Terbium

65gadoliniumterbiumdisprosium
-

Tb

Bk
Algemeen
Naam, simbool, getalterbium, Tb, 65
Chemiese reekslantaniede
Groep, periode, blok3, 6, f
Atoommassa158.92535 (1) g/mol
Elektronkonfigurasie[Xe] 4f85d16s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 26, 9, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Kristalstruktuurheksagonaal digspakking
Strukturbericht-kodeA3
Oksidasietoestande3,
(matige basiese oksied)

Terbium is 'n chemiese element met die simbool Tb.

Terbium is een van die lantaniede. Dit kan uit die mineraal monasiet verkry word waarvan dit 0.03% uitmaak. Ioonuitwisseling het die skeiding van hierdie element van die ander lantaniede moontlik gemaak en 'n reduksie van die anhidriese chloried of fluoriet met kalsiummetaal kan gebruik word om terbiummetaal te vervaardig.

Dit is 'n silwergrys metaal wat in twee modifikasies voorkom. Die oorgangstemperatuur is 1 289 °C. Die metaal is in lug taamlik stabiel. Dit is smeebaar en kan met 'n mes gesny word. Die oksied is donkermaroen of sjokolade van kleur. Die element het 21 isotope met massa's tussen 145 en 165 au.[1]

Chemiese eienskappe

Terbium onderskei hom van ander lantanoïede omrede van sy vermoë om vierwaardige verbindings te vorm. Dit hang saam met die feit dat die elektronkonfigurasie van 'n neutrale terbiumatoom in sy grondtoestand [Xe]6s25d24f8 is. Gewoonlik vorm Ln-metale met fluoor driewaardige fluoriede LnF3 omdat hulle die s- d-elektrone verloor maar nie hulle f-elektrone nie. Terbium reageer teen kamertemperatuur verder en verloor een f-elektron:[2]

DieTb4+-ioon het die konfigurasie [Xe]6s25d24f7. Soos gadolinium Gd3+ is die f-skil vir die helfte gevul en dit stabiliseer hierdie konfigurasie. Terbium is nie heeltemal uniek nie. Serium kan ook CeF4 en doen dit reeds teen kamertemperatuur.

Verwysings

Eksterne skakels


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend