Veelhoek

In meetkunde is 'n veelhoek 'n vlak-figuur wat beskryf word deur 'n eindige aantal reguit lynstukke wat verbind is om 'n geslote veelhoekige ketting of veelhoekige kring te vorm. Die vaste vlak, die grensbaan, of die twee saam, kan 'n veelhoek genoem word.

Sommige veelhoeke van verskillende soorte: oop (uitsluitend die grens daarvan), slegs die grens (uitsluitend die binnekant), geslote (beide die grens en die binnekant ingesluit), en selfkruisend.

Die dele van 'n veelhoekige lynstukke word sy rande of sye genoem, en die punte waar twee sye bymekaarkom, is die hoekpunte van die veelhoek (enkelvoud: hoekpunt) of hoeke. Die binnekant van 'n soliede veelhoek word soms sy liggaam genoem. 'n n-hoek is 'n veelhoek met n sye.

'n Eenvoudige veelhoek is een wat homself nie kruis nie. Wiskundiges is dikwels slegs besig met die afgrensende veelhoekige kettings van eenvoudige veelhoeke en definieer dikwels 'n veelhoek as sodanig. 'n Veelhoekige grens kan toegelaat word om oor homself te kruis en sodoende ster-veelhoeke en ander self-kruisende veelhoeke te skep.

Veelhoekname en eienskappe

Veelhoekname en eienskappe
NaamSyeEienskappe
Eenhoek1Word nie algemeen as 'n veelhoek erken nie,[1] hoewel sommige vakgebiede soos Grafiekteorie gebruik soms die term.[2]
Tweehoek2Word nie algemeen in die Euklidiese vlak as 'n veelhoek erken nie, hoewel dit as 'n sferiese-veelhoek kan bestaan.[3]
Driehoek3Die eenvoudigste veelhoek wat in die Euklidiese vlak kan bestaan. Kan die vlak teël.
Vierhoek4Die eenvoudigste veelhoek wat homself kan kruis; die eenvoudigste veelhoek wat konkaaf kan wees; die eenvoudigste veelhoek wat nie-siklies kan wees. Kan die vlak teël.
Vyfhoek5[4] Die eenvoudigste veelhoek wat as 'n reëlmatige ster kan bestaan. 'n Ster vyfhoek staan bekend as 'n pentagram.
Seshoek6[4] Kan die vlak teël.
Sewehoek7[4] Die eenvoudigste veelhoek waar die reelmatige vorm nie konstrueerbaar met kompas en reguitlyn is nie.
Agthoek8[4]
Negehoek9[4]
Tienhoek10[4]
Elfhoek11[4]
Twaalfhoek12[4]
Dertienhoek13[4]
Veertienhoek14[4]
Vyftienhoek15[4]
Sestienhoek16[4]
Sewentienhoek17[4]
Agtienhoek18[4]
Negentienhoek19[4]
Twintighoek20[4]
Dertighoek30[4]
Veertighoek40[4][5]
Vyftighoek50[4][5]
Sestighoek60[4][5]
Sewentighoek70[4][5]
Tagtighoek80[4][5]
Negentighoek90[4][5]
Honderdhoek [6]100[4]
Duisendhoek1000Filosowe insluitend René Descartes,[7] Immanuel Kant,[8] David Hume,[9] het die duisendhoek as voorbeeld in besprekings gebruik.
Tienduisendhoek10000Word gebruik as voorbeeld in sommige filosofiese besprekings, byvoorbeeld in Descartes se Bepeinsinge oor die eerste filosofie (in sy Sesde Bepeinsing).
Apeirogoon'n Degenereerde veelhoek van oneindig baie kante.

Verwysings

Eksterne skakels