Gaan na inhoud

Stadium Municipal (Toulouse)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Stadium Municipal
BynaamPetit Wembley
LiggingToulouse, Frankryk
Koördinate43°35′0″N 1°26′3″O / 43.58333°N 1.43417°O / 43.58333; 1.43417 1°26′3″O / 43.58333°N 1.43417°O / 43.58333; 1.43417
EienaarStad Toulouse
Kapasiteit33 150
OppervlakGras
Konstruksie
Gebou1937
Geopen1938
Renovasie1949, 1997, 2003, 2005, 2007, 2013–2016
Boukoste41,5 miljoen € (2013–2016)
ArgitekJean Montariol (1938)
Cardete Huet Architectes Atelier Ferret (2013–2016)
Huurders
FC Toulouse (Sokker)
Stade Toulousain (Rugby)

Die Stadium Municipal (letterlik "Stedelike Stadion") is die grootste stadion in die Suid-Franse stad Toulouse. Die stadion is 'n suiwer rugby- en sokkerveld en beskik oor geen bykomende atletiekbaan nie. Die Stadium Municipal dien as die tuisveld van die plaaslike sokkerspan FC Toulouse, maar word ook vir rugbywedstryde van die plaaslike span Stade Toulousain in die H-beker (Europa-beker) of Top 14 (Eerste professionele liga) gebruik. Toetswedstryde van Frankryk se nasionale rugbyspan is ook hier gespeel. Die stadion lê op die Ramiereiland in die Garonnerivier.

Geskiedeniswysig bron

Lugbeeld van die Stadium Municipal

Die stadion is in 1937 ingewy, en in die volgende jaar het hier wedstryde van die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938 plaasgevind. Die stadion is in 1949 herstel en in 1997 ook vergroot tot 36 500 sitplekke met die oog op die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998 en die Rugbywêreldbeker 1999.

Die stadion is sedertdien gereeld van nuwe geriewe voorsien en was die tweede in Frankryk na die Stade de France wat in die somer van 2005 groot digitale advertensieskerms gekry het. Sy twee digitale skerms is deur groter eenhede vervang, terwyl daar ook 'n restaurant en 'n bodega geopen is. Die Stadium Municipal is ook vir die Rugbywêreldbeker 2007, die Europese Sokkerkampioenskap 2016 en die Rugbywêreldbeker 2023 gebruik.

Wedstrydewysig bron

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938wysig bron

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
5 Junie 193817:00Vlag van Kuba Kuba3–3 (e.t.)Vlag van Roemenië RoemeniëEerste rondte7 000
9 Junie 193818:00Vlag van Kuba Kuba2–1Vlag van Roemenië RoemeniëHerhaling8 000

FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998wysig bron

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
11 Junie 199821:00Vlag van Kameroen Kameroen1–1Vlag van Oostenryk OostenrykGroep B33 500
14 Junie 199814:30Vlag van Argentinië Argentinië1–0Vlag van Japan JapanGroep H33 500
18 Junie 199817:30Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika1–1Vlag van Denemarke DenemarkeGroep C33 500
22 Junie 199821:00Vlag van Roemenië Roemenië2–1Vlag van Engeland EngelandGroep G33 500
24 Junie 199821:00Vlag van Nigerië Nigerië1–3Vlag van Paraguay ParaguayGroep D33 500
29 Junie 199821:00Vlag van Nederland Nederland2–1Vlag van Joego-Slawië Joego-SlawiëAgtste eindrondte33 500

Rugbywêreldbeker 1999wysig bron

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
14 Oktober 199920:30Vlag van Kanada Kanada72–11Vlag van Namibië NamibiëGroep C28 000
16 Oktober 199914:00Vlag van Frankryk Frankryk28–19Vlag van Fidji FidjiGroep C36 000

Rugbywêreldbeker 2007wysig bron

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
12 September 200718:00Vlag van Japan Japan31–35Vlag van Fidji FidjiGroep B34 500
16 September 200721:00Vlag van Frankryk Frankryk87–10Vlag van Namibië NamibiëGroep D35 339
25 September 200720:00Vlag van Roemenië Roemenië14–10Vlag van Portugal PortugalGroep C35 526
29 September 200713:00Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland85–8Vlag van Roemenië RoemeniëGroep C35 608

Europese Sokkerkampioenskap 2016wysig bron

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
13 Junie 201615:00Vlag van Spanje Spanje1–0Flag of the Czech Republic TsjeggiëGroep D29 400
17 Junie 201615:00Vlag van Italië Italië1–0Vlag van Swede SwedeGroep E29 600
20 Junie 201621:00Vlag van Rusland Rusland0–3Vlag van Wallis WallisGroep B28 840
26 Junie 201621:00Vlag van Hongarye Hongarye0–4Vlag van België BelgiëAgtste eindrondte38 921

Rugbywêreldbeker 2023wysig bron

DatumTydSpan 1TellingSpan 2RondteToeskouers
10 September 202313:00Vlag van Japan Japan42–12Vlag van Chili ChiliGroep D30 187
15 September 202321:00Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland3–71Vlag van Namibië NamibiëGroep A31 996
23 September 202314:00Vlag van Georgië Georgië18–18Vlag van Portugal PortugalGroep C31 889
28 September 202321:00Vlag van Japan Japan28–22Vlag van Samoa SamoaGroep D30 187
8 Oktober 202321:00Vlag van Fidji Fidji23–24Vlag van Portugal PortugalGroep C32 223

Eksterne skakelswysig bron

🔥 Top keywords: Spesiaal:SoekTuisbladPornhubMediese diagnoseAardverwarmingSpesiaal:Onlangse wysigingsTrappe van vergelykingAntoniemSuid-AfrikaApartheidNazi-DuitslandTropiese sikloonCarles PuigdemontErfenisdag (Suid-Afrika)AardbewingGeweldVergelykings (taalkunde)Intensiewe vormGetalMieliestronkDroogteNelson MandelaErfenisAfkortingBoelierySwangerskapNasionale erfenisterreine van Suid-AfrikaLionel PetersonMenseregteVoornaamwoordHolocaustBynierWaarheid-en-versoeningskommissieSelfstandige naamwoordMarie AntoinetteByvoeglike naamwoordWikipediaRobbeneilandWikipedia:Gebruikersportaal