Soechoi Su-27

Die Su-27 (NAVO-naam Flanker) is 'n tweemotorige supermanuvreerbare aanvalsvliegtuig ontwerp deur Soechoi in die Sowjetunie. Dit is bedoel as 'n direkte mededinger vir die groot Verenigde State vierde-generasie vegters, met 3 530 km reikafstand, swaar wapentuig, gesofistikeerde avionika en hoë beweegbaarheid.

Su-27 Flanker
'n Soechoi Su-27SKM by die MAKS-2005-lugskou
TipeLugsuperioriteit, straalvegter
VervaardigerSoechoi
Nooiensvlug20 Mei 1977
Vrygestel22 June 1985
StatusIn gebruik
HoofgebruikerRussiese Lugmag
Wit-Russiese Lugmag
Oekraïnse Lugmag
Chinese Volksbevrydingslugmag
Vervaardig1982–hede
Aantal gebou680[1]
EenheidskosteVS$30 miljoen
WeergawesSoechoi Su-35

Die Su-27 vlieg meestal lugoppermagsmissies, maar die moderner weergawes is in staat om byna al die gevegsoefeninge uit te voer. Aanvullend tot die kleiner MiG-29, is die Su-27 die naaste eweknie aan die Amerikaanse F-15 Eagle. Die Su-27 tree in diens van die Sowjetlugmag in 1985. Vandag word dit steeds operasioneel ontplooi deur die Russiese Lugmag, maar ook voormalige Sowjetstate en in bondgenote van dié lande.

Sien ook

Eksterne skakels