Gaan na inhoud

iOS

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
iOS
Kort opsomming van die logo.
OntwikkelaarApple Inc.
Aanvanklike vrystelling29 Junie 2007
Nuutste weergawe13.6 (17G68)/ 15 Julie 2020
Nuutste betaweergawe14.0 Beta 2 (18A5319i)/ 7 Julie 2020
ProgrammeertaalC, C++, Objective-C, Swift
PlatformARMv8-A (iOS 7 en latere)
ARMv7-A (iPhone OS 3–iOS 10)
ARMv6 (iPhone OS 1–iOS 4.2.1)
Beskikbaar inVeeltalig (40 tale)
LisensieProprietêre sagteware
Webbladwww.apple.com/ios/

iOS (oorspronklik iPhone OS genoem) is 'n mobiele bedryfstelsel wat deur Apple Inc. eksklusief vir sy eie hardeware ontwikkel is. Tans word die meeste van Apple se mobiele toestelle deur hierdie bedryfstelsel aangedryf, insluitende die iPhone, iPad en iPod Touch. Dit is tans die tweede gewildste mobiele bedryfstelsel wêreldwyd na Android.

iOS is oorspronklik in 2007 bekend gestel as die bedryfstelsel vir Apple se slimfoon iPhone, maar later ook gebruik om ander Apple-toestelle aan te dryf soos die musiekspeler iPod Touch (vanaf September 2007) en die tabletrekenaar iPad (vanaf Januarie 2010).[1] In Maart 2018 was daar meer as 2,1 miljoen iOS-toepassings in Apple se toepassingswinkel beskikbaar, waarvan sowat een miljoen vir gebruik op die iPad bestem is.

iOS is 'n derivaat van Apple se macOS-bedryfstelsel vir tafel- en skootrekenaars en baseer op Apple se oopbron-bedryfstelsel Darwin wat op sy beurt op basis van NeXTStep (vanaf 1986) ontwikkel is - 'n BSD-Unix-bedryfstelsel met 'n Mach-kern en 'n destyds innovatiewe grafiese gebruikerskoppelvlak.

Met die vrystelling van die nuwe bedryfstelsel iPadOS as 'n aangepaste weergawe van iOS vir gebruik op iPad-tabletrekenaars op 24 September 2019 bly iOS beperk tot iPhone-slimfone en iPod touch-toestelle.

Verwysings

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladPornhubMediese diagnoseAardverwarmingSpesiaal:Onlangse wysigingsTrappe van vergelykingAntoniemSuid-AfrikaApartheidNazi-DuitslandTropiese sikloonCarles PuigdemontErfenisdag (Suid-Afrika)AardbewingGeweldVergelykings (taalkunde)Intensiewe vormGetalMieliestronkDroogteNelson MandelaErfenisAfkortingBoelierySwangerskapNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLionel PetersonMenseregteVoornaamwoordHolocaustBynierWaarheid-en-versoeningskommissieSelfstandige naamwoordMarie AntoinetteByvoeglike naamwoordWikipediaRobbeneilandWikipedia:Gebruikersportaal