Lys van IOK-landkodes

Wikimedia lysartikel

Die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gebruik 'n landkode, wat 'n afkorting van drie letters is, om elke groep atlete wat in die Olimpiese Spele deelneem, te identifiseer. Elke kode identifiseer 'n Nasionale Olimpiese Komitee maar daar is kodes wat in vroeëre Spele vir ander doeleindes gebruik is, soos vir spanne wat saamgestel is van atlete van verskillende lande, of atlete wat nie formeel namens enige land deelneem nie.

Die vlag van die internasionale Olimpiese beweging.

Verskeie kodes wat die IOK gebruik verskil van die standaard ISO 3166-1 alfa-3 kodes. Ander sportorganisasies soos FIFA of die Gemenebesspele, gebruik soortgelyke kodes om na die verskillende spanne te verwys.

Geskiedenis

Die Winterspele van 1956 en die Somerspele van 1960 was die eerste Spele wat die Voorletters van Lande gebruik het om na elke NOK te verwys in die gepubliseerde amptelike verslae.[1] Die kodes wat egter in die volgende paar Spele gebruik is was gewoonlik gebaseer op die taal van die gasheerland (bv. GIA vir Japan by die Winterspele van 1956 en die Somerspele van 1960 van Giaponne in Italiaans) of is gebaseer op die Franse naam vir die land/NOK (bv. COR vir Suid-Korea van Corée in Frans). By die Winterspele van 1972 is die meeste kodes gestandaardiseer, maar verskeie het intussen verander. Die ontbinding van die Sowjetunie, die opsplitsing van Joegoslawië, die ontbinding van Tsjeggoslowakye, die Duitse hereniging en verskeie ander gevalle van geografiese hernoeming het gelei tot 'n verandering van kodes.

Benewens hierdie lys van oor die 200 NOKs vereis die deelnemende komitees van die Paralimpiese Spele gestandardiseerde IOK-kodes. Onlangse voorbeelde hiervan sluit Macau en die Färoër-eilande in, wat onderskeidelik gekodeer is as MAR en FRO.[2]

Huidige NOKs

Daar is tans 205 NOKs binne die Olimpiese beweging. Die volgende tabelle dui die verskillende kode vir elke NOK aan en enige verskillende kodes wat in vorige Spele gebruik is, soos in die amptelike verslae van daardie Spele. Sommige van die kodes wat in die verlede gebruik is word in die daaropvolgende afdelings verduidelik. Kodes wat slegs vir die Olimpiese Somerspele en Olimpiese Winterspele in 'n spesifieke jaar gebruik is word deur 'n "S" en 'n "W" afsonderlik aangedui.

Inhoud:A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V Y Z

A

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
AFG[1]  Afghanistan
AHO[2]  Nederlands-AntilleATO (1960), NAN (1964)
ALB[3]  Albanië
ALG[4]  AlgeriëAGR (1964), AGL (1968 S)
AND[5]  Andorra
ANG[6]  Angola
ANT[7]  Antigua en Barbuda
ARG[8]  Argentinië
ARM[9]  Armenië
ARU[10]  Aruba
ASA[11]  Amerikaans-Samoa
AUS[12]  Australië
AUT[13]  Oostenryk
AZE[14]  Azerbeidjan

B

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
BAH[15]  Bahamas
BAN[16]  Bangladesj
BAR[17]  BarbadosBAD (1964)
BDI[18]  Burundi
BEL[19]  België
BEN[20]  BeninDAY (1964), DAH (1968–1976)
BER[21]  Bermuda
BHU[22]  Bhoetan
BIH[23]  Bosnië-HerzegowinaBSH (1992 S)
BIZ[24]  BelizeHBR (1968–1972)
BLR[25]  Belo-Rusland
BOL[26]  Bolivia
BOT[27]  Botswana
BRA[28]  Brasilië
BRN[29]  Bahrein
BRU[30]  Broenei
BUL[31]  Bulgarye
BUR[32]  Burkina FasoVOL (1972–1984)

C

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
CAF[33]  Sentraal-Afrikaanse RepubliekAFC (1968)
CAM[34]  KambodjaCAB (1964), KHM (1972–1976)
CAN[35]  Kanada
CAY[36]  Kaaimanseilande
CGO[37] Kongo
CHA[38]  TsjadCHD (1964)
CHI[39]  ChiliCIL (1956 W, 1960 S)
CHN[40]  Volksrepubliek China
CIV[41]  IvoorkusIVC (1964), CML (1968)
CMR[42]  Kameroen
COD[43] DRKCOK (1968), ZAI (1972–1996)
COK[44]  Cookeilande
COL[45]  Colombia
COM[46]  Comore
CPV[47]  Kaap Verde
CRC[48]  Costa RicaCOS (1964), CTC (1984 W)
CRO[49]  Kroasië
CUB[50]  Kuba
CYP[51]  Ciprus
CZE[52] Tsjeggië

D

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
DEN[53]  DenemarkeDAN (1960 S, 1968 W), DIN (1968 S)
DJI[54]  Djiboeti
DMA[55]  Dominika
DOM[56]  Dominikaanse Republiek

E

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
ECU[57]  Ecuador
EGY[58]  EgipteRAU (1960, 1968), UAR (1964)
ERI[59]  Eritrea
ESA[60]  El SalvadorSAL (1964–1976)
ESP[61]  SpanjeSPA (1956–1964, 1968 W)
EST[62]  Estland
ETH[63]  EthiopiëETI (1960, 1968)

F

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
FIJ[64]  FidjiFIG (1960)
FIN[65]  Finland
FRA[66]  Frankryk
FSM[67] Mikronesië

G

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
GAB[68]  Gaboen
GAM[69]  Gambië
GBR[70]  Verenigde KoninkrykGRB (1956 W–1960), GBI (1964)
GBS[71]  Guinee-Bissau
GEO[72]  Georgië
GEQ[73]  Equatorial Guinee
GER[74]  DuitslandALL (1968 W), ALE (1968 S), FRG (1980–1988)
GHA[75]  Ghana
GRE[76]  Griekeland
GRN[77]  Grenada
GUA[78]  GuatemalaGUT (1964)
GUI[79]  Guinee
GUM[80]  Guam
GUY[81]  GuyanaGUA (1960), GUI (1964)

H

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
HAI[82]  Haïti
HKG[83]  HongkongHOK (1960–1968)
HON[84]  Honduras
HUN[85]  HongaryeUNG (1956 W, 1960 S)

I

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
INA[86]  IndonesiëINS (1960)
IND[87]  Indië
IRI[88]  IranIRN (1956–1988), IRA (1968 W)
IRL[89]  Ierland
IRQ[90]  IrakIRK (1960, 1968)
ISL[91]  YslandICE (1960 W, 1964 S)
ISR[92]  Israel
ISV[93]  Amerikaanse Maagde-eilande
ITA[94]  Italië
IVB[95]  Brits-Maagde-eilande

J

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
JAM[96]  Jamaika
JOR[97]  Jordanië
JPN[98]  JapanGIA (1956 W, 1960 S), JAP (1960 W)

K

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
KAZ[99]  Kazakstan
KEN[100]  Kenia
KGZ[101]  Kirgisië
KIR[102]  Kiribati
KOR[103]  Suid-KoreaCOR (1956 W, 1960 S, 1968 S, 1972 S)
KSA[104]  Saoedi-ArabiëARS (1968–1976), SAU (1980–1984)
KUW[105]  Koeweit

L

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
LAO[106]  Laos
LAT[107]  Letland
LBA[108]  LibiëLYA (1964), LBY (1968 W)
LBR[109]  Liberië
LCA[110]  Sint Lucia
LES[111]  Lesotho
LIB[112]  LibanonLEB (1960 W, 1964 S)
LIE[113]  LiechtensteinLIC (1956 W, 1964 S, 1968 W)
LTU[114]  LitaueLIT (1992 W)
LUX[115]  Luxemburg

M

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
MAD[116]  MadagaskarMAG (1964)
MAR[117]  MarokkoMRC (1964)
MAS[118]  MaleisiëMAL (1964–1988)
MAW[119]  Malawi
MDA[120]  MoldawiëMLD (1994)
MDV[121]  Maldive-eilande
MEX[122]  Meksiko
MGL[123]  MongoliëMON (1968 W)
MHL[124]  Marshalleilande
MKD[125]  Noord-Masedonië
MLI[126]  Mali
MLT[127]  MaltaMAT (1960–1964)
MNE[128]  Montenegro
MON[129]  Monaco
MOZ[130]  Mosambiek
MRI[131]  Mauritius
MTN[132]  Mauritanië
MYA[133]  MianmarBIR (1960, 1968–1988), BUR (1964)

N

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
NAM[134]  Namibië
NCA[135]  NicaraguaNCG (1964), NIC (1968)
NED[136]  NederlandOLA (1956 W), NET (1960 W), PBA (1960 S), NLD (1964 S), HOL (1968–1988)
NEP[137]  Nepal
NGR[138]  NigeriëNGA (1964)
NIG[139]  NigerNGR (1964)
NOR[140]  Noorweë
NRU[141]  Nauru
NZL[142]  Nieu-SeelandNZE (1960, 1968 W)

O

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
OMA[143]  Oman

P

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
PAK[144]  Pakistan
PAN[145]  Panama
PAR[146]  Paraguay
PER[147]  Peru
PHI[148]  FilippyneFIL (1960, 1968)
PLE[149]  Palestynse gebiede
PLW[150]  Palau
PNG[151]  Papua New GuineeNGY (1976–1980), NGU (1984–1988)
POL[152]  Pole
POR[153]  Portugal
PRK[154]  Noord-KoreaNKO (1964 S, 1968 W), CDN (1968)
PUR[155]  Puerto RicoPRI (1960), PRO (1968)

Q

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
QAT[156]  Katar

R

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
ROU[157]  RoemeniëROM (1956–1960, 1972–2006), RUM (1964–1968)
RSA[158]  Suid-AfrikaSAF (1960–1972)
RUS[159]  Rusland
RWA[160]  Rwanda

S

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
SAM[161]  Samoa
SEN[162]  SenegalSGL (1964)
SEY[163]  Seychelle-eilande
SIN[164]  Singapoer
SKN[165]  Sint Kitts en Nevis
SLE[166]  Sierra LeoneSLA (1968)
SLO[167]  Slowenië
SMR[168]  San MarinoSMA (1960–1964)
SOL[169]  Solomoneilande
SOM[170]  Somalië
SRB[171]  Serwië
SRI[172]  Sri LankaCEY (1960–1972)
STP[173]  Sao Tomé en Principe
SUD[174]  Soedan
SUI[175]  SwitserlandSVI (1956 W, 1960 S), SWI (1960 W, 1964 S)
RSA[176]  Suid-AfrikaSAF (1960–1972)
SUR[177]  Suriname
SVK[178]  Slowakye
SWE[179]  SwedeSVE (1956 W, 1960 S), SUE (1968 S)
SWZ[180]  eSwatini
SYR[181]  SiriëRAU (1960), SIR (1968)

T

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
TAN[182]  Tanzanië
TGA[183]  TongaTON (1984)
THA[184]  ThailandTAI (1960, 1968)
TJK[185]  Tadjikistan
TKM[186]  Turkmenistan
TLS[187]  Oos-Timor
TOG[188]  Togo
TPE[189] Chinese Taipei (Taiwan)[3]RCF (1960), TWN (1964–1968), ROC (1972–1976)
TRI[190]  Trinidad en TobagoTRT (1964–1968)
TUN[191]  Tunisië
TUR[192]  Turkye
TUV[193]  Tuvalu

U

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
UAE[194]  Verenigde Arabiese Emirate
UGA[195]  Uganda
UKR[196]  Oekraïne
URU[197]  UruguayURG (1968)
USA[198]  VSASUA (1960 S), EUA (1968 S)
UZB[199]  Oesbekistan

V

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
VAN[200]  Vanuatu
VEN[201]  Venezuela
VIE[202]  ViëtnamVET (1964), VNM (1968–1976)
VIN[203]  Sint Vincent en die Grenadines

Y

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
YEM[204]  Jemen

Z

KodeVerwNasie (NOC)Ander kodes gebruik
ZAM[205]  ZambiëNRH (1964)
ZIM[206]  ZimbabweRHO (1960–1972)

Historiese NOKs en spanne

Kodes wat steeds in gebruik is

Twaalf historiese NOKs of spanne het kodes wat steeds gebruik word in die IOK se uitslae-databasis[4] om na medaljewenners van hierdie spanne te verwys

KodeNasie/SpanAnder kodes gebruik
AHO  Nederlands-Antille
ANZ  Australasië
BOH  Bohemië
BWI  Brits-Wes-IndiëANT (1960, 1968), WID (1964)
EUA Verenigde Duitse spanGER (1956–1964)
EUN Verenigde Span
FRG  Federale Republiek van DuitslandALL (1968 W), ALE (1968 S), GER (1972–1976)
GDR  Duitse Demokratiese RepubliekADE (1968)
SCG  Serwië en MontenegroYUG (1996 S-2002 W)
TCH  TsjeggoslowakyeCSL (1956 W), CZE (1960 W), CSV (1960 S), CZS (1964 S), CHE (1968 S)
URS  SowjetunieSOV (1968 W)
YUG  JoegoslawiëJUG (1956–1960, 1968 W), YUS (1964 S)
ZZX Gemengde spanne

Uitgediende kodes

KodeNasie (NOC)JareNotas
BIR  Burma1948–1988Nou  Mianmar (MYA)
CEY Ceylon1948–1972Nou  Sri Lanka (SRI)
DAH  Dahomey1964–1976Nou  Benin (BEN)
HBR  Brits-Honduras1968–1972Nou  Belize (BIZ)
KHM Khmer Republiek1972–1976Nou  Kambodja (CAM)
MAL Federasie van Maleie1956–1960Het onafhanklik deelgeneem voor die totstandkoming van Maleisië in 1963.
Nou  Maleisië (MAS)
 Noord-Borneo1956
NRHNoord-Rhodesië1964Nou  Zambië (ZAM)
RAU  Verenigde Arabiese Republiek1960Nou  Egipte (EGY)
en  Sirië (SYR)
RHO  Rhodesië1960–1972Nou  Zimbabwe (ZIM)
ROC  Republiek China1932–1976Nou Chinese Taipei (TPE)
SAA  Saarland1952Het onafhanklik deelgeneem voor die aansluiting by Wes-Duitsland in 1957.
UAR  Verenigde Arabiese Republiek1964Nou  Egipte (EGY)
VOL  Bo-Volta1972–1984Nou  Burkina Faso (BUR)
YAR  Noord-Jemen1984–1988Het onafhanklik deelgeneem voor die Jemenitiese vereniging in 1990.
Nou  Jemen (YEM)
YMD  Suid-Jemen1988
ZAI[[Lêer:{{{vlag alias-1965}}}|22x20px|border|Vlag van Demokratiese Republiek die Kongo|link=Demokratiese Republiek die Kongo]] Zaïre1972–1996Nou  Demokratiese Republiek van die Kongo (COD)
 Brits-Guyana1948–1964Nou  Guyana (GUY)
 Goudkus1952Nou  Ghana (GHA)

Twee ander vername veranderings het plaasgevind, albei weens 'n verandering van die land se benaming deur die IOK:

  • HOL is verander na NED vir Nederland vir die Spele van 1992 en weerspieël die verandering in benaming van Holland.
  • IRN is verander na IRI vir Iran vir die Spele van 1992 en weerspieël die verandering in benoeming na die Islamitiese Republiek van Iran.

Spesiale kodes

  • ANZ word nou gebruik in die IOK se medaljedatabasis[4] om die span van Australasië te identifiseer wat 'n saamgestelde span van Australië en Nieu-Seeland is wat in 1908 en 1912 aan die Spele deelgeneem het. Teen 1920 het die lande apart deelgeneem.
  • EUA word nou gebruik in die IOK se medaljedatabasis[4] om die Gemeenskaplike span van Duitsland te identifiseer wat 'n span voorstel wat gesamentlik namens Oos-Duitsland en Wes-Duitsland tussen die Spele van 1956–1964 deelgeneem het. Die span het in die amptelike verslae slegs as Duitsland bekend gestaan vir daardie ses Spele.
  • EUN is gebruik in 1992 (beide Somer- en Winterspele) vir die saamgestelde span, wat bestaan het uit atlete van meeste van die voormalige republieke van die Sowjetunie. Slegs die Baltiese state was in staat om as onafhanklike spanne deel te neem; die ander twaalf nasies het vir die eerste keer in 1994 en/of 1996 onafhanklik deelgeneem.
  • IOP is gebruik vir Onafhanklike Olimpiese Deelnemers in 1992. Die kode is toegewys aan atlete van Joegoslawië wie nie as 'n span kon deelneem nie weens sanksies van die Verenigde Nasies.
  • IOA is gebruik vir Individuele Olimpiese Atlete in 2000, 'n toewysing wat gebruik is vir atlete van Oos-Timor voor die totstandkoming van sy NOK. In 2012 is IOA weer gebruik tydens die Olimpiese Spele. Hierdie keer het dit gestaan vir Onafhanklike Olimpiese Atlete en is dit gebruik deur atlete van die voormalige Nederlands-Antille en ’n hardloper van Suid-Soedan. Die NEderlands-Antille se Olimpiese Komitee is die vorige jaar van die IOK onttrek en Suid-Soedan het nog nie ’n Olimpiese Komitee in plek gehad nie.
  • IOC is gebruik as die kode vir Atlete van Koeweit tydens die 2010 Asiatiese Spele omdat die lidmaatskap van Koeweit se Olimpiese Komitee opgeskort is.
  • ZZX is gebruik om medaljes te identifiseer wat deur gemengde spanne gewen is (dit is 'n span van atlete van verskillende lande, soos die vereniging van Frankryk en Groot Brittanje) soos gereeld gebeur het in die Spele van 1896, 1900 en 1904.

Verwysings