Amerikium

95plutoniumamericiumcurium
Eu

Am

(Uqp)
Algemeen
Naam, simbool, getalamericium, Am, 95
Chemiese reeksactinides
Groep, Periode, Bloknvt, 7, f
Voorkomssilwerig wit
Atoommassa(243) g/mol
Elektronkonfigurasie[Rn] 5f7 7s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 25, 8, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)12 g/cm³
Smeltpunt1449 K
(1176 °C)
Kookpunt2880 K
(2607 °C)
Smeltingswarmte14,39 kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 62.7 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teen T/K12391356    
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurheksagonaal
Oksidasietoestande6, 5, 4, 3
(amphoteric oxide)
Elektronegatiwiteit1.3 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 578 kJ/mol
Atoomradius175 pm
Diverse
Magnetiese rangskikkingno data
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 10 W/(m·K)
CAS-registernommer7440-35-9
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van amerikium
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
241Amsin432,2 ySF--
α5,638237Np
242mAmsin141 yIT0,049-
α5,637238Np
SF--
243Amsyn7370 ySF--
α5,438239Np
Portaal Chemie

Amerikium (IFA: /ˌaməˈrɪkiəm/) of Amerisium, is 'n sintetiese element in die periodieke tabel met die simbool Am en atoomgetal 95. 'n Radioaktiewe metaal element, americium is 'n aktinied wat verkry word deur plutonium met neutrone te bombardeer en is die vierde transuraan wat ontdek is. Dit is na die Amerikas genoem na aanleiding van die vernoeming van europium na Europa.

Merkbare eienskappe

Suiwer amerikium het 'n wit en silwerige glinstering, maar teen kamertemperatuur verdof dit stadig in droë lug. Dit is meer silwerig as plutonium en neptunium en skynbaar meer smeebaar as neptunium of uraan. Alfauitstraling van 241Am is ongeveer drie keer soveel as die van radium. Gram hoeveelhede van 241Am stel intense gammastrale vry wat ernstige blootstellingsprobleme skep vir enige iemand wat die element hanteer.

Amerikium is ook splytbaar; die kritieke massa vir 'n sfeer van 241Am is ongeveer 60 kilogram. Dit is onwaarskynlik dat Amerikium as wapenmateriaal gebruik sal word, aangesien die kritieke massa daarvan heelwat groter is as dié van die makliker bekombare plutonium of uraanisotope.[1]

Toepassings

Hierdie element kan in kilogramhoeveelhede vervaardig word en het 'n paar gebruike (meestal 241Am aangesien dit makliker is om betreklik suiwer monsters van die isotoop te vervaardig). Amerikium word in huise en kantore aangetref waar sekere tipes rookspeurders 'n baie klein hoeveelheid (omtrent 0,2 mikrogram) van 241Am as 'n bron van ioniseringstraling het. 241Am word gebruik as 'n draagbare gammastraalbron vir gebruik in radiografie. Die element word ook gebruik om die dikte van glas te bepaal wanneer plaatglas vervaardig word. 242Am is a neutronuitstraler en word gebruik in neutronradiografie. Die isitoop is egter baie duur om in bruikbare hoeveelhede te vervaardig.

Geskiedenis

Amerikium is laat in 1944 deur Glenn T. Seaborg, Leon O. Morgan, Ralph A. James, en Albert Ghiorso by die oorlogstydse Metallurgiese Laboratorium van die Universiteit van Chicago (nou bekend as die Argonne National Laboratory) vir die eerste keer gesintetiseer. Die span het die isotoop 241Am geskep deur 239Pu in 'n kernreaktor aan opeenvolgende neutronvangreaksies te onderwerp. Dit het 240Pu en toe 241Pu geskep wat weer na 241Am verval het deur betaverval. Seaborg is patent 3 156 523 vir "Element 95 and Method of Producing Said Element" toegeken. Die ontdekking van amerikium en curium is vir die eerste keer in 1945 informeel op 'n kindervasvrae program aangekondig. [1]

Isotope

18 radioisotope van amerikium is gekarakteriseer waarvan die stabielste 243Am met 'n halfleeftyd van 7370 jaar is en 241Am met 'n halflewe van 432,2 jaar. Die res van die radioaktiewe isotope het halflewes van minder as 51 ure, en die meeste hiervan het halflewes van minder as 100 minute. Die element het ook agt metastate, waarvan die stabielste 242mAm (t½ 141 jaar) is. Die isotope van amerikium wissel in atoommassa van 231,046 ame (231Am) tot 249.078 ame (249Am).

Chemie

In waterige stelsels is die mees algemene oksidasietoestand +3, dit is baie moeiliker om Am(III) na Am(IV) te oksideer as wat dit is om dieselfde oksidasie vir Pu(III) te doen.

Tans is die oplossing-ontrekkingschemie van amerikium belangrik aangesien wetenskaplikes in verskeie dele van die wêreld daaraan werk om die mediumtermyn radiotoksisiteit van die afvalprodukte van die herprosessering van gebruikte kernbrandstof te verminder.

Anders as uraan vorm amerikium nie geredelik 'n dioksied amerisiel kern (AmO2)[2] nie, omdat dit baie moeilik is om amerikium bo die +3 oksidasietoestand te oksideer as dit in 'n waterige oplossing is. In die natuur kan die amerisiel kern kombineer met karbonaat sowel as ander suurstof moieties (OH-, NO2-, NO3-, en SO4-2) om gelaaide komplekse te vorm wat geneig is om geredelik mobiel te wees met lae affiniteit aan grond.

  • AmO2(OH)+1
  • AmO2(OH)2+2
  • AmO2(CO3)1+1
  • AmO2(CO3)2-1
  • AmO2(CO3)3-3

Bronnelys

Verwysings

Eksterne skakels

HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend