Yoshihide Suga

Eerste Minister van Japan

Yoshihide Suga (菅 義偉 Suga Yoshihide?, gebore 6 Desember 1948) is 'n Japannese politikus wat vanaf 16 September 2020 tot 4 Oktober 2021 as die Eerste minister van Japan het. Hy is op 14 September 2020 tot president van die Liberale Demokratiese Party verkies en op 16 September 2020 deur die Kokkai as eerste minister. Suga was die eerste Eerste Minister van die Reiwa-tydperk.

Yoshihide Suga
Yoshihide Suga

Ampstermyn
16 September 2020 – 4 Oktober 2021
ViseTarō Asō
MonargNaruhito
Voorafgegaan deurShinzo Abe
Opgevolg deurFumio Kishida

President van die Liberale Demokratiese Party
Ampstermyn
14 September 2020 – 29 September 2021
Voorafgegaan deurShinzo Abe
Opgevolg deurFumio Kishida

Hoofkabinetsekretaris
Ampstermyn
26 Desember 2012 – 16 September 2020
Eerste ministerShinzo Abe
Voorafgegaan deurOsamu Fujimura
Opgevolg deurKatsunobu Katō

Minister vir Binnelandse Sake en Kommunikasie
Ampstermyn
29 September 2006 – 27 Augustus 2007
Eerste ministerShinzo Abe
Voorafgegaan deurHeizō Takenaka
Opgevolg deurHiroya Masuda

Lid van die Huis van Verteenwoordigers vir Kanagawa se 2de-distrik
Ampsbekleër
Termynaanvang
20 Oktober 1996
Voorafgegaan deurKiesafdeling geskep

Persoonlike besonderhede
Gebore6 Desember 1948 (1948-12-06) (75 jaar oud)
Politieke partyLiberale Demokratiese Party
Eggenoot/-noteMariko Suga
Kind(ers)3
Alma materHosei-universiteit (LLB)

Biografie

Suga is tot 'n familie van aarbeiboere in Ogachi (nou Yuzawa), 'n landelike gebied in die Akita-prefektuur, gebore. Hy het na Tokio verhuis nadat hy aan Hoërskool Yuzawa gematrikuleer het. Hy het aandskool bygewoon om 'n regsgraad van die Hosei Universiteit in 1973 te verwerf.[1][2] Suga het Hosei gekies "omdat dit die goedkoopste opsie was wat beskikbaar was" en hy het "in 'n kartonfabriek in Tokio gewerk om sy onderrig te betaal".[3]

Politieke loopbaan

​Nadat hy universiteit klaargemaak het, het Suga aan 'n Huis van Raadslede (hoërhuis) verkiesingsveldtog gewerk en daarna het hy vir elf jaar as LDP-parlementslid Hikosaburo Okonogi, pa van die LDP-politikus Hachiro Okonogi, se sekretaris gewerk. Suga het in Oktober 1986 uit dié pos bedank om sy eie loopbaan in die politiek te volg.[4] Hy is in 1987 tot die Jokohama-stadsraad verkies.[5][6]

Suga is in 1996 as verteenwoordiger vir Kanagawa se 2de-distrik tot die Kokkai verkies. Hy is in November 2005 deur Eerste Minister Junichiro Koizumi as die Senior Viseminister vir Binnelandse Sake en Kommunikasie aangestel. Hy is in September 2006 bevorder tot Minister van Binnelandse Sake en Kommunikasie en Minister vir Privatisering van die Posdienste in die eerste Shinzo Abe-kabinet, en het in Desember 2006 die portefeulje van Minister van Staat vir Desentralisasiehervorming oorgeneem.[5] In Oktober 2011 is Suga as voorsitter van die LDP se organisasie en veldtoghoofkwartier aangewys. In September 2012 is hy as die uitvoerende hoof in die kantoor van die waarnemende sekretaris-generaal van die LDP aangewys.[5]

Na Eerste minister Shinzo Abe se oorwinning in die algemene verkiesing van 2012, is Suga in Desember 2012 as hoofkabinetsekretaris in die tweede Abe-kabinet aangewys. In September 2014 het hy die bykomende portefeulje van minister in beheer van die verligting van die las van die basisse in Okinawa ontvang.[5]

Suga het plaaslike en internasionale roem verwerf toe hy die naam van die nuwe imperiale era, Reiwa, op 1 April 2019 aangekondig het, wat hom die bynaam "Oom Reiwa" (Reiwa Ojisan) besorg het.[7][8]

Eerste minister van Japan

Na Abe se aankondiging dat hy as Eerste minister en as president van die LDP sou bedank, is Suga op 14 September 2020 as president die LDP verkies. Hy het met 377 stemme uit 'n totaal van 534 gewen.[9][10]

Op 3 September 2021 het Suga aangekondig dat hy nie vir herverkiesing as hoof van die LDP sou staan nie.[11] Hierdie aankondiging het gevolg nadat sy goedkeuringsgraderings op 'n algehele laagtepunt was (onder 30% in onlangse peilings), aangesien die land gesukkel het met sy ergste golf van COVID-19-infeksies voor die algemene verkiesing daardie jaar. Op 29 September 2021 is Fumio Kishida as partyleier verkies en hy het vir Suga op 4 Oktober 2021 as eerste minister van Japan opgevolg.[12][13]

Verwysings

Eksterne skakels


Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.