Japannese

Hierdie artikel handel oor die etniese groep in Oos-Asië. Vir die taal, sien Japannees, en vir die taalfamilie, sien Japannese tale.

Die Japannese of Japanners (Japannees: 日本人 Nihonjin) is 'n inheemse etniese groep in Japan.[26][27][28][29][30] Japannese maak sowat 98,5% van die totale bevolking van dié land uit.[31]

Japannese

Totale bevolking:ca. 130 miljoen
Belangrike bevolkings  in:Vlag van Japan Japan 127 miljoen

Vlag van Brasilië Brasilië 1 600 000[1][2]
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State 1 304 286[3]
Vlag van Filippyne Filippyne 200 000[4][5]
Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China 140 134[6]
Vlag van Kanada Kanada 109 740[7]
Vlag van Peru Peru 100 000[8]
Vlag van Australië Australië 71 013[9]
Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk 63 017[10]
Vlag van Thailand Thailand 45 805[9]
Vlag van Duitsland Duitsland 36 960[9]
Vlag van Argentinië Argentinië 34 711
Vlag van Frankryk Frankryk 30 947[9]
Vlag van Suid-Korea Suid-Korea 28 320[9]
Vlag van Meksiko Meksiko 28 100[11]
Vlag van Singapoer Singapoer 23 000[12]
Vlag van Hongkong Hongkong 21 297[6]
Vlag van Republiek van China Republiek van China 20 373[9]
Flag of the Federated States of Micronesia Gefedereerde State van Mikronesië 20 000[13]
Vlag van Bolivië Bolivië 14 000[14]
Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seeland 13 447[9]
Vlag van Italië Italië 12 156[9]
Vlag van Indonesië Indonesië 11 263[9]
Vlag van Viëtnam Viëtnam 9 468
Vlag van Ecuador Ecuador 5 000-10 000
Vlag van Maleisië Maleisië 9 142[9]
Vlag van Switserland Switserland 8 499[9]
Vlag van Bangladesj Bangladesj 8 114[15]
Vlag van Nieu-Kaledonië Nieu-Kaledonië 8 000[16]
Vlag van Spanje Spanje 7 046[9]
Vlag van Paraguay Paraguay 7 000[17]
Vlag van Nederland Nederland 6 616[9]
Vlag van België België 6 519[9]
Flag of the Marshall Islands Marshalleilande 6 000 [18]
Vlag van Indië Indië 5 554[19]
Vlag van Palau Palau 5 000[20]
Vlag van Uruguay Uruguay 3 456[21]
Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika 1 238[22]

Taal:hoofsaaklik Japannees, daarbenewens Portugees en Engels
Geloofsoortuiging:Oorwegend Mahayana-Boeddhisme, Sjintoïsme en ongebonde
Minderheid van Japanese nuwe godsdienste, ander godsdienste[23][24][25]
Verwante etniese groepe:Yamato, Ainoe en Ryukyu
'n Japannese paartjie geklee in hul tradisionele kimono

Wêreldwyd is sowat 130 miljoen mense van Japannese afkoms; daarvan leef omtrent 127 miljoen in Japan. Mense van Japannese afkoms wat in ander lande woon word nikkeijin (日系人) genoem. Die term etniese Japannese kan in sommige kontekste ook gebruik word om na verwante etniese groepe soos die Yamato, Ainoe en Ryukyu te verwys.

Verreweg die grootste Japannese diaspora het in die Amerikas gevestig, veral in Brasilië en die Verenigde State, bykans 3 miljoen mense. Die Japannese in Brasilië is sterk geassimileer en praat veral Portugees, net 'n minderheid gebruik nog Japannees. Terwyl Japannese veral tussen die Eerste en die Tweede Wêreldoorlog in Brasilië gevestig het, het die Verenigde State die meeste Japannese ná die einde van die Pasifiese Oorlog gelok.

In Suid-Afrika woon 1 238 Japannese, veral in Johannesburg en ander groot stede. Hulle praat veral Engels, Japannees en Afrikaans. Die meeste Japannese het hul tydens apartheid in Suid-Afrika gevestig, waartydens Japan Suid-Afrika se grootste handelsvennoot was.[32]

Japannese huise

Kinku-ji, Kioto, oorspronklik gebou in 1397 (Muromachi-tydperk)

Die buitemure word gewoonlik van hout gemaak, en die dak van riet of van teëls. Maar die binnemure, wat eintlik skuifpanele is, word inderdaad van dik papier gemaak. Deur slegs 'n paar panele opsy te skuif kan mens twee kamers sonder moeite in een verander.

In die somer is hierdie soort huis baie aangenaam, maar dit is taamlik koud in die winter, veral as dit slegs op die tradisionele wyse verwarm word met 'n hibachi of groot erdewerkpot gevul met as, waarop 'n paar stukkies houtskool lê en gloei. Iets waaraan 'n Westerling moeilik gewoond raak in 'n tradisionele Japannese huis, is dat 'n mens omtrent alles kan hoor wat op enige plek in die huis gesê of gedoen word. Nog 'n ongewone ding is dat daar in 'n Japannese huis geen stoele of beddens is nie.

Almal sit op die vloer op harde, plat kussings, en snags slaap hulle op 'n futon of oortreksel van lakense stof wat opgestop en deurgestik is. Die word bedags almal opgevou en in 'n groot kas gebêre. Omdat almal op die vloer sit, is die tafels baie laag. Niemand dra ooit skoene in 'n Japannese huis nie; mens laat hulle in ’n soort ingangsportaal voor jy die huis self binnekom.

Dit is omdat al die vloere in die kamers bedek is met strooimatte, tatami genoem, wat baie maklik skeur of vuilsmeer. Hierdie tradisionele huise moet vandag oral wyk vir moderne Westerse woonstelgeboue en huise. Tog word sommige van die tradisionele dinge, soos "tatami" matte en skuifpanele, ook nog in hierdie nuwe huise aangetref.

Japannese kos

'n Tipiese Japannese ontbyt, bedien by 'n ryokan (Japannese herberg), bedien met geroosterde makriel, Kansai-styl dashimaki-eier, tofu in kaminabe (papierpot)

Die Japannese hou daarvan om sommige soorte vis, soos tuna en brasem, rou te eet. Dit word in dun skyfies gesny en met sojaboonsous gegeur, en word sasjimi genoem. Ander gewilde snoeperye is soet koekies van boontjiemeel, en 'n soort swart seewier wat sterk na vis smaak.

Rys is nog steeds die stapelvoedsel van Japan, en oor die algemeen eet die mense ook baie vis. Die tradisionele disse word nog altyd met stokkies geëet. Vandag is daar natuurlik ook oral Westerse restaurante. Die Japannese drink graag tee, en het selfs 'n teedrinkseremonie wat in 'n spesiale teevertrek of chaseki gehou word. Hierdie gebruik weerspieël die gees van ou Japan.

Japannese skrif

Oefeninge in kalligrafie, geskryf in Kanji en Kana

Die Japanese skryfsisteem is baie moeilik, wat dit bestaan nie uit letters wat klanke verteenwoordig nie, maar uit tekentjies wat karakters genoem word. Elk van hierdie karakters stel 'n aparte idee of ding voor, soos bv. perd, man, boom, of maan. Om te kan lees, moet 'n mens dus letterlik duisende van hierdie karakters ken.

Godsdiens

Die torii-hek by die Itsukushima-heiligdom op die eiland Itsukushima (algemeen bekend as Miyajima) in die Hiroshima-prefektuur

Godsdiensvryheid vir almal word gewaarborg deur die grondwet, en die drie vernaamste godsdienste van Japan – Boeddhisme, Sjintoïsme en Christendom – word sy aan sy aangetref. Boeddhisme het in die middel van die 6de eeu van Indië oor China en Korea na Japan gekom. Dit het 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Japan, beide as godsdiens en as aanmoedigende faktor vir die ontwikkeling van die skone kunste en die wetenskappe.

Sjintoïsme bestaan reeds vanaf die vroegste tye in Japan. Dit is nie 'n godsdiens in die gewone sin van die woord nie, maar eerder 'n kultus gegrond op die idee dat die goddelike in alle aspekte van die natuur gevind kan word. Sjintoïsme is so 'n integrale deel van die Japannese leefwyse en tradisies dat baie Boeddhiste ook Sjinto-gebruike volg.

Die Christelike geloof is in die middel van die 16de eeu deur sendelinge na Japan gebring. Eers is dit deur die owerhede verbied, maar toe Japan in die middel van die 19de eeu sy deure vir die res van die wêreld oopgemaak het, is dit erken. Daar is ietwat meer Protestante as Rooms-Katolieke in Japan.

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels