Hezbollah

Hezbollah (Arabies: حزب الله, baie keer ook Hizbullah, Hizb-Allah of Hisbollah geskryf, letterlik "Party van God/Allah") is 'n Islamitiese Libanese Organisasie. Dit het in 1982 ontstaan deur die samesmelting van verskeie Sjiïtiese groepe om teen die Israeliese Inval in Libanon te veg. Dit word blykbaar finansieel en ideologies deur Iran ondersteun.

Hezbollah
Logo van die betrokke party.
Hezbollah-vegters

LeierHassan Nasrallah
Gestig1985 (amptelik)
IdeologieSjiïtiese Islam
Teen-imperialisme[1][2][3]
Teen die Weste[4][5][6][7]
Teen-Sionisme
Teen-Wahabities
Amptelike kleureGeel, groen
Webbladhttp://www.moqawama.org/

In Libanon is dit enersyds 'n politieke party wat sedert 1992 ook in die parlement verteenwoordig word. Tans het hulle 15 van die 128 parlementslede.[8] Die minister van energiesake in die huidige Libanese Regering is lid van die party. Aan die anderkant beskik dit egter ook oor paramilitêre eenhede wat veral in die suide van die land onafhanklik van staatsbeheer optree. Hezbollah streef ook sosiaal-politieke doelstellings soos gesondheid, opvoeding en media na. Hezbollah word tans deur Hassan Nasrallah gelei.

Die Verenigde State en 'n paar ander lande beskou Hezbollah as 'n Terroriste organisasie.

Oorsig

Ontstaan

Sjiïtiese gebiede in Libanon.

In 1982, kort na die Israeliese besetting van Suid-Libanon word Hezbollah uit radikale elemente van die Sjiïtiese Amal-Beweging en verskeie kleiner groepe gevorm. Nadat dit aanvanklik aan die kant van die Amal-militêre teen die Israeliese weermag in Libanon geveg het, ontstaan daar in 1985 swaar gevegte tussen die deur Iran ondersteunde Hezbollah en Amal wat weer deur Sirië ondersteun is. Die einde van die Libanese Burgeroorlog lei opnuut tot versoening tussen die twee Sjiïtiese militêre groepe. Hulle politieke vleuels het ondertussen ook 'n verkiesingsooreenkoms aangegaan.

Finansiering

Hezbollah word gefinansier deur hoofsaaklik onverklaarde donateurs asook deur Iran wat maandeliks tot 50 miljoen euro aan Hezbollah skenk. Baie van Hezbollah se wapens kom ook uit Iran.

Verwysings

Eksterne skakels