Orlando, Florida

Orlando is 'n stad in die deelstaat Florida. Dit is ongeveer 135 km noordoos van Tampa. Die stad het ontstaan in 1843 en is genoem na 'n soldaat wat in die Tweede Seminole-oorlog gesneuwel het. Dit het in 1875 stadstatus verwerf. Sitrus word in die omgewing verbou. Dit was een van die gasheerstede tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1994. Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 sal weer wedstryde hier beslis word.

Orlando

KaartWapen
Vlag
 LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Florida
 County Orange
 Koördinate28°32′N 81°23′W / 28.533°N 81.383°W / 28.533; -81.383 81°23′W / 28.533°N 81.383°W / 28.533; -81.383
 Stigting1843
 Geïnkorporeer op4 Februarie 1885
 Oppervlakte: 
 - Totaal308,41 vk km
 Hoogte bo seevlak25 m
 Bevolking: 
 - Totaal (2020)307 573
 - Bevolkingsdigtheid1 071,3/vk km
 - Metropolitaanse gebied2 387 138
 TydsoneUTC -5 (EST)
 - SomertydUTC -4 (EDT)
 BurgemeesterBuddy Dyer (D)
 Amptelike webwerforlando.gov

Bron

  • Collier's Encyclopedia, Crowell-Collier Educational Corporation, Volume 18, Bladsy 228.

Eksterne skakels