Aeroflot

Aeroflot (Russies: ОАО «Аэрофлот - Российские авиалинии») is die grootste lugdiens van Rusland. Tydens die Sowjetunie se bestaan was dit die grootste lugredery ter wêreld – op sy hoogtepunt in 1991 het die vloot uit 1 600 vliegtuie bestaan. Ná die verbrokkeling van die Sowjetunie is die maatskappy in tientalle kleiner maatskappye opgedeel, waarvan baie sedertdien bankrot gespeel het. Aeroflot het tans sowat 200 vliegtuie en vlieg na 146 bestemmings in 58 lande. Die Internasionale Lughawe Sjeremetjewo by Moskou is die lugdiens se hooflughawe.

Aeroflot
’n Iljoesjin Il-96-300 van Aeroflot
IATA-kodeSU
ICAO-kodeAFL
Gestig9 Februarie 1923
HoofkwartierMoskou
HooflughaweSjeremetjewo
Aantal vliegtuie177
Aantal passasiers11,2 miljoen (2010)
AlliansieSkyTeam
Bestemmings146 (voor Feb 2022)
58 lande
Webtuiste(ru) www.aeroflot.ru
(en) www.aeroflot.ru

Geskiedenis

In 1921, kort ná die einde van die Russiese Burgeroorlog, het die regering ’n aparte organisasie gestig vir lugverkeer. Op 9 Februarie 1923 is Dobroljot gestig vir binnelandse vlugte. Die eerste vlug het op 15 Junie 1923 plaasgevind tussen Moskou en Nizjni Nowgorod. In 1930 is die naam na Grazjdanski wozdojesjni flot ("Burgerlugvloot") verander en in 1932 na Aeroflot.

Die lugdiens bestaan sedert 1994 in sy huidige vorm toe dit geprivatiseer is en die naam Aeroflot – Russian International Airlines gekry het. Die staat het steeds ’n meerderheidsaandeel van 51 persent. In 2000 is die naam verander na Aeroflot – Russian Airlines. In dié jaar is 5,1 miljoen mense en 107 000 ton vrag vervoer.

In 2002 het die lugdiens nog nege soorte vliegtuie gehad: ’n mengsel van Russiese, Boeing- en Airbus-vliegtuie. Die vloot is gemoderniseer en in Januarie 2022 was daar ses soorte: die Airbus A320, Airbus A330, Airbus A350, Boeing 737, Boeing 777 en die Soechoi Superjet 100. Vanaf April 2006 is Aeroflot deel van die lugvaartorganisasie SkyTeam, ’n alliansie van internasionale lugdienste.

Operasionele gegewens

In 1990 in die Sowjetunie is ’n rekordgetal van 90,8 miljoen passasiers vervoer, hoofsaaklik na bestemmings binne die land. Die verbrokkeling van die Sowjetunie het gelei tot ’n drastiese afname in lugverkeer. In 1999 het die getal passasiers gedaal tot net meer as 20 miljoen. Naas die verbrokkeling was die laer ekonomiese aktiwiteit en die wegval van subsidies aan die lugvaartbedryf die grootste oorsake van dié daling. In 2010 is 57 miljoen passasiers vervoer – 60 persent daarvan na internasionale bestemmings.

Teen November 2022 besit die lugdiens die volgende vliegtuie:

Aeroflot-vloot
 Vliegtuig  In vloot  Bestellings  Passasiers 
Passasiersvliegtuie
Airbus A320-20058140
Airbus A321-20033170
Airbus A330-2002241
Airbus A330-30010302
Airbus A350-900713[1]Nie bekend
Boeing 737–80037Nie bekend
Boeing 777-300ER22Nie bekend
Irkoet MS-2150[2]Nie bekend
Soechoi-superjet 100-95489
Vragvliegtuie
McDonnell Douglas MD-11F3NVT
Totaal177452

Verwysings


Hierdie artikel is vertaal uit die Nederlandse Wikipedia