Berkelium

97curiumBerkeliumkalifornium
Tb

Bk

Upu
Algemeen
Naam, simbool, getalBerkelium, Bk, 97
Chemiese reeksAktiniede
Groep, periode, blokn/b, 7, f
VoorkomsSilwer
Atoommassa247 g/mol
Elektronkonfigurasie[Rn] 5f9 7s2
Elektrone per skil2, 8, 18, 32, 27, 8, 2
Fisiese eienskappe
Toestandvastestof
Digtheid (naby k.t.)alfa: 14,78
beta: 13,25 g/cm³
Smeltpuntbeta: 1259 K
(986 °C)
Kookpuntbeta: 2900 K
(2627 °C)
Smeltingswarmte7,92 kJ/mol
VerdampingswarmtekJ/mol
Atoomeienskappe
Kristalstruktuurdubbel seskantige diggepakte
Oksidasietoestande2, 3, 4
Elektronegatiwiteit1,3 (Skaal van Pauling)
Ionisasie-energieë1ste: 1 kJ/mol
2de: 601 kJ/mol
3de: kJ/mol
Kovalente radius170 pm
Diverse
Magnetiese rangskikkingparamagneties
Elektriese resistiwiteit(20 °C) Ω·m
Termiese geleidingsvermoë(300 K) W/(m·K)
CAS-registernommer7440-40-6
Geskiedenis
Genoem naBerkeley, Kalifornië, waar dit ontdek is
Ontdek deurLawrence Berkeley National Laboratory
Ontdek1949
Vernaamste isotope
Hoofartikel: Isotope van berkelium
isoNVhalfleeftydVMVE (MeV)VP
245Bksin4,94 dε0,810245Cm
246Bksin1,8 dα6,070242Am
247Bksin1380 jα5,889243Am
248Bksin>300 j[1]α5,803244Am
249Bksin330 dα5,526245Am
Portaal Chemie

Berkelium is 'n chemiese element met die simbool Bk en atoomgetal 97. Dit is 'n grys of silwerwit aktinied.

Ontdekking

Berkelium is vir die eerste keer gesintetiseer in 1949 deur Glenn Seaborg, Albert Ghiorso, Stanley Thompson en Kenneth Street aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Hiermee het hulle 'n siklotron gebruik om Amerikium-241 te bombardeer met neutrone. Die naam berkelium is afgelei van die naam van die universiteit waar die element vir die eerste keer gesintetiseer is.

Toepassings

Die radioaktiewe berkelium word slegs in baie klein hoeveelhede geproduseer vir wetenskaplike navorsing. Daar is nog geen vername industriële toepassings nie.

Eienskappe

Hoewel berkelium nog nooit geïsoleer is nie, is daar al genoeg materiaal geproduseer om navorsing te kan doen na enkele eienskappe. Met redelike sekerheid kan gesê word dat dit 'n metaal is wat redelik maklik oksideer in lug en oplos in verdunde minerale sure. Röntgendiffraksietegnieke het bygedra tot die identifisering van enkele berkeliumverbindinge soos oksiede, fluoried en oksichloride. In die biologie speel berkelium geen bekende rol nie.

Verskyning

In die natuur kom berkelium op aarde nie voor nie. Dit word op kunsmatige wyse geproduseer.

Isotope

Stabielste isotope
IsoRA (%)HalfleeftydVVVE (MeV)VP
247Bksin1380 jα5,889243Am
248Bksin9 jα5,803244Am
249Bksin320 dα8,700245Am

Daar is 19 radio-isotope bekend, waarvan 247Bk met 'n halfleeftyd van 1380 jaar die mees stabiel is. 248Bk en 249Bk het 'n halfleeftyd van onderskeidelik 9 jaar en 320 dae. Die oorblywende isotope het halfleeftye van minder as 5 dae.

Toksikologie en veiligheid

Oor die toksikologie van berkelium is baie min bekend.

Verwysings

Eksterne skakels


HHe
LiBeBCNOFNe
NaMgAlSiPSClAr
KCaScTiVCrMnFeCoNiCuZnGaGeAsSeBrKr
RbSrYZrNbMoTcRuRhPdAgCdInSnSbTeIXe
CsBaLaCePrNdPmSmEuGdTbDyHoErTmYbLuHfTaWReOsIrPtAuHgTlPbBiPoAtRn
FrRaAcThPaUNpPuAmCmBkCfEsFmMdNoLrRfDbSgBhHsMtDsRgCnNhFlMcLvTsOg
AlkalimetaleAardalkalimetaleLantaniedeAktiniedeOorgangsmetaleHoofgroepmetaleMetalloïdeNiemetaleHalogeneEdelgasseChemie onbekend