Kweekhuisgas

Kweekhuisgasse is gasse in die Aarde se atmosfeer wat radiasie in die termiese infrarooi band absorbeer en uitstraal. Hierdie proses is die fundamentele oorsaak van die kweekhuiseffek.[1] Die vernaamste kweekhuisgasse in die Aarde se atmosfeer is waterdamp, koolstofdioksied, metaan, laggas en osoon. In die sonnestelsel bevat die atmosfere van Venus, Mars en Titaan ook gasse wat die kweekhuiseffek veroorsaak. Kweekhuisgasse het 'n geweldige invloed op die temperatuur van die Aarde se atmosfeer; sonder hierdie gasse sal die Aarde se oppervlakte gemiddeld 33°C kouer wees.[2][3][4][5]

Gemiddelde metaankonsentrasie in die troposfeer 2006–2009

Die verbranding van fossielbrandstowwe sedert die begin van die Industriële Revolusie het die vlakke van koolstofdioksied in die atmosfeer beduidend laat toeneem.[6]

Bronne

Eksterne skakels