Katakana

Katakana (片仮名, カタカナ of かたかな?) is 'n Japannese lettergreepskrif, een van die onderdele van die moderne Japannese skryfstelsel, te same met hiragana en kanji; en rōmaji; die gebruik van die Latynse alfabet in Japannees.[2] Hiragana en katakana is beide kana-stelsels waarin elke simbool 'n mora (klankeenheid) voorstel. Die woord katakana beteken "fragmentariese kana," aangesien die katakana karakters afgelei is van komponente van die meer komplekse kanji.

Katakana
カタカナ

Soort skryfstelselLettergreepskrif
TaleJapannees, Okinawa, Ainoe, Palauaans[1]
Tydperksedert 800
VoorloperOrakelbeenskrif
  • Seëlskrif
    • Klerikale skrif
      • Gereelde skrif (Kanji)
        • Manyogana
Verwante skryfstelselsHiragana, Hentaigana
RigtingLinks-regs
ISO 15924Kana, 411
Unicode aliasKatakana
UnicodeU+30A0–U+30FF
U+31F0–U+31FF
U+3200–U+32FF
U+FF00–U+FFEF
U+1B000–U+1B0FF
NotaHierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat

Katakana word gekenmerk deur kort, reguit, hale en skerp hoeke, en is die eenvoudigste van die Japannese skrifte.

Daar is twee hoof stelsels vir die rangskikking van katakana: die outydse iroha-rangskikking, en die meer algemene gojūon-rangskikking.

Geskiedenis

Tabel van katakana-karakters en die Kanji waarvan hulle afgelei is

Katakana is in die vroeë Heian-Tydperk ontwikkel uit dele van man'yōgana karakters, die verkorte Chinese karakters wat deur Boeddhiste monnike gebruik is om die korrekte uitspraak van Chinese tekste aan te dui in die 9de eeu, as 'n soort fonetiese snelskrif.[3] Aanvanklik was daar baie verskillende simbole wat 'n enkele lettergreep in gesproke Japannees voorgestel het, maar mettertyd is die stelsel vereenvoudig. Teen die 14de eeu was daar oor die algemeen 'n eenduidige ooreenkoms tussen gesproke en geskrewe lettergrepe.[4]

'n Voorbeeld van die ontwikkeling van katana is, ka カ wat afkomstig is van die linkerkant van ka 加 "vermeerder". Die tabel na regs vertoon die oorsprong van elke katakana: die rooi merke van die oorspronklike Chinese karakters het uiteindelik die ooreenstemmende simbool geword.

Katakanatabel

Die onderstaande tabel gee die katakana saam met hulle Hepburn romanisering aan. Die eerste kaart vertoon die standaard katakana (karakters in rooi is uitgedien, en karakters in groen is moderne toevoegings tot die katakana wat hoofsaaklik gebruik word om klanke uit ander tale voor te stel). Om katana te leer lees word bemoeilik deur die ooreenkomste tussen die verskillende karakters. Shi シ en tsu ツ , so wel as so ソ en n ン , lyk byvoorbeeld in gedrukte vorm baie soortgelyk behalwe vir die helling en haal-vorm. (hierdie verskille in helling en vorm is meer prominent wanneer met 'n inkborsel geskryf word as gevolg van die rigtings van die hale.)

klinkersyōon
aiueoyayuyo
kakikukekoキャ kyaキュ kyuキョ kyo
sashisusesoシャ shaシュ shuショ sho
tachitsutetoチャ chaチュ chuチョ cho
naninunenoニャ nyaニュ nyuニョ nyo
hahifuhehoヒャ hyaヒュ hyuヒョ hyo
mamimumemoミャ myaミュ myuミョ myo
yayuyo
rarirureroリャ ryaリュ ryuリョ ryo
waヰ wiヱ wewo 1
n
gagigugegoギャ gyaギュ gyuギョ gyo
zajizuzezoジャ jaジュ juジョ jo
daヂ (ji)ヅ (zu)dedoヂャ (ja)ヂュ (ju)ヂョ (jo)
babibubeboビャ byaビュ byuビョ byo
papipupepoピャ pyaピュ pyuピョ pyo
ヴァ vaヴィ vivuヴェ veヴォ voヴャ vyaヴュ vyuヴョ vyo
シェ she
ジェ je
チェ che
スィ si
ズィ zi
ティ tiトゥ tuテュ tyu
ディ diドゥ duデュ dyu
ツァ tsaツィ tsiツェ tseツォ tso
ファ faフィ fiフェ feフォ foフュ fyu
2 yi( 2) イェ ye
ウィ wi 2 wuウェ weウォ wo
(クヮ) クァ kwaクィ kwiクェ kweクォ kwo
(グヮ) グァ gwaグィ gwiグェ gweグォ gwo
1: ヲ ("wo") klink dieselfde as オ ("o"), maar dit word selde gebruik behalwe wanneer die ooreenstemmende hiragana in 'n slegs-katana omgewing voorgestel moet word.
2: Hierdie katakana is in die onderwysstelsel ingevoer in die vroeë Meiji-tydperk, maar het nooit wydverspreid geword nie.[5][6]

Verwysings

Eksterne skakels