Daniil Medvedev

Daniil Sergeyevich Medvedev (Russies: Дании́л Серге́евич Медве́дев; Afrikaanse transliterasie: Danijil Sergejewitsj Medwjedef; gebore 11 Februarie 1996) is 'n Russiese professionele tennisspeler. Hy is tans no. 3 op die wêreldranglys van mansenkelspelspelers volgens die ATP.[1] In die eindrondte van die Amerikaanse Ope van 2021 het Medvedev die belangrikste wedstryd in die geskiedenis van moderne tennis gewen deur die no. 1-speler, Novak Djokovic, te klop en te voorkom dat hy slegs die derde man word wat 'n kalender-Grand Slam wen.[3]

Daniil Medvedev
Daniil Medvedev in 2019
Volle naamDaniil Sergeyevich Medvedev
Даниил Сергеевич Медведев
LandVlag van Rusland Rusland
WoonplekMonte Carlo, Monaco[1]
Geboortedatum11 Februarie 1996 (1996-02-11) (28 jaar oud) [1]
GeboorteplekMoskou, Rusland[1]
Lengte1,98 m[1]
Gewig83 kg[1]
AfrigterGilles Cervara[1]
Begin professioneel2014[1]
SpelstylRegshandig (tweehandige handrughou)[1]
Loopbaan-wengeld$39 301 567 (soos op 29 Januarie 2024)[1] (7de van alle tye)[2]
Enkelspel
Loopbaanrekord339–137 (71,2%)[1]
Loopbaantitels20[1]
Hoogste rangNo. 1 (28 Februarie 2022)[1]
Huidige rangNo. 3 (29 Januarie 2024)[1]
Grand Slam-uitslae
Australiese OpeE (2021, 2022, 2024)
Junior3R (2014)
Franse OpeKE (2021)
Junior3R (2014)
WimbledonHE (2023)
VSA-OpeW (2021)
Groot toernooie
ToereindrondeW (2020)
Olimpiese SpeleKE (2020)
Dubbelspel
Loopbaan-rekord16–23 (41,0%)[1]
Loopbaantitels0[1]
Hoogste rangNo. 170 (19 Augustus 2019)[1]
Huidige rangNo. – (29 Januarie 2024)[1]
Australiese Ope1R (2017)
VSA-Ope2R (2017)
Groot dubbelspeltoernooie
Olimpiese Spele1R (2020)
Laaste opgedateer op: 29 Januarie 2024.

Met sy wenslag in die eindstryd van die ATP-jaareindtoernooi van 2020 het Medvedev die eerste en enigste speler geword wat die wêreld se drie topspelers geklop het op pad na die jaareind-kampioenetitel. Medvedev was ook die naaswenner in die Amerikaanse Ope van 2019 en 2023, asook die Australiese Opes van 2021, 2022 en 2024.

Loopbaan

Medvedev het in 2015 in 'n dubbelspel in die Kremlinbekertoernooi gespeel en sy eerste enkelspeltitel in 2016 in Rosmalen gewen. In 2017 het hy vir die eerste keer aan 'n major deelgeneem: die Wimbledonkampioenskap, waar hy Stanislas Wawrinka, toe die wêreld se no. 3-speler, verslaan het. In 2018 het Medvedev sy eerste ATP-titels gewen in Sydney en Winston-Salem, asook sy eerste ATP 500-titel in Tokio. Hy het in 2019 'n ATP-deurbraak behaal deur sy top-10-debuut ná Wimbledon te maak en ses agtereenvolgende toereindstryde te wen, onder meer die Amerikaanse Ope.

Medvedev is bekend vir sy kragtige afslane en aggressiewe agterlynspel.[4]

Grand Slam-rekord

Daniil Medvedev tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2017
Daniil Medvedev tydens die Wimbledon-kampioenskap in 2018

Die tabel toon Medvedev se prestasie tydens elk van die Grand Slam-toernooie in mansenkels waaraan hy deelgeneem het:

JaarAustraliese OpeFranse OpeWimbledonVSA-Ope
2016Nie ingeskryf nieNie ingeskryf nieK3K1
2017Rondte 1Rondte 1Rondte 2Rondte 1
2018Rondte 2Rondte 1Rondte 3Rondte 3
2019Rondte 4Rondte 1Rondte 3Eindstryd
2020Rondte 4Rondte 1Toernooi nie gehou nieHalfeindstryd
2021EindstrydKwarteindstrydRondte 4Wenner
2022EindstrydRondte 4Nie deelgeneem nieRondte 4
2023Rondte 3Rondte 1HalfeindstrydEindstryd
2024Eindstryd

Verwysings

Skakels