Parc des Princes

Die Parc des Princes (Frans: [paʁk de pʁɛ̃s]) is 'n stadion in die suidweste van die Franse hoofstad Parys. Die stadion is in die XVIde arrondissement en naby die boulevard périphérique, 'n ringsnelweg rondom Parys, geleë. Die stadion word deur die stad Parys besit.

Parc des Princes
UEFA

BynaamLe Parc
LiggingParys, Frankryk
Koördinate48°50′29″N 2°15′11″O / 48.84139°N 2.25306°O / 48.84139; 2.25306 2°15′11″O / 48.84139°N 2.25306°O / 48.84139; 2.25306
EienaarStad Parys
OperateurParis Saint-Germain
Kapasiteit48 583
OppervlakGras
Konstruksie
Gebou1897
Geopen18 Juli 1897
Renovasie1932, 1972, 2012–2016.
Boukoste90 miljoen Franc (1972)
ArgitekRoger Taillibert (1972)
Huurders
Paris Saint-Germain (Sokker)
Frankryk (Rugby)
Frankryk (Sokker)
(sommige wedstryde tot en met 1998)
Die Parc des Princes se ingang

Die eerste Parc is op 18 Julie 1897 onder die naam Stade-vélodrome du Parc des Princes ingewy, maar die huidige konstruksie is volgens die argitek Roger Taillibert se ontwerp in 1972 opgerig. Die Parc des Princes dien sedert 1974 as die amptelike stadion van die sokkerklub Paris Saint-Germain. Voor die inwyding van die Stade de France in Januarie 1998 het ook wedstryde van die Franse nasionale sokker- en rugbyspanne hier plaasgevind. Verskeie wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938, Europese Sokkerkampioenskap 1960, Europese Sokkerkampioenskap 1984, Rugbywêreldbeker 1991, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, Rugbywêreldbeker 2007 en Europese Sokkerkampioenskap 2016 is hier gehou. Naas die Stade Vélodrome in Marseille het die Stade Vélodrome in 2016 die tweede stadion geword, waar wedstryde tydens drie UEFA Europa-beker (1960, 1984 en 2016) aangebied is.

Fotogalery

Wedstryde

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
4 Junie 193817:00  Switserland1–1 (e.t.)  Nazi-DuitslandEerste rondte27 162
9 Junie 193818:00  Nazi-Duitsland2–4  SwitserlandHerhaling20 265
16 Junie 193818:00  Hongarye5–1  SwedeHalfeindrondte14 800

Europese Sokkerkampioenskap 1960

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
6 Julie 196020:00  Frankryk4–5  Joego-SlawiëHalfeindrondte26 370
10 Julie 196021:30  Sowjetunie2–1 (e.t.)  Joego-SlawiëEindstryd17 966

Europese Sokkerkampioenskap 1984

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
12 Junie 198420:30  Frankryk1–0  DenemarkeGroep A47 570
20 Junie 198420:30  Wes-Duitsland0–1  SpanjeGroep B47 691
27 Junie 198420:00  Frankryk2–0  SpanjeEindstryd47 368

Rugbywêreldbeker 1991

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
19 Oktober 199115:00 Frankryk10–19 EngelandKwarteindrondte48 500

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
15 Junie 199821:00  Duitsland2–0  Verenigde StateGroep F45 500
19 Junie 199817:30  Nigerië1–0  BulgaryeGroep D45 500
21 Junie 199817:30  Argentinië5–0  JamaikaGroep A45 500
25 Junie 199816:00  België1–1  Suid-KoreaGroep E45 500
27 Junie 199821:00  Brasilië4–1  ChiliAgtste eindrondte45 500
11 Julie 199821:00  Nederland1–2  KroasiëKlein finale45 500

Rugbywêreldbeker 2007

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
9 September 200716:00 Suid-Afrika59–7 SamoaGroep A46 575
19 September 200720:00 Italië31–5 PortugalGroep C45 476
28 September 200721:00 Engeland36–20 TongaGroep A45 085
30 September 200717:00   Ierland15–30 ArgentiniëGroep D45 450
19 Oktober 200721:00 Frankryk10–34 ArgentiniëKlein finale45 958

Europese Sokkerkampioenskap 2016

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
12 Junie 201615:00  Turkye0–1  KroasiëGroep D43 842
15 Junie 201618:00  Roemenië1–1  SwitserlandGroep A43 576
18 Junie 201621:00  Portugal0–0  OostenrykGroep F44 291
21 Junie 201618:00  Noord-Ierland0–1  DuitslandGroep C44 125
25 Junie 201618:00  Wallis1–0  Noord-IerlandKwarteindrondte44 342

Eksterne skakels