São Tomé en Príncipe

São Tomé en Príncipe (Portugees: São Tomé e Príncipe, [sɐ̃w tuˈmɛ i ˈpɾĩsɨpɨ]; letterlik: "Sint Tomas en Prins"), amptelik die Demokratiese Republiek São Tomé en Príncipe (República Democrática de São Tomé e Príncipe), is 'n klein eilandstaat in die Golf van Guinee. Dit bestaan uit twee eilande: São Tomé en Príncipe, omtrent 140 km van mekaar geleë en onderskeidelik omtrent 250 en 225 km van die noordwestelike kus van Gaboen. São Tomé en Príncipe is tussen die twee eilande Bioko en Annobón geleë, wat deel uitmaak van Ekwatoriaal-Guinee. Die hoofstad en grootste stad is São Tomé op die gelyknamige hoofeiland. São Tomé en Príncipe beslaan 'n oppervlakte van 1 001 km² en het 'n bevolking van sowat 223 000 in 2021 gehad. São Tomé en Príncipe is na die heilige apostel Tomas en die prins van Portugal genoem.

Demokratiese Republiek São Tomé en Príncipe
República Democrática de São Tomé e Príncipe (Portugees)
Vlag van São Tomé en PríncipeWapen van São Tomé en Príncipe
VlagWapen
Nasionale leuse:
Unidade, Disciplina, Trabalho
(Portugees vir: "Eenheid, Dissipline, Arbeid")
Volkslied: Independência total
(Portugees vir: "Totale onafhanklikheid")
Ligging van São Tomé en Príncipe
HoofstadSão Tomé

0°20′N 6°44′O / 0.333°N 6.733°O / 0.333; 6.733

Grootste stadSão Tomé
Amptelike talePortugees
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek[1]
Carlos Vila Nova
Patrice Trovoada
Onafhanklikheid
• van Portugal
• Huidige grondwet

12 Julie 1975
5 November 1975
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
1 001[2] km2  (171ste)
386 myl2
feitlik niks
Bevolking
 - 2021-skatting
 - 2013-sensus
 - Digtheid
 
223 107[3][4] (186ste)
178 739
199,7 / km2 (69ste)
517,2 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$1 069 miljoen[5]
$4 710[5]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2022-skatting

$506 miljoen[5]
$2 231[5]

MOI (2021) 0,618[6] (138ste)  –  medium
Gini (2017)40,7[7] –  hoog
GeldeenheidDobra (STD)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD.st
Skakelkode+239
Kaart van São Tomé en Principe
'n Mark in die hoofstad São Tomé
Nederlandstalige kaart van São Tomé deur Johannes Vingboons in 1665

Beide eilande is deel van 'n aktiewe vulkaniese bergreeks wat van Kameroenberg in die noordooste oor die vier eilande São Tomé, Príncipe, Bioko en Annobón tot in die suidweste in die Golf van Guinee strek. Die Ilha de São Tomé, die groter en suidelike eiland, is byna reg op die ewenaar geleë. Dit is genoem na Sint Thomas omdat Portugese ontdekkers die eiland op Sint Thomasdag (21 Desember 1471) ontdek het, terwyl Ilha do Príncipe die "prins se eiland" beteken. In die noordooste sluit die Golf van Bonny aan.

Demografie

Van die bevolking van amper 223 000 in 2016 woon ongeveer 172 000 op São Tomé, 7 000 op Príncipe en nog ander op ander eilande. Die verskillende etniese groepe behels:

  • Mestiços: afstammelinge van slawe aan die begin van die koloniale era en Europeërs;
  • Angolares: dikwels vissers, die tradisie wil dit hê dat hulle die afstammelinge is van oorlewendes van 'n skeepswrak in 1540;
  • Forros: afstammelinge van bevryde slawe teen die tyd van die afskaffing van slawerny;
  • Serviçais: kontrakarbeiders uit Angola, Mosambiek en Kaap Verde;
  • Tongas: Kinders a.g.v. vermenging tussen Serviçais en Forros;
  • Europees: Mense van Europa, meestal Portugese.
  • Asiaties: Mense van Asië, meestal Han-Chinese.

Portugees is die amptelike taal van São Tomé en Príncipe, terwyl Fang 'n erkende minderheidstaal is. Meer as 80% van die bevolking is Christene, waarvan die meeste Rooms-Katolieke.

Ekonomie

Landbou (kakaoverbouing) is baie belangrik en maak die grootse gedeelte van die ekonomie uit, maar dié land is ook op soek na ruolie in die Golf van Guinee.

Verwysings

Bronnelys

Algemeen

Eksterne skakels