Kwik

80goudkwiktallium
Cd

Hg

Cn
Algemeen
Naam, simbool, getalkwik, Hg, 80
Chemiese reeksoorgangsmetale
Groep, periode, blok12, 6, d
Voorkomssilwerig
Atoommassa200.59 (2) g/mol
Elektronkonfigurasie[Xe] 4f14 5d10 6s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 18, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvloeistof
Digtheid (naby k.t.)(vloeistof) 13,534 g/cm³
Smeltpunt234,32 K
(-38,83 °C)
Kookpunt629,88 K
(356,73 °C)
Smeltingswarmte2,29 kJ/mol
Verdampingswarmte59,11 kJ/mol
Warmtekapasiteit(25 °C) 27,983 J/(mol·K)
Dampdruk
P/Pa1101001 k10 k100 k
teen T/K315350393449523629
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurrombohidraal
Oksidasietoestande2, 1 (matige basiese oksied)
Elektronegatiwiteit2,00 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 1007,1 kJ/mol
2de: 1810 kJ/mol
Atoomradius150 pm
Atoomradius (ber.)171 pm
Kovalente radius149 pm
Van der Waals-radius155 pm
Diverse
Magnetiese rangskikkingdiamagneties
Elektriese resistiwiteit(20 °C) (teen 25°) 961 nΩ·m
Termiese geleidingsvermoë(300 K) 8,30 W/(m·K)
Termiese uitsetting(25 °C) 60,4 µm/(m·K)
Spoed van klank (dun staaf)(20 °C) (vloeistof) 1451,4 m/s
Young se modulusgeen data GPa
Skuifmodulusgeen data GPa
Massamodulusgeen data GPa
Poissonverhoudinggeen data
Mohs se hardheidgeen data
Vickers hardheidgeen data MPa
Brinell hardheidgeen data MPa
CAS-registernommer7439-97-6
Vernaamste isotope
Isotope van Kwik
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
194Hgsin444 je0,040194Au
195Hgsin9,9 he1.510195Au
196Hg0,15%Hg is stabiel met 116 neutrone
197Hgsin64,14 he0,600197Au
198Hg9,97%Hg is stabiel met 118 neutrone
199Hg16,87%Hg is stabiel met 119 neutrone
200Hg23,1%Hg is stabiel met 120 neutrone
201Hg13,18%Hg is stabiel met 121 neutrone
202Hg29,86%Hg is stabiel met 122 neutrone
203Hgsin46,612 dß-0.492203Tl
204Hg6,87%Hg is stabiel met 124 neutrone
Portaal Chemie

Kwik, ook genoem kwiksilwer, is 'n chemiese element in die periodieke tabel met die simbool Hg (van die latynse hidragirum wat waterige of vloeibare silwer beteken) en atoomgetal 80. Kwik is 'n swaar, silwerige d-blok metaal en een van ses elemente (die ander is broom, frankium, gallium, rubidium en sesium) wat 'n vloeistof by of naby kamertemperatuur en druk is.[1][2]

Voorkoms

Dit word hoofsaaklik verkry van die setting van sinnaber, 'n helderrooi mineraal, ook bekend as vermiljoen (HgS). Dit word hoofsaaklik in rotse in streke van vulkaniese aktiwiteit aangetref. In sommige vulkaniese gebiede vind die afsetting van sinnaber in warmwaterbronne vandag nog plaas. Die kwikafsetting by Monte Amiata in Toskane, Italië is 'n voorbeeld van een van die rykste bronne van kwik ter wêrerld.

Toksisiteit

Dit is uiters giftig wanneer die stof ingeasem word,[3] en kwikvergiftiging kan ook die gevolg wees van blootstelling aan oplosbare vorme (soos kwikchloried of metielkwik), die inaseming van kwikdampe of die eet van vis wat uit kwikbesmette water kom. Die geheue word aangetas deur die kwikdampe wat ingeasem word.

Eienskappe

Kwik is die enigste metaal wat 'n vloeistof by standaard temperatuur en druk is, met 'n smeltpunt van -38,83 °C en 'n kookpunt van 356,73 °C . Kwik los baie metale op (natrium, kalium, tin, koper, goud, silwer, ens.) om vloeibare allooie te vorm wat amalgame genoem word. Aangesien dit nie met yster amalgameer nie, word kwik in ysterhouers geberg.

Chemiese eienskappe

Kwik is in sy verbindings in twee oksidasietoestande bekend: 1+ en 2+

Dit reageer by langdurige verhitting in lug met suurstof en vorm oranjerooi kwik(II)oksied HgO

Verhitting van die oksied bo 400°C doen dit weer ontleed.

Die kwikdampe kan weer gekondenseer word deur afkoeling. Hierdie reaksies het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die chemie as wetenskap gespeel. Lavoisier het dit reeds in die 18de eeu gebruik om die samestelling van die atmosfeer en die chemie van verbrandingsreaksie te verduidelik.[4] Hy het die gevormde rooi poeier noukeurig versamel en geweeg. Na die onledingreaksie het hy ook die gevormde kwik geweeg en gewys dat dit ligter is. Dit was die begin van die ontwikkeling van die begrip van stoigiometrie wat chemie tot 'n regtige, kwantitatiewe wetenskap gemaak het.

Kwikoksied kan nogtans makliker verkry word deur 'n kwiksout, soos die sulfaat of die nitraat te gebruik.

Kwik reageer met salpetersuur onder vorming van NO2-gas. Oormaat gekonsentreerde salpetersuur vorm kwik(II)nitraat (Hg(NO3)2). Met 'n ondermaat verdunde suur word die kwik(I)nitraat (Hg2(NO3)2) verkry wat minder oplosbaar is en met basisse neerslae van geel nitraathihroksied gee. Die nitrate is gewoonlik die uitgangsmateriaal om ander kwiksoute te verkry.

Aanwending

Kwik word gebruik in termometers, barometers, manometers, sfigmomanometers, vlotterkleppe en wetenskaplike apparaat, dog het kommer oor die giftigheid van die element daartoe gelei het dat kwiktermometers en kwiksfigmomanometers in kliniese omgewings uitgefasseer word ten gunste van alkoholgevulde, digitale of termistorgebaseerde instrumente. Dit bly in gebruik in verskeie ander wetenskaplike navorsingstoepassings asook in amalgaammengsels wat gebruik word in tandheelkunde.

Dit word ook in beligting gebruik: elektrisiteit wat deur kwikdampe gelei word binne 'n fosforbuis maak kortgolf ultra-violet lig wat dan veroorsaak dat die fosfor fluoresseer wat sigbare lig skep.

Verwysings

Eksterne skakels


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend