Tamils

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Tamil.

Die Tamils (Tamil: தமிழர், tamiẓar (enkelvoud) [t̪ɐmɪɻɐɾ], of Tamil: தமிழர்கள், tamiẓarkaḷ (meervoud) [t̪ɐmɪɻɐɾxɐɭ]) is 'n Drawidiese etniese groep inheems aan Suid-Indië en Sri Lanka wat Tamil as moedertaal praat. Hulle vorm die grootste bevolkingsgroep in die Indiese deelstaat van Tamil Nadu en die uniegebied van Puducherry asook van die noordelike en oostelike provinsies van Sri Lanka.[13] Tamils is die grootste etniese groep ter wêreld sonder 'n eie onafhanklike land.[14][15] Tamils vorm byna 25% van Sri Lanka (die ander 75% is Singalese in die suidelike en westelike provinsies), 5,9% van Indië, 5,8% van Mauritius, 5,7% van Maleisië en 5% van Singapoer se bevolking.

Tamils







Totale bevolking:ca. 75 miljoen[1]
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Indië Indië ~61 miljoen[2]

Vlag van Maleisië Maleisië ~4 miljoen[3]
Vlag van Sri Lanka Sri Lanka ~3 miljoen[4]
Flag of Europe Europa ~700 000
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk ~300 000[5]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State ~300 000[5]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika ~250 000[5]
Vlag van Kanada Kanada ~200 000[6]
Vlag van Singapoer Singapoer 688 591[7]
Vlag van Frankryk Frankryk ~125 000[8]
Vlag van Réunion Réunion ~120 000[5]
Vlag van Fidji Fidji ~80 000[5]
Vlag van Mauritius Mauritius 72 089[9]
Vlag van Duitsland Duitsland ~50 000[5]
Vlag van Indonesië Indonesië ~40 000[10]
Vlag van Switserland Switserland ~40 000[5]
Vlag van Australië Australië ~30 000[5]
Vlag van Italië Italië ~25 000[5]
Vlag van Nederland Nederland ~20 000[5]
Vlag van Noorweë Noorweë ~12 000[5]
Vlag van Thailand Thailand ~10 000[5]

Taal:Tamil
Geloofsoortuiging:Oorwegend: Hindoeïsme
Minderhede: IslamChristendomDjainismeBoeddhisme
Verwante etniese groepe:Drawide • Telugus • Kannadigas • Tuluvas • Malayalis • Indo-Ariërs • Giraavarus[11]Singalese[12]
Verspreiding van Tamils in Suid-Indië en Sri Lanka

Wêreldwyd leef sowat 75 miljoen Tamils, waarvan omtrent 61 miljoen in Indië, byna 4 miljoen in Maleisië en meer as 3 miljoen in Sri Lanka. In Suid-Afrika leef sowat 250 000 Tamils, veral in die provinsie van KwaZulu-Natal. Hulle behoort tot die Indiese Suid-Afrikaners.

Verwysings

Eksterne skakels