Robert Mugabe

Zimbabwe's president

Robert Gabriel Mugabe (21 Februarie 1924 – 6 September 2019)[1][2] was 'n Zimbabwiese politikus. Hy was vanaf 1980 die staatshoof van Zimbabwe, eers as eerste minister en later as president. In die laaste jare van sy presidentskap is hy deur vele as 'n diktator beskou wat ter wille van magsbehoud die ekonomiese welsyn van die Zimbabwiese bevolking opgeoffer het.

Robert Mugabe
Robert Mugabe
Robert Mugabe in 2008

President van Zimbabwe
Ampstermyn
22 Desember 1987 – 21 November 2017
ViseSimon Muzenda
Joice Mujuru
Emmerson Mnangagwa
Eerste ministerMorgan Tsvangirai (2009–2013)
Voorafgegaan deurCanaan Banana
Opgevolg deurEmmerson Mnangagwa

Eerste minister van Zimbabwe
Ampstermyn
18 April 1980 – 22 Desember 1987
ViseSimon Muzenda
PresidentCanaan Banana
Voorafgegaan deurAbel Muzorewa (Zimbabwe-Rhodesië)
Opgevolg deurMorgan Tsvangirai (2009)

13de President van die Afrika-unie
Ampstermyn
30 Januarie 2015 – 30 Januarie 2016
Voorafgegaan deurMohamed Ould Abdel Aziz
Opgevolg deurIdriss Déby

10de Sekretaris-generaal van die Beweging van Onverbonde Lande
Ampstermyn
6 September 1986 – 7 September 1989
Voorafgegaan deurZail Singh
Opgevolg deurJanez Drnovšek

Persoonlike besonderhede
Gebore21 Februarie 1924
Masvingo, Suid-Rhodesië
Sterf6 September 2019 (op 95)
Singapoer
Politieke partyZANU–PF (1987–2017)
ZANU (1963–1987)
ZAPU (1961–1963)
NDP (1960–1961)
Eggenoot/-noteSally Hayfron (1961–1992)
Grace Mugabe (1996–sy dood)
Kind(ers)Nhamodzenyika, Bona, Robert Peter, Bellarmine Chatunga
Alma materUniversiteit van Fort Hare
Universiteit van Suid-Afrika
Universiteit van Londen
ReligieRooms-Katolieke Kerk
Handtekening

Mugabe is naby die destydse Fort Victoria (vandag Masvingo) gebore en het aan talle universiteite studeer, waaronder die Universiteit van Fort Hare in Suid-Afrika, asook in Accra, Ghana.

Politieke loopbaan

Demonstrasie teen Mugabe in Londen.
Robert Mugabe saam met sy vrou Grace in 2013.

In 1960 het hy na Suid-Rhodesië teruggekeer en 'n stigterslid van die ZANU-party geword. Vanaf 1964 het hy tien jaar in die tronk deurgebring. Daarna het hy Rhodesië verlaat en na Mosambiek gegaan om met die Zimbabwe African National Liberation Army (ZANLA, die militêre afdeling van die ZANU-party) teen Ian Smith se blanke regering van Rhodesië te veg. In die loop van dié konflik het die ZANLA ook wit boere se plase aangeval. Die uiteinde van die oorlog teen blank-Rhodesië was dat die land na Zimbabwe hernoem is en dat Robert Mugabe ná die eerste vrye verkiesing op 4 Maart 1980 Zimbabwe se eerste minister geword het. Daar word gesê dat hy in 1982 meer as 20 000 Ndebeles laat vermoor het, omdat hulle sy teenstander Joshua Nkomo ondersteun het.

In 1987 is die amp van die eerste minister van Zimbabwe afgeskaf en het Mugabe die president van die land geword. Hy kon die verkiesings van 1990 met verreweg die meeste stemme wen, maar het hom begin radikaliseer. Later was sy regering 'n diktatuur en is hy deur ander partylede dikwels "koning" genoem.

In reaksie op kritiek het hy by 'n staatsbegrafnis van een van sy kabinetsministers gesê:

"Ek is steeds die Hitler van die tyd. Dié Hitler het slegs een doelwit, geregtigheid vir sy eie mense, soewereiniteit vir sy mense, erkenning van die onafhanklikheid van sy mense en hul reg tot hul hulpbronne. As dít Hitler is, laat my dan 'n Hitler tienvoudig wees. Tien keer, dit is waarvoor ons staan!"[3]

Hy is verbied om na die Europese Unie te reis weens die erge skending van menseregte in sy land. Op 30 Januarie 2015 het hy president van die Afrika-unie geword en dié amp tot 30 Januarie 2016 beklee.[4] Sy bynaam was Uncle Bob.[5] Ná 'n de facto-staatsgreep het Mugabe op 21 November 2017 as staatshoof bedank[6] en van die openbare toneel verdwyn.

Dood

Mugabe is weens swak gesondheid op 6 September 2019 in die ouderdom van 95 in Singapoer oorlede.[1]

Lees ook

Verwysings

Eksterne skakels