Olimpiese Somerspele 2020

Spele van die XXXIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 2020

Gehou inTokio, Japan
Deelnemende lande206
Deelnemende atlete11 090
Items339 in 33 sporte (50 dissipline)
Openingseremonie23 Julie 2021
Sluitingseremonie8 Augustus 2021
Amptelik geopen deurKeiser Naruhito
Atlete-eedRyota Yamagata
Kasumi Ishikawa
Beampte-eedMasato Kato
Asumi Tsuzaki
Olimpiese vlamNaomi Osaka (tennis)
Vorige Spele2016: Rio de Janeiro (Brasilië)
Volgende Spele2024: Parys (Frankryk)

Die Olimpiese Somerspele 2020 (Japannees: 2020年夏季オリンピック, Hepburn: Nisen Nijū-nen Kaki Orinpikku), amptelik bekend as die Spele van die XXXIIste Olimpiade, sou oorspronklik tussen 24 Julie en 9 Augustus 2020 in Tokio, Japan, aangebied gewees het,[1] met die nuwe datums van 23 Julie tot 8 Augustus 2021.[2] Tydens die geleentheid het 11 090 atlete uit 206 nasies aan 339 items in 33 verskillende sportsoorte deelgeneem.

Die Japannese Nasionale Stadion in Tokio
Kaart van deelnemende nasies in 2020:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

   Neem nie deel nie

     Gasheerstad Tokio

Dit was die 32ste aanbieding van die Somerspele sedert 1896 en die tweede keer wat Tokio die spele gehuisves het na hulle eerste spele in 1964. Naas Tokio was Istanboel en Madrid kandidate vir die aanbied van die 2020-Somerspele. Ná die Rugbywêreldbeker 2019 is die Olimpiese Somerspele 2020 die tweede groot sportkompetisie in Japan binne twee jaar. Verder was dit die tweede van drie agtereenvolgende Olimpiese Spele wat in 'n Asiatiese stad aangebied was, ná Pyeongchang (2018) en voor Beijing (2022).

Die opening- en sluitingseremonies het in die Japannese Nasionale Stadion in Tokio plaasgevind. Soos gebruiklik het die lande in alfabetiese volgorde die stadion ingestap met Griekeland eerste en die gasheer Japan laaste, maar aangesien die plaaslike taal Japannees is, is dié taal se alfabet gebruik om die volgorde te bepaal. Beide Chad le Clos (swem) en Phumelela Mbande (veldhokkie) het die Suid-Afrikaanse vlag ingedra.[3]

As gevolg van die wêreldwye Covid-19-pandemie het die Internasionale Olimpiese Komitee met die Japannese reëlingskomitee ooreengekom om die Olimpiese Somerspele 2020 vir een jaar uit te stel. Die sportgeleentheid het egter steeds sy amptelike naam behou as die Olimpiese Somerspele van die jaar 2020. Dit was die eerste keer dat 'n moderne Olimpiese Spele uitgestel en in 'n onewe jaar gehou is.[4][5] Verder het die Japannese regering en die Internasionale Olimpiese Komitee aangekondig dat dit sonder enige toeskouers sou plaasvind.[6][7][8]

Die Paralimpiese Somerspele 2020 is tussen 24 Augustus en 5 September 2021 in Tokio gehou.

Toewysing

Seiko Hashimoto, hoof van Tokio se reëlingskomitee
Kaart van die kandidaatstede vir die Olimpiese Somerspele 2020
Mauricio Macri, die destydse burgemeester van Buenos Aires, praat by die 125ste IOK-sessie in 2013

Van die stede wat hulself beskikbaar gestel het om die Spele aan te bied sluit in (die lys is nie volledig nie):

Afrika
Europa
Asië

Tokio is op 7 September 2013 in Buenos Aires deur die Internasionale Olimpiese Komitee as gasheer aangewys vir die Olimpiese Somerspele in 2020. Ander kandidate was Istanboel en Madrid.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 2020[10]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3
Tokio  Japan4260
Istanboel  Turkye264936
Madrid  Spanje2645

Sporte

Tydens die Olimpiese Somerspele 2020 was daar in nuwe Olimpiese sportsoorte soos 3x3 Basketbal, BMX vryslag, koppelfietsry en verdere gemengde items meegeding. Onder die nuwe IOK-beleid, wat die gasheer toelaat om nuwe sportsoorte by die Olimpiese program ter aanvulling van die permanente kerngebeurtenisse te voeg, het tydens die Spele karate, klimsport, branderplankry en skaatsplankry hul Olimpiese debuut gemaak, terwyl bofbal en sagtebal weer vir die eerste keer sedert 2008 aangebied is.[11]

33 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 339 medaljes oorhandig.

Stadions

Erfenissone

Yoyogi Nasionale Gimnasium, ontwerp deur Kenzo Tange
Tokio Metropolitaanse Gimnasium
Nippon Budokan
Tokio se Olimpiese watersportsentrum
Die Ariake Coliseum in Kōtō, Tokio
Die Ajinomoto-stadion in Chōfu, Tokio
Die Saitama Superarena in Saitama
Die Jokohamastadion in Jokohama
Die Sapporo Dome in Sapporo
Die Internasionale Stadion in Jokohama

Sewe plekke is binne die sentrale sakedistrik van Tokio, noordwes van die Olimpiese dorp geleë. Van hierdie plekke is ook vir die Olimpiese Somerspele 1964 ingespan.

StadionSporteKapasiteitStatus
Japannese Nasionale Stadionseremonies (opening/sluiting)68 000Voltooi
Atletiek (baan en veld)
Sokker (vroue se eindstryd)
Yoyogi Nasionale GimnasiumHandball13 291Klaar
Ryōgoku KokugikanBoks11 098Klaar
Tokio Metropolitaanse GimnasiumTafeltennis10 000Klaar
Nippon BudokanJudo14 471Klaar
Karate
Tokio Internasionale ForumGewigoptel5 012Klaar

Tokiobaaisone

13 plekke vir 15 sporte was in of naby Tokiobaai, suidoos van die Olimpiese dorp, hoofsaaklik op Ariake, Odaiba en die omliggende kunsmatige eilande geleë.

StadionSporteKapasiteitStatus
Kasai Rinkai ParkKanovaart (slalom)8 000Klaar, gebou vir die speletjies
Oi HokkieparkVeldhokkie15 000Klaar, gebou vir die speletjies
Olimpiese watersportsentrumWatersport (swem, sierduik, gesinchroniseerde swem)15 000Voltooi
Tokio Tatsumi Internasionale swemsentrumWaterpolo3 635Klaar
YumenoshimastadionBoogskiet7 000Voltooi
Ariake-arenaVlugbal12 000Klaar, gebou vir die speletjies
Ariake Stedelike SportsentrumBMX vryslag, BMX wedvaart6 000Onder konstruksie
Skaatsplankry
Ariake GimnastieksentrumGimnastiek (artistiek, ritmies, trampolien)10 000Klaar, gebou vir die speletjies
Ariake ColiseumTennis20 000 (10 000 sentrale baan; 5 000 baan 1, 3 000 baan 2, 8x250 wedstrydbane)Klaar, opgeknap
Odaiba MarieneparkDriekamp5 000 sitplekke, onbeperkte staanplekke langs die roeteKlaar, met tydelike pawiljoene
Watersport (maratonswem)
Shiokaze ParkStrandvlugbal12 000Tydelik
Sentrale Breakwater en Sea Forest WaterwayRuitersport (driefasekompetisie)20 000Klaar, met tydelike infrastruktuur
Roei
Kanovaart (snel)
Aomi Stedelike Sportsentrum3x3 basketbal5 000Tydelik
Klimsport

Afgeleë sportplekke

16 sportplekke vir 16 sporte was meer as 8 km van die Olimpiese dorp af geleë.

StadionsSporteKapasiteitStatus
Camp AsakaSkyfskiet3 200Klaar, opgeknap
Musashino WoudsportplekModerne vyfkamp (skermsport)10 000Klaar, gebou vir die speletjies
Pluimbal
Musashinonomori Park, FuchūPadfietsry (wegspringplekke)Tydelik
Tokio-stadionSokker (groepfase)49 970Klaar
Moderne vyfkamp (uitgesluit skermsport)
Sewesrugby
Saitama SuperarenaBasketbal22 000Klaar
EnoshimaSeilvaart10 000Klaar met tydelike pawiljoene
Makuhari MesseSkermsport6 000Klaar met tydelike pawiljoene
Taekwondo
Stoei8 000
Baji Koen, SetagayaRuitersport (dressuur, spring)9 300Klaar met tydelike pawiljoene
Kasumigase BuiteklubGholf30 000Klaar met tydelike pawiljoene
Izu Velodrome, ShizuokaFietsry (baan)5 000Klaar, uitgebrei
Izu Mountain Bike Course, ShizuokaBergfietsry11 500Klaar
JokohamastadionBofbal30 000Klaar
Sagtebal
Fukushima Azuma BofbalstadionBofbal (openingswedstryd)30 000Klaar, opgeknap
Sagtebal (openingswedstryd)
Fuji-snelwegPadfietsry (eindwedrenne, tydtoets)22 000Klaar
Odori Park, SapporoAtletiek (maraton en stap)17 300Klaar
Tsurigasaki Surfing Beach, ChibaBranderplankry6 000Klaar

Sokkerstadions

StadionsLiggingSporteWedstrydeKapasiteitStatus
Internasionale Stadion JokohamaJokohamaBeide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde, vroue-halfeindstryd en mans-eindstryd1070 000Klaar
Tokio-stadionTokioBeide mans en vroue se groepfase449 000Klaar
Saitama-stadionSaitamaBeide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde, mans-halfeindstryd en klein finale om die derde plek1162 000Klaar
Miyagi-stadionSendaiBeide mans en vroue se groepfase en kwarteindstryde1049 000Klaar
Kashima-sokkerstadionKashimaBeide mans en vroue se groepfase, kwarteindstryde en halfeindstryde, vroue se klein finale om die derde plek1040 728Klaar
Sapporo DomeSapporoBeide mans en vroue se groepfase1042 000Klaar
Japannese Nasionale StadionTokioVroue-eindstryd260 012Voltooi

Kalender

Die oorspronklike kalender vir die Olimpiese Somerspele 2020 is met 364 dae uitgestel om te verseker dat al die items op die oorspronklik beplande dag van die week plaasvind, waarvolgens die nuwe kalender van 21 Julie tot 8 Augustus geloop het.[12] Die 2020-kalender is deur die IOK op 18 Julie 2018 – met die uitsondering van swem, sierduik en gesinchroniseerde swem – goedgekeur.

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die aantal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Julie / Augustus21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
Items
SeremoniesOSSS
Atletiek134565887148
Basketbal 3x3 Basketbal24
Basketbal11
Bofbal
Bofbal11
Sagtebal11
Boks21114413
Boogskiet111115
Branderplankry22
Driekamp1113
Fietsry Baan121221322
Bergfietsry11
BMX22
Pad112
Gewigoptel121212121114
Gholf112
Gimnastiek Artistiek111143318
Ritmies11
Trampolien11
Handbal112
Judo2222222115
Kanovaart Slalom111116
Snel444
Karate3328
Klimsport112
Moderne vyfkamp112
Pluimbal11125
Roei264414
Ruitersport112116
Skaatsplankry11114
Seilvaart224210
Sewesrugby112
Skermsport22211111112
Skyfskiet2222212215
Sokker112
Stoei33333318
Taekwondo22228
Tafeltennis111115
Tennis1135
Veldhokkie112
Vlugbal Strandvlugbal114
Vlugbal11
Watersport Gesinchroniseerde swem112
Maratonswem112
Sierduik111111118
Swem4445544535
Waterpolo112
Totaal11182122231721212520261727233413339
Kumulatief1129507295112133154179199225242269292326339
Julie / Augustus21
Wo
22
Do
23
Vr
24
Sa
25
So
26
Ma
27
Di
28
Wo
29
Do
30
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
Items

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar, word die aantal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika het in totaal 1 goue, 2 silwer- en 0 bronsmedaljes gewen:

  • Tatjana Schoenmaker het 'n goue medalje in die 200 m-borsslag vir vroue met 'n nuwe Olimpiese rekord van 2:18.95 sekondes gewen.
  • Tatjana Schoenmaker het silwer in die 100 m-borsslag vir vroue gewen.
  • Bianca Buitendag het silwer in branderplankry vir vroue gewen.

Aantal medaljes

Kaart van medaljes volgens lande:
Goud vertoon lande, wat ten minste een goue medalje gewen het.
Silwer vertoon lande, wat ten minste een silwer medalje gewen het.
Brons vertoon lande, wat ten minste een brons medalje gewen het.
Blou vertoon lande, wat geen medaljes gewen het nie.
Rooi vertoon lande, wat nie aan die Olimpiese Somerspele 2020 deelgeneem het nie.

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Verenigde State (USA)613394133113
2  Volksrepubliek China (CHN)40638321888
3  Japan (JPN)55227141758
4  Verenigde Koninkryk (GBR)37622212265
5 Russiese Olimpiese Komitee (ROC)33320282371
6  Australië (AUS)4771772246
7  Nederland (NED)27810121436
8  Frankryk (FRA)38510121133
9  Duitsland (GER)42510111637
10  Italië (ITA)37210102040
52  Suid-Afrika (RSA)1771203

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.