Oganesson

118tennessienoganessonununennium
Rn

Og

(Uho)
Algemeen
Naam, simbool, getaloganesson, Og, 118
Chemiese reeksedelgasse
Groep, periode, blok18, 7, p
Voorkomsonbekend, waarskynlik kleurloos
Atoommassavoorspel, (314) g/mol
Elektronkonfigurasiemoontlik [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p6
(geraai op grond van radon)
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 32, 18, 8
Toestandvermoedelik 'n gas
CAS-registernommer54144-19-3
Portaal Chemie

Oganesson (met die elementsimbool Og) is die naam vir die superswaarelement met die atoomgetal 118, tans die hoogste atoomgetal toegeken aan 'n element (kyk elemente wat in die 21ste eeu ontdek is). Dit het die tydelike IUPAC-naam "ununoctium" en elementsimbool "Uuo" gehad totdat dit op 28 November 2016 sy nuwe naam gekry het.[1][2] Dit is genoem na die fisikus Yuri Oganessian, wat 'n belangrike rol gespeel het in die ontdekking van die swaarste elemente op die periodieke tabel.

Oganesson deel waarskynlik eienskappe met ander elemente in sy groep, die edelgasse, en kom waarskynlik ooreen met radon in terme van chemiese eienskappe. Sommige navorsers verwys daarom daarna as eka-radon. Dit is waarskynlik die tweede radioaktiewe gasagtige element en die eerste standaard halfgeleidende gas.

As kernonstabilitiet vanweë radioaktiwiteit weggelaat word, verwag wetenskaplikes oganesson is chemies baie meer reaktief as xenon of radon. Dit sou waarskynlik stabiele oksiede (OgO3, etc.) sowel as chloriede en fluoriede vorm.

Geskiedenis

In 1999 het navorsers by die Lawrence Berkeley Nasionale Laboratorium die ontdekking van elemente 116 (Livermorium) en 118 in Physical Review Letters aangekondig.[3]

Die navorsers het beweer hulle het die reaksie uitgevoer:

Die jaar daarna het hulle die bewering teruggetrek nadat ander navorsers nie hulle resultate kon herhaal nie.[4]In Junie 2002 het die direkteur van die laboratorium aangekondig die aanvanklike bewering omtrent die ontdekking van die twee elemente was gegrond op data wat deur die hoofouteur, Victor Ninov, versin is.

Die Amerikaanse groep wou die element ghiorsium noem na Albert Ghiorso voordat hulle die bewering moes terugtrek.

Op 10 Oktober 2006 kondig navorsers by die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna, Rusland, in Physical Review C aan hulle het ununoctium-294 vervaardig deur die botsing van kalifornium-249-atome en kalsium-48-ione indirek waar te neem:[5][6]

Die navorsingspan het bestaan uit werknemers van die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing en die Lawrence Livermore Nasionale Laboratorium in Kalifornië, VSA. Die vervalprodukte van drie atome van oganesson, nie die atome self nie, is in Doebna waargeneem. 'n Halfleeftyd van 0,89 ms is waargeneem: 294Og verval na 290Fl deur alfaverval. 290Og is baie onstabiel en verval binne 'n breukdeel van 'n sekonde na 286Fl, wat ook spontane splyting kan ondergaan of kan alfaverval na 282Cn, wat spontane splyting sal ondergaan.[7]

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend