbledon-kampioenskap 2019
Volle naamНовак Ђоковић
Novak Đoković
LandVlag van Joego-Slawië Joego-Slawië (2001–2003)[1]
Vlag van Serwië en Montenegro Serwië en Montenegro (2003–2006)[2][3]
Vlag van Serwië Serwië (2006–hede)
WoonplekBelgrado, Serwië
Monte Carlo, Monaco[4]
Geboortedatum22 Mei 1987 (1987-05-22) (36 jaar oud) [4]
GeboorteplekBelgrado, Joego-Slawië[4]
Lengte1,88 m[4][5]
Gewig77 kg[4]
AfrigterGoran Ivanišević[4]
Begin professioneel2003[4]
SpelstylRegshandig (tweehandige handrughou)[4]
Loopbaan-wengeld$181 599 018 (soos op 29 Januarie 2024)[4] (1ste van alle tye)[6]
Amptelike webbladnovakdjokovic.com
Enkelspel
Loopbaanrekord1094–215 (83,6%)[4]
Loopbaantitels98[4] (3de van die Ope-era)
Hoogste rangNo. 1 (4 Julie 2011)[4]
Huidige rangNo. 1 (29 Januarie 2024)[4]
Grand Slam-uitslae
Australiese OpeW (2008, 2011, 2012, 2013, 2015, 2016, 2019, 2020, 2021, 2023)
JuniorHE (2004)
Franse OpeW (2016, 2021, 2023)
Junior1R (2003)
WimbledonW (2011, 2014, 2015, 2018, 2019, 2021, 2022)
VSA-OpeW (2011, 2015, 2018, 2023)
Groot toernooie
ToereindrondeW (2008, 2012, 2013, 2014, 2015, 2022)
Olimpiese Spele Bronsmedalje (2008)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord63–80 (44,1%)[4]
Loopbaantitels1[4]
Hoogste rangNo. 114 (30 November 2009)[4]
Huidige rangNo. – (29 Januarie 2024)[4]
Australiese Ope1R (2006, 2007)
Franse Ope1R (2006)
Wimbledon2R (2006)
VSA-Ope1R (2006)
Groot dubbelspeltoernooie
Olimpiese Spele2R (2016)
Laaste opgedateer op: 29 Januarie 2024.

Djokovic is die eerste en enigste man in tennisgeskiedenis wat gelyktydig die heersende kampioen van die vier Grand Slam-toernooie op drie verskillende oppervlaktes was. Hy is die enigste man wat 'n niekalenderjaar Grand Slam in die Ope Era behaal het en die eerste een om 'n dubbelloopbaan Grand Slam te behaal. Hy is ook die enigste speler wat die Career Golden Masters op die ATP-toer voltooi het, waarin hy twee keer geslaag het. In 2023 het hy die eerste man in die geskiedenis geword wat tien Australiese Ope-enkeltitels ingepalm het.[7][8]

Grand Slam-rekord

Djokovic nadat hy die Franse Ope in 2016 gewen het
Djokovic word in die Serwiese hoofstad Belgrado verwelkom nadat hy die Australiese Ope in 2008 gewen het

Die tabel toon Djokovic se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

JaarAustraliese OpeFranse OpeWimbledonVSA-Ope
2005Rondte 1Rondte 2Rondte 3Rondte 3
2006Rondte 1KwarteindstrydRondte 4Rondte 3
2007Rondte 4HalfeindstrydHalfeindstrydEindstryd
2008WennerHalfeindstrydRondte 2Halfeindstryd
2009KwarteindstrydRondte 3KwarteindstrydHalfeindstryd
2010KwarteindstrydKwarteindstrydHalfeindstrydEindstryd
2011WennerHalfeindstrydWennerWenner
2012WennerEindstrydHalfeindstrydEindstryd
2013WennerHalfeindstrydEindstrydEindstryd
2014KwarteindstrydEindstrydWennerHalfeindstryd
2015WennerEindstrydWennerWenner
2016WennerWennerRondte 3Eindstryd
2017Rondte 2KwarteindstrydKwarteindstrydBeseer
2018Rondte 4KwarteindstrydWennerWenner
2019WennerHalfeindstrydWennerRondte 4
2020WennerEindstrydToernooi nie gehou nieRondte 4
2021WennerWennerWennerEindstryd
2022Nie deelgeneem nieKwarteindstrydWennerNie deelgeneem nie
2023WennerWennerEindstrydWenner
2024Halfeindstryd

Verwysings

Eksterne skakels