Olimpiese Somerspele 1960

Spele van die XVIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1960

Gehou inRome, Italië
Deelnemende lande83 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete5 338 (4 727 mans, 611 vroue)[1]
Items150 in 17 sporte[2]
Openingseremonie25 Augustus 1960
Sluitingseremonie11 September 1960
Amptelik geopen deurPresident Giovanni Gronchi[3]
Atlete-eedAdolfo Consolini (atletiek)
Beampte-eed(sedert 1972)
Olimpiese vlamGiancarlo Peris (atletiek)
Vorige Spele1956: Melbourne (Australië)
Volgende Spele1964: Tokio (Japan)

Die Olimpiese Somerspele 1960 (Italiaans: Giochi della XVII Olimpiade), amptelik bekend as die Spele van die XVIIde Olimpiade, is tussen 25 Augustus en 11 September 1960 in Rome, Italië, aangebied. Rome is gekies bo Lausanne, Detroit, Boedapest, Brussel, Meksikostad en Tokio. Rome was al in 1908 aangewys om Spele te organiseer. Vanweë die uitbarsting van die Vesuvius het Rome toe die eer aan Londen afgestaan, wat toe die Spele van 1908 georganiseer het.

Openingseremonie van die Spele van die XVIIde Olimpiade in Rome

Die Italiaanse staat en die Italiaanse Olimpiese Komitee het finansieel vir hierdie Spele geborg. Daar word inderdaad geen koste of moeite gespaar nie: Aan die voet van Monte Mario is 'n marmerstadion met 80 000 sitplekke gebou. Nie ver daarvandaan is die swembad uitgelê. Verder probeer die organisasie om die antieke geboue so veel as moontlik by die Spele te betrek. Gimnastiek in die Terme van Caracalla plaasgevind, die stoei in die Basilika van Maxentius en die maraton het aan die voet van die Kapitolyn begin en onder die Triomfboog van Konstantin geëindig.

Die Olimpiese Winterspele 1960 is in Squaw Valley, Verenigde State, aangebied. Die Paralimpiese Somerspele 1960 is tussen 18 en 25 September in Rome gehou.

Toewysing

Giulio Andreotti, president van die Italiaanse reëlingskomitee
Fakkel van die Olimpiese Somerspele 1960 in Rome

Rome is op 15 Junie 1955 in Parys deur die Internasionale Olimpiese Komitee gekies as die gasheer vir die Olimpiese Somerspele in 1960. Ander kandidate was: Lausanne, Detroit, Boedapest, Brussel, Meksikostad en Tokio. Tokio sal uiteindelik gasheer vir die volgende Olimpiese Somerspele 1964 en Meksikostad vir die daaropvolgende Olimpiese Somerspele 1968 word.

Die stemming het as volg verloop:

Stemming vir gasheer van die Olimpiese Somerspele 1960[4]
StadLandRondte 1Rondte 2Rondte 3
Rome  Italië152635
Lausanne  Switserland142124
Detroit  Verenigde State611
Boedapest  Hongarye81
Brussel  België6
Meksikostad  Meksiko6
Tokio  Japan4

Sporte

17 Olimpiese sportsoorte in 150 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 152 goue medaljes oorhandig.

Stadions

Die Foro Italico was een van die sentrale sportkomplekse tydens die Olimpiese Somerspele 1960
Die Basilika van Maxentius het die stoeiwedstryde aangebied
In die Baddens van Caracalla het die gimnastiekwedstryde gehuisves
In die Albanomeer is kanovaart- en roeiwedstryde beslis
In die Golf van Napels het die seilvaart plaasgevind

34 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1960 gebruik:

StadionSporteKapasiteit
Acqua Santa GholfklubkursusModerne vyfkamp (hardloop)Nie gelys nie
Basilika van MaxentiusStoei5 402
Baddens van CaracallaGimnastiek5 402
Boog van KonstantynAtletiek (maraton – eindstreep)14 400
Campo Tre FontaneVeldhokkie5 000
Cesano Infanterie SkietbaanSkyfskiet (300 m vrye geweer)Nie gelys nie
Stadio Artemio Franchi (Florence)Sokker57 020
Stadio Olimpico Carlo Zecchini (Grosseto)Sokker17 970
Golf van NapelsSeilvaartNie gelys nie
Stadio Tommaso Fattori (L'Aquila)Sokker8 900
AlbanomeerKanovaart, Roei8 900
Lazio Pigeon SkietbaanSkyfskiet (haelgeweer-lokval)2 000
Livorno Ardenza-stadionSokker25 000
Stadio San Paolo (Napels)Sokker90 000
Olimpiese VelodromeFietsry (baan), Veldhokkie17 856
Palazzo dei CongressiSkermsport, Moderne vyfkamp (skermsport)Nie gelys nie
Palazzo dello SportBasketbal, Boks13 839
Palazzetto dello sportBasketbal, GewigoptelNie gelys nie
Passo CoreseModerne vyfkamp (perdry)Nie gelys nie
Stadio Adriatico (Pescara)Sokker21 000
Piazza di SienaRuitersport (dressuur, driegangkampioenskap/spring, individuele spring)15 000
Piscina delle RoseWaterpolo1 850
Pratoni del VivaroRuitersport (driegangkampioenskap)Nie gelys nie
Raccordo AnulareAtletiek (maraton)Nie gelys nie
Stadio dei MarmiVeldhokkie15 000
Stadio FlaminioSokker (eindstryd)46 873
Stadio OlimpicoAtletiek75 513
Stadio Olimpico del NuotoSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo20 000
Umberto I SkietbaanModerne vyfkamp (skietsport), Skyfskiet (pistool, geweer)Nie gelys nie
Appiese WegAtletiek (maraton)Nie gelys nie
Via CassiaFietsry (individuele padwedloop)Nie gelys nie
Via FlaminiaFietsry (individuele padwedloop)Nie gelys nie
Via Cristoforo ColomboAtletiek (maraton), Fietsry (padspan-tydtoets)19 200
Via di GrottarossaFietsry (individuele padwedloop)41 800

Kalender

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie ● Wedstryde 1 Wedstryde met medaljes SS Sluitingseremonie
Augustus / September25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
Wedstryde
SeremoniesOSSS
Atletiek24733446134
Basketbal11
Boks1010
Fietsry21216
Gewigoptel22217
Gimnastiek25714
Kanovaart77
Moderne vyfkamp22
Roei77
Ruitersport11215
Seilvaart55
Sierduik11114
Skermsport111111118
Skyfskiet111216
Sokker11
Stoei8816
Swem212232315
Veldhokkie11
Waterpolo11
Totaal0240115148111501415121211151150
Kumulatief0266172236445570708499111123134149150
Augustus / September25
Do
26
Vr
27
Sa
28
So
29
Ma
30
Di
31
Wo
1
Do
2
Vr
3
Sa
4
So
5
Ma
6
Di
7
Wo
8
Do
9
Vr
10
Sa
11
So
Wedstryde

Deelnemende nasies

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Suid-Afrikaanse deelname

Suid-Afrika se Gordon Day tydens die Olimpiese Somerspele 1960

Die Spele was die laaste waaraan Suid-Afrika deelgeneem het voor deelname geweier is as gevolg van die apartheidsbeleid. Die volgende spele waaraan Suid-Afrika deelneem is 32 jaar later in 1992.

Boks

Daniel Wepener Bekker (swaargewig) wen die silwermedalje en William Meyers (veergewig) die bronsmedalje.

Atletiek

Malcolm Spence wen die bronsmedalje in die 400 m wedloop.

Getal medaljes

Kaart van deelnemende nasies in 1960:

   Neem vir die eerste keer deel

   Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Rome

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Silwer BronsTotaal
1  Sowjetunie (URS)283432931103
2  Verenigde State (USA)29234211671
3  Italië (ITA)28013101336
4  Duitsland (GER)29312191142
5  Australië (AUS)20988622
6  Turkye (TUR)497209
7  Hongarye (HUN)18468721
8  Japan (JPN)16247718
9  Pole (POL)185461121
10  Tsjeggo-Slowakye (TCH)1163238
28  Suid-Afrika (RSA)550123

Sien ook

Verwysings

Verdere leesstof

  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1998). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 2. London 1948 – Tokio 1964. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00740-7.

Eksterne skakels


Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896  • 1900  • 1904  • 1906*  • 1908  • 1912  • 1916  • 1920  • 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1996  • 2000  • 2004  • 2008  • 2012  • 2016  • 2020  • 2024  • 2028  • 2032

Olimpiese Winterspele: 1924  • 1928  • 1932  • 1936  • 1940  • 1944  • 1948  • 1952  • 1956  • 1960  • 1964  • 1968  • 1972  • 1976  • 1980  • 1984  • 1988  • 1992  • 1994  • 1998  • 2002  • 2006  • 2010  • 2014  • 2018  • 2022  • 2026  • 2030
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.