Perske

Die perske, (Prunus persica), is 'n bladwisselende boom, 'n plant inheems aan China en Suid-Asië, waar dit eerste verbou is. Dit dra die sappige, eetbare vrug wat ook 'n perske genoem word.

Perske
"Autumn Red" perskes, dwarsdeursnit
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Prunus
Subgenus:
Amygdalus
Spesie:
P. persica
Binomiale naam
Prunus persica
(L.) Stokes[1]
Perskebloeisels

Die spesie se naam persica verwys na die wydverspreide verbouing in Persië, waarvan dit oorgeplant is na Europa. Dit behoort tot die genus Prunus wat ook die kersie en pruim insluit, in die familie Rosaceae.

Die perske word saam met die amandel geklassifiseer in die subgenus Amygdalus, onderskei van die ander subgenera deur hulle geriffelde saadomhulsel.

Top tien perskeproduserende lande gedurende 2013
LandProduksie (in ton)
Vlag van Volksrepubliek China China11 900 000
Vlag van Italië Italië1 436 753
Vlag van Spanje Spanje1 336 362
Vlag van Verenigde State van Amerika VSA1 006 610
Vlag van Griekeland Griekeland700 200
Vlag van Turkye Turkye545 902
Vlag van Iran Iran498 346
Vlag van Chili Chili319 919
Vlag van Frankryk Frankryk301 770
Vlag van Argentinië Argentinië284 970
Vlag van Brasilië Brasilië222 180
Wêreld21 610 180
Bron: FAOstat

Verwysings

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.