Nihonium

113coperniciumnihoniumflerovium
Tl

Nh

(Uhs)
Algemeen
Naam, simbool, getalnihonium, Nh, 113
Chemiese reeksonbekend; moontlik ’n
hoofgroepmetaal
Groep, periode, blok13, 7, p
Atoommassa(286) g/mol
Elektronkonfigurasievoorspel;[1] [Rn] 5f14 6d10 7s2 7p1
Elektrone per skilvoorspel; 2, 8, 18, 32, 32, 18, 3
CAS-registernommer54084-70-7
Fisiese eienskappe
Toestandvoorspel;[1][2] vastestof
Digtheid (naby k.t.)voorspel; 16 g/cm³
Smeltpunt700 K
(430 °C)
Kookpunt1 430 K
(1 130 °C)
Smeltingswarmteafgelei; 7,61 kJ/mol
Verdampingswarmtevoorspel; 130 kJ/mol
Atoomeienskappe
Oksidasietoestandevoorspel;[1][3] −1, 1, 3, 5
Ionisasie-energieë1ste: 704,9 kJ/mol
2de: 2 238,5 kJ/mol
3de: 3 203,3 kJ/mol
Geskiedenis
OntdekAugustus 2003
Ontdek deurRiken-navorsingsinstituut, Japan
Gesamentlike Instituut vir
Kernnavorsing, Doebna, Rusland
(eerste aangekondig)
Genoem naJapan (Nihon in Japannees)
Datum van naamNovember 2016
Vorige naamununtrium (Uut)
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van nihonium
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
286Nhsin8 sα9,63282Rg
285Nhsin4 sα9,74; 9,48281Rg
284Nhsin1 sα10,00280Rg
EV-284Cn
283Nhsin0,1 sα10,12279Rg
282Nhsin70 msα10,63278Rg
278Nhsin1,4 msα11,68274Rg
Portaal Chemie

Nihonium is ’n sintetiese, uiters radioaktiewe element met die simbool Nh en atoomgetal 113. Die stabielste bekende isotoop, nihonium-286, het ’n halfleeftyd van 20 sekondes.

Nihonium is eers in 2003 deur die Gesamentlike Instituut vir Kernnavorsing in Doebna, Rusland, ontdek en in 2004 deur ’n span Japannese wetenskaplikes by Riken, ’n groot navorsingsinstituut in Japan. In Desember 2015 het die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Chemie (IUSTC) en die Internasionale Unie van Suiwer en Toegepaste Fisika (IUSTF) die element erken en die prioriteit van die ontdekking aan Riken toegeken.[4]

In November 2016 is aangekondig die voorlopige naam van die element, ununtrium (Uut), word in nihonium (Nh) verander,[5] na aanleiding van die algemene Japannese naam Nihon vir Japan.[6][7]

Op die periodieke tabel lê nihonium in die p-blok (die hoofgroepelemente), in die 7de periode (die boorgroep), hoewel nog nie bevestig is dat dit soos die swaarder homoloog van tallium in dié groep optree nie. Daar word bereken dat dit van dieselfde eienskappe het as sy ligter homoloë, boor, aluminium, gallium, indium en tallium, en soos ’n hoofgroepmetaal optree, hoewel dit ook groot verskille sal toon van die ander elemente in die groep. Anders as al die ander elemente in die p-blok, sal dit miskien sy d-elektrone in verbindings betrek, hoewel dié voorspelling betwis word.

Verwysings

Eksterne skakels

HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend