Android

Android [ˈændɹɔɪd] is 'n oopbron-bedryfstelsel en sagteware-platform vir mobiele toestelle soos slimfone, selfone, mediaspelers, netboeke en tabletrekenaars wat deur die Open Handset Alliance ontwikkel word, 'n konsortium van 84 ondernemings uit die inligtingstegnologie- en telekommunikasiebedryf wat belangstelling het in die bevordering van oop standaarde vir mobiele toestelle en wat deur die Amerikaanse maatskappy Google in die lewe geroep is.[7][8] Android is die geesteskind van Andy Rubin, eienaar van die IT-maatskappy Android Inc wat in 2005 deur Google uitgekoop is.

Android
Be together. Not the same.
Android 12

OntwikkelaarGoogle
Open Handset Alliance
Aanvanklike vrystelling23 September 2008[1]
Nuutste weergawe11/ 8 September 2020
Nuutste betaweergaweAndroid 11 Beta 3[2]/ 6 Augustus 2020
ProgrammeertaalC (core), C++, Java (UI)[3]
Platform32-bit en 64-bit ARM, MIPS,[4] x86,[5] x86-64
Beskikbaar inVeeltalig (100+ tale, insluitende Afrikaans)
LisensieApache License 2.0
gemodifiseerde Linux kernel onder GNU GPL v2[6]
Webbladwww.android.com

Die Android-bedryfstelsel is gebaseer op Linux en dit word vrygestel onder die Apache-lisensie. Die vervaardigers van selfone wat van Android gebruik maak, is onder andere Motorola, HTC, Huawei, Samsung en LG.

Android was tot kort voor die openbare bekendstelling op 5 November 2007 bekend as die gPhone. Dié bekendstelling het gepaard gegaan met die stigting van die Open Handset Alliance.

Verwysings

Eksterne skakels

Wiki-webtuistes

Amptelike Android-webtuiste (bedryfstelsel & toestelle)