Fulgencio Batista

Fulgencio Batista y Zaldívar (19011973) was 'n Kubaanse president en diktator. Hy regeer Kuba van 1934 tot 1959, aanvanklik deur marionet-presidente, later deur homself as president te laat verkies en uiteindelik as diktator. Sy regering is deur Fidel Castro en sy guerrillavegters omver gewerp.[4]

Fulgencio Batista
Fulgencio Batista
Fulgencio Batista in 1952

9de en 12de President van Kuba
Ampstermyn
10 Oktober 1940 – 10 Oktober 1944
ViseGustavo Cuervo Rubio
Voorafgegaan deurFederico Laredo Brú
Opgevolg deurRamón Grau
Ampstermyn
10 Maart 1952 – 1 Januarie 1959
Voorafgegaan deurCarlos Prío
Opgevolg deurAnselmo Alliegro y Milá

Persoonlike besonderhede
GeboreRubén Zaldívar
16 Januarie 1901
Banes, Kuba
Sterf6 Augustus 1973
Guadalmina, Spanje[1]
Politieke partyDemokratiese Sosialistiese Koalisie[2] (Verkiesing van 1940)
Verenigde Aksie-party
(1948–1950)[3]
Progressiewe Aksie-party (1950–1959)
Eggenoot/-noteElisa Godínez Gómez de Batista (1926–1946)
Marta Fernández Miranda de Batista (1946–1973)
Kind(ers)8

Militêre Diens
LojaliteitVlag van Kuba Kuba
Diens/TakKubaanse weermag
Jare in diens1921–1940
RangKolonel

Beknopte biografie

Fulgencio Batista y Zaldívar (Spaans: [fulˈxensjo βaˈtista i salˈdiβar]) is op 16 Januarie 1901 in Banes, Kuba gebore. Volgens Spaanse gebruik is sy eerste familienaam Batista (van sy vader) en sy tweede familienaam Zaldívar (van sy moeder).

Batista was die militêre leier van Kuba van 1933 tot 1940. In 1933 neem hy aan die "Opstand van die geregsdienaars" deel wat die bewind van Gerardo Machado omver werp. Hy stel homself as die leier van die weermag aan en ken aan homself die rang van kolonel toe. Hy behou beheer van die land tot in 1940 deur 'n reeks marionet-presidente aan te stel.

In 1940 wen hy die verkiesing en dien as die land se verkose president vanaf 1940 tot 1944.

In 1952 voer hy 'n staatsgreep uit (voor die volgende verkiesing gehou kon word) en dien as die land se leier vanaf 1952 tot 1959. 'n Skyn-verkiesing word in 1954 georganiseer om sy kritici te paai, maar dit verloop sonder enige opposisie. In 1959 is sy bewind deur die Kubaanse Revolusie van Fidel Castro en sy guerrilla-beweging omver gewerp.

Batista is op 6 Augustus 1973 in Guadalmina, Spanje aan 'n hartaanval oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels