Paralimpiese Somerspele 2012

XIVe Paralimpiese Somerspele
Paralimpiesespele van 2012

Gehou inLonden, Verenigde Koninkryk
Deelnemende lande164
Deelnemende atlete4 302 (2 779 mans, 1 523 vroue)
Items503 in 20 sporte
Openingseremonie29 Augustus 2012
Sluitingseremonie9 September 2012
Amptelik geopen deurKoningin Elizabeth II
Atlete-eedLiz Johnson
Beampte-eedRichard Allcroft
Olimpiese vlamMargaret Maughan
Vorige Spele2008: Beijing (China)
Volgende Spele2016: Rio de Janeiro (Brasilië)

Die Paralimpiese Somerspele 2012 (Engels: 2012 Summer Paralympics) is tussen 29 Augustus en 9 September 2012 in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied. Tydens die geleentheid het 4 302 atlete uit 164 nasies aan 503 items in 20 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1] Dit was die 14de Paralimpiese Somerspele wat aangebied is.

Die Olimpiese Stadion in Londen

Die Spele is amptelik deur koningin Elizabeth II van die Verenigde Koninkryk geopen. Dit is die eerste Paralimpiese Spele wat deur die koningin geopen is. Die Spele van 1984, wat gesamentlik deur die Verenigde Koninkryk en die Verenigde State van Amerika aangebied is, is deur Prins Charles en Ronald Reagan geopen.

Die Olimpiese Somerspele 2012 is tussen 27 Julie en 12 Augustus in Londen gehou.

Toewysing

Londen se Paralimpiese en Olimpiese gelukbringers, Mandeville (links) en Wenlock (regs)
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2012:

   Verkose stad

   Kandidaatstede

   Aansoekende stede

As deel van 'n formele ooreenkoms tussen die Internasionale Paralimpiese Komitee en die Internasionale Olimpiese Komitee uit 2001 is die wenner van die bod vir die Olimpiese Somerspele 2012 ook die gasheer vir die Paralimpiese Somerspele 2012.[2] Londen is op 6 Julie 2005 in Singapoer deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 2012. Ander kandidate was: Parys, New York, Madrid en Moskou. In die eerste ronde het Moskou uitgeval, in die tweede ronde New York, in die derde ronde Madrid, en uiteindelik ook Parys.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2012[3]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3Rondte 4
Londen  Verenigde Koninkryk22273954
Parys  Frankryk21253350
Madrid  Spanje203231
New York  Verenigde State1916
Moskou  Rusland15

Sporte

20 verskillende sportsoorte is tydens die Paralimpiese Spele beoefen. Die sportsoorte is:

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die aantal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is. Die amptelike program is reeds op 25 Augustus 2011 bekendgestel:[4]

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Augustus / September 201229
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
Items
5-per-kant sokker11
7-per-kant sokker11
Atletiek1117201721202116234170
Bankdruk233333320
Boccia347
Boogskiet4329
Doelbal22
Fietsry55531846450
Judo44513
Roei44
Rolstoelbasketbal112
Rolstoelrugby11
Rolstoelskerm4421112
Rolstoeltennis1236
Ruitersport232411
Seil33
Sitvlugbal112
Skyfskiet2221111212
Swem15151514141515151515148
Tafeltennis11104429
Totaal0284049595154644748576503
Kumulatief02868117176227281345392440497503
SeremoniesOSSS
Augustus / September 201229
Wo
30
Do
31
Vr
1
Sa
2
So
3
Ma
4
Di
5
Wo
6
Do
7
Vr
8
Sa
9
So
Items

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Paralimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Tydens die vorige Paralimpiese Spele het Suid-Afrika 30 medaljes (21 goud, 3 silwer en 6 brons) ingepalm en in die sesde plek geëindig.

Oscar Pistorius het die Suid-Afrikaanse vlag tydens die openingseremonie ingedra.[5]

Suid-Afrika het 62 atlete na die Spele gestuur. Hulle eindig in die algehele agtiende plek met 29 medaljes. Hiervan is 8 goud-, 13 silwer en 9 bronsmedaljes.

Medaljewenners
MedaljeNaamSportItemDatum
Natalie du ToitSwemDames se 100 m-vlinderslag S930 Augustus
Hendri HerbstSwemMans se 100 m-vryslag S1131 Augustus
Achmat HassiemSwemMans se 100 m-vlinderslag S101 September
Jonathan NtutuAtletiekMans se 100 m T131 September
Tebogo MokgalagadiAtletiekMans se 100 m T351 September
Charl BouwerSwemMans se 50 m-vryslag S131 September
Dyan BuisAtletiekMans se 100 m T381 September
Anrune LiebenbergAtletiekDames se 200 m T461 September
Charl BouwerSwemMans se 100 m-vryslag S132 September
Oscar PistoriusAtletiekMans se 200 m T442 September
Charl BouwerSwemMans se 100 m-rugslag S133 September
Union SekailweAtletiekMans se 400 m T383 September
Michael LouwrensAtletiekMans se gewigstoot F57-584 September
Natalie du ToitSwemDames se 400 m-vryslag S94 September
Shireen SapiroSwemDames se 100 m-rugslag S104 September
Dyan BuisAtletiekMans se verspring F37-385 September
Oscar Pistorius
Arnu Fourie
Samkelo Radebe
Zivan Smith
Atletiek4x100 m Aflos T42-465 September
Natalie du ToitSwemDames se 200 m Individuele Medley SM96 September
Hilton LangenhovenAtletiekMans se 400 m T126 September
Ilse HayesAtletiekDames se 100 m T136 September
Arnu FourieAtletiekMans se 100 m T446 September
Natalie du ToitSwemDames se 100 m-vryslag S97 September
Ernst van DykFietsryMans se padwedloop H47 September
Ilse HayesAtletiekDames se verspring F137 September
Dyan BuisAtletiekMans se 200 m T388 September
Kevin PaulSwemMans se 100 m-borsslag SB98 September
Fanie van der MerweAtletiekMans se 100 m T378 September
Anrune LiebenbergAtletiekDames se 400 m T468 September
Oscar PistoriusAtletiekMans se 200 m T448 September
Medaljes per sport
Sport Totaal
Swem44311
Atletiek47617
Fietsry0101
Totaal812929
Oscar Pistorius as Suid-Afrika se vlagdraer tydens die Paralimpiese Somerspele 2012 in Londen
Samkelo Radebe, Zivan Smith, Arnu Fourie en Oscar Pistorius (v.l.n.r.) uit Suid-Afrika
Suid-Afrika se Oscar Pistorius nadat hy die Mans se 400 m T44 gewen het

Aantal medaljes

Hier is die voorste tien lande wat medaljes tydens die Spele verower het.

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Volksrepubliek China (CHN)284957165231
2  Rusland (RUS)181363828102
3  Verenigde Koninkryk (GBR)294344343120
4  Oekraïne (UKR)15032242884
5  Australië (AUS)16132233085
6  Verenigde State (USA)22331293898
7  Brasilië (BRA)1812114843
8  Duitsland (GER)15218262266
9  Pole (POL)1001413936
10  Nederland (NED)9110101939
18  Suid-Afrika (RSA)62812929

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Paralimpiese Spele

Somerspele:Rome 1960Tokio 1964Tel Aviv 1968Heidelberg 1972Toronto 1976Arnhem 1980New York & Stoke Mandeville 1984Seoel 1988Barcelona 1992Atlanta 1996Sydney 2000Athene 2004Beijing 2008Londen 2012Rio de Janeiro 2016Tokio 2020Parys 2024Los Angeles 2028Brisbane 2032
Winterspele:Örnsköldsvik 1976Geilo 1980Innsbruck 1984Innsbruck 1988Tignes-Albertville 1992Lillehammer 1994Nagano 1998Salt Lake City 2002Turyn 2006Vancouver 2010Sotsji 2014Pyeongchang 2018Beijing 2022Milaan/Cortina 2026
Internasionale Paralimpiese KomiteeNasionale Paralimpiese Komitee