Italianers

Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Italiaans.

Die Italianers (Italiaans: italiani [itaˈljaːni]) is 'n nasie en etniese groep inheems aan die Italiaanse Skiereiland en omliggende eilande soos Korsika, Sardinië en Sisilië.[20][21] Hulle deel 'n gemeenskaplike Italiaanse kultuur, afkoms en praat Italiaans of 'n ander Romaanse taal as moedertaal.[22][23][24] Italianers vorm die titulêre nasie van Italië, waar hulle 91% van die bevolking uitmaak,[25] terwyl volgens die wetlike sin die hele bevolking van Italië Italianers is.

Italianers

Totale bevolking:ca. 140 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Italië Italië 56 miljoen[1]

Vlag van Brasilië Brasilië 32 miljoen[2]
Vlag van Argentinië Argentinië 20,5 miljoen[3][4]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 17,3 miljoen[5]
Vlag van Colombia Colombia 2,0 miljoen[6]
Vlag van Venezuela Venezuela 1,7 miljoen[7]
Vlag van Frankryk Frankryk 1,5 miljoen[8]
Vlag van Kanada Kanada 1,5 miljoen[9]
Vlag van Uruguay Uruguay 1,1 miljoen[2]
Vlag van Australië Australië 916 121[10]
Vlag van Duitsland Duitsland 830 000[11]
Vlag van Switserland Switserland 545 274[12]
Vlag van België België 451 825[13]
Vlag van Chili Chili 184 997[2]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 130 000[14]
Vlag van Meksiko Meksiko 85 000[15]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 77 400[2]
Vlag van Spanje Spanje 38 694[2]
Vlag van Oostenryk Oostenryk 29 287[16]
Vlag van Albanië Albanië 19 000[17]
Vlag van Kroasië Kroasië 17 807
Flag of the Czech Republic Tsjeggië 3 503[18]
Vlag van Roemenië Roemenië 3 203[19]

Taal:Italiaans en ander tale (SisiliaansNapolitaansKorsikaansSardiesLadiniesPiëmontees • Liguries • Emiliano-Romagnolo • LombardiesVenesiaansFriulaansRomansch)
Geloofsoortuiging:Rooms-Katolieke Kerk (oorwegend)
Verwante etniese groepe:Ander Romaanse volke soos Franse, Katalane, Portugese, Roemene en Spanjaarde

Behalwe Italië leef Italianers nog in omliggende lande soos Duitsland, Frankryk,[26] San Marino, Switserland en die Vatikaanstad, maar die meeste Italianers het hulle in Noord- en Suid-Amerikaanse lande soos Argentinië, Brasilië, Kanada, Uruguay, Venezuela en die Verenigde State gevestig, veral sedert die 19de eeu, na die Unifikasie van Italië. Klein minderhede van Italianers leef sedert eeue heen in Kroasië en Slowenië, veral in Dalmasië en op die skiereiland van Istrië.

Met die uitbreiding van die Italiaanse Ryk in die Middellandse See en Oos-Afrika in die eerste helfde van die 20ste eeu het sommige Italianers in lande soos Libië en Somalië gevestig, maar as gevolg van Italië se nederlaag in die Tweede Wêreldoorlog is hulle weer uitgedryf. Nadat Wes-Duitsland in die 1950's en 1960's sy grootste ekonomiese opswaai beleef het, die sogenaamde "Wirtschaftswunder", is Italianers saam met Turke en ander nasies van die Middellandse See genooi om in dié land te gaan werk en woon.

Italianers het 'n groot invloed en bydrae tot wetenskap, kuns, tegnologie, kookkuns, sport, regsgeleerdheid en bankwese,[27] beide in die buiteland en wêreldwyd.[28] Italianers is algemeen bekend vir hul lokalisme, sowel regionaliste en munisipaliste[29] asook hul aandag aan klere en respek vir gesinswaardes.[30] Die meeste pouse van die Rooms-Katolieke Kerk was Italianers, altesaam 217.

Verwysings

Eksterne skakels